Génesis 2:4-25
“Ook het die HERE God gesê: Dit is nie goed dat die mens alleen is nie. Ek sal vir hom ‘n hulp maak wat by hom pas.” (:18).
Die huwelik en unieke vrienskapsverhouding tussen ‘n man en vrou is ‘n wetmatigheid wat deur God daargestel is. Dit is sommer een van die eerste kosbare lesse wat ons aan die begin van die boek Génesis leer. Ons leer dieselfde les ook uit die vorige hoofstuk waar ons in Gén. 1:27 lees – “En God het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape.”
Daar het onlangs twee mediaverklarings en een inligtingsbrief die lig gesien wat daarop dui dat daar steeds groeperings bestaan wat poog om ons Afrikanervolk te laat afsien van die Republiek van Suid Afrika as Afrikanerland, in ruil vir ‘n volkstaatjie iewers.
Terwyl dit sigbaar duidelik is dat die politieke vêrsig van die voormalige leier van die Herstigte Nasionale Party, mnr. Jaap Marais, besig is om voor ons oë in vervulling te gaan, is die jong politieke “beterweters” steeds besig om op omstandighede te reageer ten koste van beginsels. Hierdie afwyking van die bestaande en bewese suksesvolle beginsels het ons dusver ons land gekos en ongekende ellende veroorsaak!
Aanvaarding van die volkstaatgedagte en onderhandelings met die vyande van jou volk sonder dat jy ‘n oorlog verloor het, was nog nooit mnr. Marais se oorweging nie. Inteendeel het hy deurgaans dringend daartéén gewaarsku. Hy het die nadele daarvan beklemtoon en die voordeel wat die vyande van die Afrikanervolk sou toeval indien jy selfs net aandui dat jy bereid is om te onderhandel oor wat joune is, as uiters negatief uitgewys.
Wat betreurenswaardig is, is dat die onlangse vlaag moorde in die verklarings wat uitgereik is nou gebruik word, nie om die moorde te bekamp nie, maar om mense te beweeg om weer tyd en energie te verspil in ‘n VVK verkiesing om steun te verleen aan, soos wat dit in een van die uitgereikte verklarings gestel word: ‘n “onwrikbare eis vir onafhanklikheid wat aan die “Regering” gekommunikeer is deur die sg. Boere-Afrikaner Volksraad. Daar word ook verwys na die internasionale gemeenskap wat net tyd het tot 31 Mei 2017 om in “die” dispuut te bemiddel. Watter onsin! Watter belagging waaraan die Afrikanervolk onderwerp word!
Die gerugte en uitsprake in omloop dat blankes se grond gevat moet word sonder vergoeding, is nie sonder grondige oorsprong nie.
Dit was Malema wat Dinsdag 28 Februarie 2017 ‘n voorstel in die parlement ingedien het dat al die swartes moet saamstaan en die grondwet verander sodat blankes se grond sonder vergoeding afgeneem kan word.
Die ANC koukus het egter daarteen gestem wat beteken dat die meerderheid swartes in die parlement daartéén was. Die party waarvan Zuma die leier is, was dus daarteen.
Op ‘n byeenkoms van tradisionele swart leiers, sê Zuma volgens Jan Gerber van Netwerk 24 op 3 Maart 2017, dat: "The black parties should unite on this issue. We cannot fight about nothing," "It is now time for action.

SGP/CU RAADSLID MNR. ERIK VAN PIENBROEK: "EK STEM SAAM MET MNR.. VAN DER STAAIJ SE PUIK VOORSTEL OM ISLAMITIESE 'GEBEDSOPROEPE' TE VERBIED"
Op Woensdag 28 Desember van die vorige jaar het ons 'n baie interessante vraaggesprek met die Vlaardingse raadslid mnr. Erik van Pienbroek van die faksie van die Staatkundige Gereformeerde Party gehad, oor sy pleidooi om die Sondagsrus te behou. Tans sal ons hom vrae stel oor mnr. van der Staaij se voorstel om die sg. Islamitiese 'gebedsoproep' te verbied.
"Meneer van Pienbroek. Met uw welnemen gaan wij even terug in de tijd maar dat heeft ook een reden. In Vlaardingen waren namelijk tot 2007 die 'gebedsoproepen' niet toegestaan. In maart van dat jaar echter besloot burgemeester Tjerk Bruinsma, die van 2002 tot 2013 de stad bestuurde, deze toch toe te staan. Wat was zijn beweegreden?"
Die ou gesêgde lui dat daar niemand so blind is as die een wat nie wil sien nie en geeneen so doof is as die een wat nie wil hoor nie.
Nou, ja. Dit is geen staatgeheim wat my mening is wat betref die televisie se invloed in mense se lewens nie. Ons kan eindeloos argumenteer oor die geringe positiewe aspekte daaromtrent, maar die skade wat deur hierdie duiwelsdoos aangerig word deur mense doelgerig in hul gedagtes te beïnvloed (breinspoel), is ooglopend.
Mog ek die tyd vind om ‘n inssiggewinde artikel die lig te laat sien oor waarom die “glansryke” Hollywood met sy hele gebroedsel ‘n uiters veragtelike element vir enige ware gelowige behoort te wees. Ahh, jy is een van daardie mense wat die kwaad in alles kan raaksien sou u seker op hierdie stadium dink. Ek wil u met die volgende gedagte laat – die duiwel is baie, baie meer aktief as wat u dink en onthou dat hy selfs al in die tuin van Eden nie afwesig was nie. Wie sou nou kon dink om die duiwel in die Paradys te kon aantref?
Lukas 19:29-44
“...As jy tog maar geweet het, ja, ook in hierdie dag van jou, die dinge wat tot jou vrede dien! Maar nou is dit vir jou oë bedek. Want daar sal dae oor jou kom dat jou vyande ‘n skans rondom jou sal opwerp en jou omsingel en jou van alle kante insluit. En hulle sal jou en jou kinders in jou teen die grond verpletter; en hulle sal in jou nie een klip op die ander laat bly nie, omdat jy die gunstige tyd toe God jou besoek het, nie opgemerk het nie.”
Nadat die volk Israel uit Egipte gelei is, het God Sy uitverkore volk in vele opsigte groot en roemryk gemaak. Hy het vir hulle groot oorwinnings in oorloë bewerk en die volk ook geseën met goeie en wyse konings wat hul ryksgebied uitgebou en versterk het.
‘n Uiters insiggewende artikel indien dit waar is! Dit het die potensiaal om ‘n politieke omwenteling wêreldwyd tot gevolg te hê indien die gewone burger dit ernstig opneem en glo dat die vaderland wat hy lief het en tot nou toe met sy lewe verdedig het, eintlik deur die magte van die duisternis beheer word!
Dat daar werklik ‘n Christelike ontwaking dringend noodsaaklik is, lei geen twyfel in die lig van die openlike werking van die magte van die duisternis wat selfs in die openbaarmaking van hulle bestaan en invloed, besig is om te mislei!

World's Largest English Language News Service with Over 500 Articles Updated Daily