Lukas 24:1-12
“Hy is nie hier nie, maar Hy het opgestaan. Onthou hoe Hy vir julle gesê het toe Hy nog in Galiléa was: Die Seun van die mens moet oorgelewer word in die hande van sondige mense en gekruisig word en op die derde dag opstaan. En hulle het sy woorde onthou.” (:6-8).
Ek neem u graag ‘n entjie terug na die tyd voor Jesus se kruisiging toe Hy nog in Galiléa was. “En terwyl hulle in Galiléa rondgaan, het Jesus vir hulle gesê: Die Seun van die mens sal oorgelewer word in die hande van die mense; en hulle sal Hom doodmaak, en op die derde dag sal Hy opstaan. En hulle het baie bedroef geword.” (Matt. 17:22&23). Dit is duidelik dat die dissipels wel gehoor het wat Jesus met hulle gespreek het aangesien sy woorde hulle bedroef gemaak het.
Voordat u blootgestel word aan Melanie Verward, (oeps!) se “ongelooflike politieke insig” wat sy voorstel as die enigste redding vir die huidige Suid Afrika, waarmee die liberale huisvesting waarvan sy deel was, met ywer saam met die ANC die suksesvolle ou Suid Afrika ten alle koste wou vervang, net enkele opmerkings van die AVP in reaksie op haar aangebode oplossing.
Haar stelling dat Suid Afrika gered moet word, beteken dat sy openlik erken dat Suid Afrika besig is om tot niet te gaan! Dat daar tweedens, volgens haar net een enigste metode is wat tot Suid Afrika se redding kan lei, dui op die kompleksiteit asook die dringendheid van die bedreiging wat Suid Afrika in puin kan lê.
Verder is die “briljante” gevolgtrekking van Melanie, dat die enigste oplossing is dat almal by die ANC moet aansluit.
Aanvalsgewere, handgranate en millitêre toerusting in Augustes verlede jaar van die Simonstadse Vlootbasis en nou R4’s en ammunisie van die militêre basis Harare in Khayelitsha Vrydag 14 April 2017.
In die 2013/14 en 2014/15 boekjare antwoord die minister van verdediging, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, was daar 33,000 patrone en 18 vuurwapens vermis. In 2011 het Nuus 24 berig dat sedert 2004 daar nie minder as 20,429 wapens van die polisie vermis geraak het.
Die AVP is van mening dat ons hier slegs die punt van die ysberg sien.
Joh. 12:20-50
“Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, as die koringkorrel nie in die grond val en sterf nie, bly dit alleen; maar as dit sterf, dra dit veel vrug.” (:24).
As ek waarlik wil lewe moet ek eers sterwe. . . Dit is tog nie moontlik nie – die dood is dan die einde van alles? Dit is tog waarom soveel mense ‘n onbeheersde drang na pret en genot het, want hulle wil soveel as moontlik daarvan kry voordat die geleentheid finaal verby is. “maar kyk, daar is vreugde en vrolikheid, beeste word doodgemaak en skape geslag, vleis geëet en wyn gedrink, met die woorde: Laat ons eet en drink, want môre sterf ons.” (Jes. 22:13).
Reënboognasie-politiek het katastrofies misluk. Dit was voorspelbaar. Sedert die sestigerjare was daar al ernstig gewaarsku teen die voorspelde komende chaos. Vandag sit ons met die gebakte pere en hef aan lê nog voor. Diaboliese sosiale ingenieurswese is stelselmatig toegepas om die Afrikaner van sy land te beroof. Dit is nog lank nie die einde nie. Etniese suiwering is die einddoel. Afrika vir die Afrikane!
Daar is ‘n toenemende getal swart “gesagsdraers”, van die hoof tot die voetsoolamptenaar wat verklarings los en vas uitreik in een of ander vorm van bedreiging van die blankes van Suid Afrika.
Dit was ‘n swart werknemer wat aan ‘n mede swarte wat gedreig het om sy eienaar se plek af te brand in ‘n argument oor gebrek aan prestasie, gesê het, “Jy dink jy kan die vuur doodmaak as jy parafien gooi?”
Dit het tyd geword dat amptenare soos Mzwandile Masina wat “aanhou parafien gooi”, moet hoor dat hulle verskuilde rassisme van oënskynlike verdraagsaamheid van die witman oral soos vetkolle uitslaan vir almal om te sien!
“STATE CAPTURE” het verskeie vertolkings. Dit kan onder andere ook beteken gevangeneming, roof, in beslag neem, ens. Dat elkeen van dié vertalings op Suid Afrika van toepassing is, reeds sedert 1994, is onteenseglik.
Om dit slegs aan die Guptasage te koppel is slegs ‘n halwe waarheid. Die geweld wat Suid Afrika en die Afrikanervolk daardeur aangedoen is, is elke dag meer en meer sigbaar en vir menige blankes voelbaar en selfs dodelik!
Die bevoordeeldes oor die lang termyn is natuurlik die groot geldbelange wat gesetel is in Brittanje en die VSA. Oor die korttermyn is dit die swart ras se elite en enkele blanke soustreinryers wat hulle volk verkoop het vir ‘n pot lensiesop. ‘n Mens sou egter dink dat iemand soos Helen Zille en die DA wat al in 2009 uit die Guptabeker gesluk het, versigtiger sou wees met die Kapingaantygings om van Zuma ontslae te raak. 'n Kort geheue in die politiek kan lastig wees!