Nog nie, maar wel die sagte ritmiese geklop van oorlogstromme wat sporadies oral in Suid Afrika gehoor kan word! Die mees onlangse is die trom van prof. Chris Malikane van Wits Universiteit vanwaar daar al jarelank tromslaners opgelei en uitgestuur is oor die lengte en breedte van Suid Afrika.
Dit is Richard Poplak wat homself ‘n “trainspotter” noem wat Malikane blykbaar as ‘n voortstomende trein beskou in sy beskouing van oplossings vir die Suid Afrikaanse problematiek. Malikane se antwoord op ‘n vraag of hy nie dink dat die opneem van wapens die oplossing is nie, het hy onder andere gesê: (Ons haal uit Poplak se artikel in Dayly Maverick aan) “We must encourage the war of the black working class against white monopoly capital.” Inevitably, after undergoing the sausage-making process of corporate mediation, several of the Sunday papers ran a version of the following: FINANCE MINISTER’S COMMIE ADVISER WANTS TO KILL US ALL.
Daar het videomateriaal op die lessenaar van die AVP beland van grepe uit toesprake van enkele NP woordvoerders waar hulle kiesers probeer oortuig om die NP te vertrou met hulle toekoms. Dit was in die aanloop tot die referendum waarin FW de Klerk ‘n mandaat wou verkry vir sy onderhandelings met die ANC.
Dit is in die huidige tydsgewrig geweldig interressant om daarna te luister. Dit sal onmiddelik bevestig met watter leuens die blanke kieserspubliek bedrogvol mislei is om hulle toekoms op die spel te plaas en derhalwe ‘n streep trek deur de Klerk se sogenaamde mandaat! Die AVP is besig om die videos voor te berei om op ons webblad geplaas te word en sal dit aanstons beskikbaar wees.
Johannes 21:1-25
“Hy vra hom die derde maal: Simon, seun van Jona, het jy My lief? Petrus het bedroef geword, omdat Hy hom die derde maal vra: Het jy My lief? En hy antwoord Hom: Here, U weet alles, U weet dat ek U liefhet. Jesus sê vir hom: Laat my skape wei.” (:17).
As Jesus Christus vandag in ‘n sigbare Persoon aan u sou verskyn en u met hierdie vraag – “Het jy my waarlik lief?” - konfronteer, sal u ook bevestigend daarop kan antwoord? En as Hy na afloop van u antwoord dieselfde vraag vir ‘n tweede en selfs ‘n derde maal aan u stel, sal u dalk begin huiwer in u antwoord waarvan u dalk uit die staanspoor so oortuig was?
Met die intrapslag wanneer ‘n mens konfronteer word met so ‘n vraag, sal die eerste gedagte wat opkom waarskynlik wees, maar is daar dan enige twyfel?
In die Afrikanervolk se geskiedenis is hierdie vraag egter al meermale gevra. Nie deur die gewone man op straat nie, maar veral deur diégene wat erns maak met die volksaak en die dieper betekenis van die doel vir sy bestaan. Waarom is die Afrikanervolk in aansyn geroep en wat is die middele beskikbaar vir sy groei en beskerming?
Neem kennis van Coligny se gebeure en wees paraat en gereed om jouself en jou eiendom te verdedig! Die regime het nou duidelik daar bewys dat hulle nie die wil het om jou te beskerm nie! Die polisie staan op 'n bondel en kyk hoe die winkels beroof en vernietig word sonder om op te tree! Ons is duidelik op onsself aangewese vir beskerming en verdediging!
’N AMNESTIE-TYD van ses maande waarin Suid-Afrikaners hul vuurwapens by die polisie kan indien, is deur die kabinet aangekondig. Dit sal duur tot 30 September.
Intussen het die SAPD in Kaapstad op 11 April begin met grootskaalse deursoeking van huise en intimidasie van wapeneienaars in veral die woongebiede Durbanville en Kraaifontein.
MNR. VAN HEES: "ONS CHRISTELIKE TRADISIES STAAN OP DIE SPEL OMDAT DIT MOSLEMS PLA"
Dit is jare lank 'n Nederlandse en Vlaamse tradisie dat kinders 'n kruis meedra in 'n optog om op hierdie wyse uiting te gee aan die Paasfees. Drie dae gelede het christelike skole in die stad Den Haag besluit om die bokant af te kap sodat moslemse kinders nie moeilikheid sou kry as hulle met die kruise loop. Die Party vir die Vryheid is baie ongelukkig oor daardie dwaasheid en het 'n spoeddebat aangevra. Ons het 'n vraaggesprek met mnr. Elias van Hees van die Haagse PVV faksie.
"Meneer van Hees wanneer vernam u voor het eerst van het afbreken van het bovenste deel van de kruizen?"
Die opinie van Flip Buys soos weergegee in die Pretoria News, 25 Maart 2017, is van belang in die diskoers oor die politieke-, maar ook die voortbestaan van die Afrikaner as ‘n volk in Suid Afrika.
Buys spreek sy mening uit na aanleiding van: “Journalist Yusuf Abramjee’s complaint that the Afrikaans student residence, De Goede Hoop, discriminates unfairly on the grounds of race”. ‘n Bewys dat die lyne van verdeeldheid in die land steeds diep sny, aldus Buys.
Die opinie van Buys het dit dus ten eerste nie teen Abramjee se veragtelike “aanspraak” op die blankes se regmatige besit, en die legitieme besetting en benutting daarvan nie, maar wel teen die feit dat daar steeds sigbare en hoorbare diep verdeeldheid bestaan.
Die ontkenning van die liberalis van die God’s beginsel van verskeidenheid en geskeidenheid setel in sy beterweterigheid wat uiting moet kry in ‘n swak akademiese gebrabbel oor eenheid in diversiteit.