Gén. 24:1-67
“Die HERE, die God van die hemel, wat my uit my vader se huis en uit my geboorteland weggeneem het, en wat met my gespreek en vir my gesweer het met die woorde: Aan jou nageslag sal Ek hierdie land gee – Hy sal sy engel voor jou uit stuur, en jy moet vir my seun daar ‘n vrou gaan haal.” (:7).
“En die man het haar stilswyend betrag om te weet of die HERE sy weg voorspoedig gemaak het of nie.” (:21).
Daar is vir ons veel te leer uit Abraham se benadering tot hierdie belangrike saak – die keuse van ‘n lewensmaat vir sy seun, Isak. Abraham stuur sy mees betroubare dienskneg met die opdrag om ‘n vrou vir sy seun te gaan haal. Hy verbied hierdie dienskneg uitdruklik dat hy vir sy seun geen vrou moet neem uit die dogters van die Kanaäniete nie. Terwyl die wet van God aan Moses eers baie later gegee is, is Abraham reeds getrou in hierdie saak voor God deurdat hy die gebod eerbiedig.
Garret Geer skryf onder die opskrif, Beware the usefull idiots, ‘n interressante vereenvoudiging van Saul Alinsky, van die oorspronklike plan vir wêrelddomminansie van Vladimir Stalin, onder Kommunistiese heerskappy.
Dit was Stalin wat na sy “bekeerdes” as usefull idiots verwys het. Saul Alinsky is nagenoeg 47 jaar gelede dood op 12 Junie 1972. Sy geskrifte, volgens Greer, beïnvloed egter vandag nog die Amerikaanse politici wat die VSA beheer en bestuur. Hillary Clinton se tesis berus bv. op Alinsky se geskrifte en ook Obama verwys na hom in die boeke wat hy skryf. Twee van Alinsky se boeke is “Rules for Radicals en Reveille for radicals.” Volgens Greer is al agt voorskrifte in Alinsky se boeke reeds in Amerika van toepassing!
Onlangse gesprek met emigrante uit Suid Afrika na Brittanje, het opnuut bevestig dat die fenomeen van vrees en ontkenning simptomaties is van die wêreldling. ‘n Uitvloeisel van die lafaard wat sy gebrek aan moed, geloof, patriotisme, taal en durf versteek in politiekke korrektheid en oënskynlike verdraagsaamheid van alle vorme van andersheid, hetsy fisies, kultureel, godsdiens, moraliteit, beskaafdheid, ens., ens..
Die maklikste om te ontkom aan die verantwoordelikheid om te handhaaf en te hou vir die geslag wat na jou moet kom, is emigrasie! Daar waar dit nie so ooglopend is nie kan al die waardes wat saamhang met ras en volk en land soos ‘n kleed afgewerp word in die kosmos van veelrassigheid.
PSALM 9
VIR die musiekleier; op die wysie van: „Sterf vir die Seun.” ’n Psalm van Dawid.
2 Ek wil die HERE loof met my hele hart; ek wil al u wonders vertel.
3 In U wil ek bly wees en juig; ek wil psalmsing tot eer van u Naam, o Allerhoogste,
4 omdat my vyande agteruitwyk, struikel en omkom van voor u aangesig.
5 Want U het my reg en my regsaak behandel; U het gaan sit op die troon, o regverdige regter!
6 U het die heidene gedreig, die goddelose laat omkom, hulle naam uitgedelg vir ewig en altyd.
BOU VAN 'N ENORME TURKSE MOSKEE IN BREDASE WYK WISSELAAR WORD GESTAAK NÁ 'N HOFBEVEL
VOORSITTER VAN DIE JONG FORTUYNISTE MNR. CARLO VAN REMORTEL: "HULLE HET DIE WYKSBEWONERS GEIGNOREER BY HIERDIE BESLUIT DUS ONS ONDERSTEUN DIE BESWAARMAKERS"
Ons het 'n baie insiggewende vraaggesprek gehad met mnr. Carlo van Remortel, die voorsitter van die Jeugafdeling van die Lys Pim Fortuyn afdeling Breda,
Dit het ons gedoen ivm. die feit dat in die stadsdeel Breda-Noord 'n moskee gebou sal word in 'n voormalige polisiekantoor in die Vlaanderenstraat naby 'n woonwyk. Die bekommerde bewoners het 'n regsaak aangestel om dit te verhinder, Die regter het gemeen die Burgemeester en Wethouders het nie reg gehandel nie omdat op hierdie plek net gras is toegestaan. Toe begin is met die bou, is die wyksbewoners vir 'n voldwonge feit geplaas. Hulle het beswaar gemaak teen die bou. Daar is 26 beswaarskrifte ingedien waarvan één 90 huishoudings verteenwoordig..
Net soos wat daar geen afname aan die moorde op blankes en veral die Afrikaner is, die ongekende korrupsie van staatsamptenare wat miljarde beloop, toename in verval van infrastruktuur, toenemende salarisverhogings ten koste van ontwikkeling en vooruitgang, word daar klaarblyklik biljoene rand se goud jaarliks uit Suid Afrika gesmokkel.
Daar sal met reg gevra kan word, maar wat is dan nou nuut van die nuwe jaar? Die vrag wat met hom saamkom is benewens dat dit eeue oud is, aan ons goed bekend en daarby gewigtig en neerdrukkend met bitter min om oor opgeruimd te wees.
Tenspyte daarvan dat ons met van die beste Staatsmanne geseënd was wat die wêreld al ooit opgelewer het en wie ons volk met hulle vaardigheid tot ‘n toonaangewende volk onder die volkere van die wêreld gelei het, hang daar vandag ‘n donker Afrikawolk oor ons en ons Vaderland. Alles wat oor eeue opgebou is lê in stof en as en kom dit voor asof ons Afrikanervolk ons koers in hierdie krisis verloor het.