SGP FAKSIEVOORSITTER MNR. JAN KROONEMAN: "ONS SAL DIE SONDAGSRUS BLY HANDHAAF".
In die munisipaliteit Elburg geleë in die Nederlandse provinsie Gelderland, is die winkeliers op God se dag nie oopgesluit nie. Hulle voel dat besighede wat daardie dag oop is geen seën kan verwag nie.
Daar dreig om veranderinge in te kom. As daar in 2018 in die stad munisipale verkiesings gehou word, wil die links-liberale van Demokrate 66 'n poging waag om die Sondag 'n gewone dag te maak. Ons sal die faksie voorsitter van die Staatkundige Gereformeerde Party afdeling Elburg mnr. Krooneman vrae stel oor hierdie ontwikkeling.
Met Afrika as aanskouingsles wat steeds deur die liberales van die wêreld misken word tot hulle eie skande en skade, kom demonstreer Mugabe na 37 jaar se vernietigende bewind in Rhodesië, dat hy nie 37 jaar se ondervinding as staatshoof opgedoen het nie, maar dat hy een jaar se ondervinding 37 jaar oor en oor en oor opgedoen het!
Wat is dit wat aan die wortel van sulke stommiteit lê? Hy is 93 jaar oud, klou steeds aan die stuur vas en herhaal al die foute van elke vorige jaar. Die mees insiggewende openbaring vir die blanke ras behoort die ondersteuning, ophemeling en afvaardigings van ander Afrika swartes én Suid Afrika wat hom besoek vir raad en leiding!
Dit verstom ‘n mens wanneer doktors en proffessore, politici en akademici, politieke en sosiale gedragspatroonontleders sukkel om die oorsaak vir die vraagstukke In Suid Afrika reguit te beantwoord. As hulle begin met: “Daar is baie sake wat hiertoe aanleiding gee.” En dan verduidelik dat albei ouers wat werk wat nie genoeg tyd het om die regte waardes aan die kinders oor te dra nie, kan ‘n mens maklik verstik van ontsteltenis!
As jy siek is moet jy pille kry! Die vraag wat hier ter tafel is, is wat is Zille se kwaal waarvoor sy gedokter moet word? Sonder deeglike diagnose is enige kwaksalwer se aanbevole pille natuurlik die aangewese oplossing. In die politiek veral is daar van hierdie soort “kundiges” altyd ‘n oormaat. Of dit die siekte sal genees is natuurlik ‘n oop vraag. In die politiek is “politieke kwaksalwers” opsigself ‘n ongeneeslike siekte!
Nou kyk, Zille is seker die laaste vir wie die AVP in die bres sal tree. Niemand beter as sy self sal seker nou besef dat géén liberale retoriek, geen uitsprake in die swart ras se guns of afkraking van die blanke, géén danspassies of selfs soene oor die kleurgrens, om die waarheid te sê, daar is op die ou end niks wat Zille se werklike kwaal sal kan genees in die oë van selfs ‘n predikant nie, dit bygesê, ‘n swart predikant! Want sien, Zille se kwaal is, sy is wit!!
Volgens ‘n berig in News 24 wat waarskynlik oorgeneem is uit mediaberigte in London, is daar verskeie interressanthede wat aan die lig kom.
Die eerste is Donald Trump wat die burgemeester van London daaroor aanpraat. Die tweede is die vraag in die berig vir wie verantwoordelik is en die derde is die eerste minister van Brittanje, Theresa May soos John Vorster na die sluipmoord op dr. Verwoerd, ‘n verklaring uitreik voordat enige ondersoek afgehandel is: “ Prime Minister Theresa May said the attackers were driven by Islamist ideology.”
In die ondersoek wat gevolg het is sewe vrouens en vier mans in hegtenis geneem benewens die drie aanvallers wat met vyftig skote van die gras afgemaak is.
Ps. 103:1-22
“Loof die HERE, o my siel, en vergeet geeneen van sy weldade nie!” (:2)
Wanneer laas het u die HERE, die Almagtige, uit die diepste van u siel geloof net omdat Hy goed is en net omdat Hy, en Hy alleen, God is? U besef dalk met ‘n ontnugtering dat die antwoord hierop miskien “nog nooit nie” mag wees.
Ons leef in ‘n tyd waarin daar deurgaans op mense se gedagtes beslag gelê word. Allerhande mediums word ingespan, hetsy dit die televisie, nuusblaaie, tydskrifte, radio, televisiespeletjies of die internet is. En die krag van die propaganda wat deur hierdie mediums versprei word, word deur die meerderheid mense onderskat.
(Né, Nogal!)
Malema is nie tevrede om net in Suid Afrika koning te probeer kraai nie, hy praat nou sommer vir die hele Afrika! Hy dink seker hy is Jan Smuts, ‘n holis!
Wat uit hierdie aanmatige houding egter duidelik is, is die klimaat wat geskep is deur politieke leiers soos de Klerk en die liberaliste wat Afsonderlike ontwikkeling, oftewel apartheid, as ‘n euwel verklaar en vervang het met rasseintegrasie. Politieke kortsigtigheid is ‘n gevaarlike siekte van ons tyd waaraan die meeste postmoderne politici ly ten koste van hulleself en almal wat deur hulle gelei word.
Die verval, die chaos en die uiteindelike anargie en verlies aan lewens van grootliks onskuldige mense wat met die teenhang van afsonderlike ontwikkeling, naamlik rasseintegrasie die onvermydelike gevolg is, word ontken selfs midde in die ontplooiing daarvan!
Rasse en volke verskil van mekaar. Elke volk het sy eie identiteit, geestesbesit en kultuurgoedere. Getrou aan jou eie en volgens jou eie insigte en omstandighede is die ideaal dat elke volk homself in sy eie land regeer, terwyl jy aan ander gun wat jy vir jouself opeis.
Eiesoortigheid trek dus natuurlike grense tussen volke en eerbiedig dit. Sodoende versterk ‘n gebondenheid in trou aan jou eie volk om as verantwoordelike mens mee te werk aan die welsyn van jou volk en jou land. Enige volk haat dit om deur ‘n ander regeer te word.
Eiesoortigheid omhels nasionalisme sodat elke bevolkingsgroep deur sy eie leiers regeer kan word in sy eie vaderland wat hy lief het. Dit bied ook die enigste oplossing vir volkere-en rassespanning.