IN JAAP MARAIS SE SPOOR?
MNR. JAAP MARAIS SE STANDPUNT OOR DIE VOLKSTAATBENADERING:
“So was die volkstaatpolitiek een van die belangrikste, indien nie die belangrikste, oorsake vir die bloedlose eerlose oorgawe van politieke mag aan ‘n kommunistiesbeheerde Swart regering, wat sy oorlog steeds voortsit teen ‘n Afrikanervolk wat verswak, verdeeld en verward is as gevolg van die politieke misleiding in verband met ‘n volkstaat.”
Exodus 9:13-35
“maar juis hierom het Ek jou nog laat bestaan, dat Ek jou my krag kan toon, en dat hulle my Naam op die hele aarde kan verkondig.” (:16).
Ons kan menigmaal wonder oor God se benadering tot en hantering van sake. Ons kan byvoorbeeld wonder waarom Hy nie opslag die satan vernietig het toe hy teen God in opstand gekom het nie. Waarom hom uit die hemel werp en daarna selfs toelaat dat hy die mensekinders versoek? Ons wonder dalk waarom God nie sommer met die plaag van die dood van die eersgeborenes begin het en sodoende die volk Israel soveel vroeër uit Egipte laat trek het nie.
Hierdie opskrif van ‘n koerantknipsel uit die media 24 stal van 27 Junie 2018, het baie meer om die lyf as wat op die oogaf sigbaar is! Dit is in die eerste plek een van die enigste erkennings dat die de Klerk regering een masale politieke misvatting begaan het in 1994.
In die tweede plek ‘n bewys dat die akademici se politieke insig onherstelbaar ontoereikend was vir die uitdagings van ons tyd en derdens dat ‘n halwe bekering net so waardevol is as ‘n amper raakskoot in die jagveld!
Daar is ‘n koorsagtige kampanje om mense te oorreed om te registreer om in die komende verkiesing te gaan stem. Vir die vyande van die Afrikanervolk is dit absoluut noodsaaklik dat die héle Afrikanervolk oorreed moet word om deel te neem as ‘n bewys dat hulle berus in die terroristiese oorname van 1994 en derhalwe ook die wettigheid daarvan. As dít bereik is is die Afrikanervolk gedoem om die uitslag te aanvaar van elke verkiesing en jou daaraan te onderwerp.
Daar heers egter groot verdeeldheid onder kiesers of daar moet, of behoort gestem te word. Die onkunde wat daar heers oor die betekenis en gevolge van stem of nie stem nie, is om die minste te sê, absoluut verbysterend!
Argumente soos: “as jy nie stem nie is dit ‘n stem vir die teëparty”. Wat ‘n onsinnigheid! As in aanmerking geneem word dat jy, vir wie jy ookal stem, se beleid stem en daardie beleid verteenwoordig iets onheiligs en ongeregtig, jy daarin aandadig is! So ‘n stem is ‘n stem teen jouself vír jou teëparty!
HABAKUK 3
HERE, ek het die tyding aangaande U verneem, ek het gevrees! HERE, roep u werk in die lewe in die midde van die jare; in die midde van die jare laat dit bekend word. In toorn, dink aan ontferming.
God kom van Teman en die Heilige van die berg Paran. Sela. Sy majesteit bedek die hemel, en die aarde is vol van sy lof.
En glans soos sonlig is daar, ligstrale aan sy sy; en dáár is die omhulsel van sy krag.
Voor Hom uit loop die pes, en ’n koorsgloed trek uit agter Hom aan.
DOMINEE. P DEN OUDEN: "EK WIL NET DIE SUIWERE WOORD VAN GOD VERKONDIG"
Ons het 'n insiggewende vraaggesprek gehad met dominee den Ouden wat naas predikant van die Hersteld Hervormde Triumfatorkerk van Katwijk aan Zee, ook as konsulent verbind is met die selfde kerke van die stede Monster-'s Gravenzande, Voorburg (provinsie Suid Holland) en van Huizen (provinsie Noord Holland). Hierdie kerk is in 1964 gestig en was eers 'n Gereformeerde kerk. Later het die Protestantse Kerk Nederland (PKN) daar dienste gehou. In 2011 het die Herstelde Hervormde Kerk die gebou gekoop. Die sitplekke is toe van 550 na 1000 vermeerder en ook is daar twee groter sale bygebou.
"Dominee zou u vooraleer we met het vraaggesprek beginnen iets over u zelf willen vertellen aan de lezers?"
Daar is huidig ‘n stroom van vreesaanjaers los in Suid Afrika wat besig is om ‘n gees van vrees onder ons mense gaande te maak.
Dat daar dankbaarheid moet wees vir tydige waarskuwings vir wesentlike maar feitlik korrekte bedreigings is sekerlik so. Om egter konstant op hol gejaag te word oor elke gerug van opstand en aanvalle wat nie realiseer nie, is onsinnig en uiters gevaarlik in die sin dat dit naderhand onge-ergdheid in die hand werk.
Dat gewapende konfrontasie onvermydelik is, is ‘n feit! Dat ons daarvoor gereed moet wees is ook ‘n feit. Dat elke jan rap en sy maat op hol gaan oor elke ongetoetste gerug van bedreiging, is egter uiters onverantwoordelik en doen meer kwaad as goed!