1 Kor. 2:1-16
“Want wie het die sin van die Here geken, dat hy Hom sou kan onderrig? Maar ons het die sin van Christus.” (:16).
Daar is seker min mense wat hulself nog nie die vraag afgevra het wat dan eintlik hul doel hier op aarde is nie. Daar is diegene wat reken dat hul doel is om die hoogste moontlike prestasies in die lewe te bereik en dan ook diegene wat dink dat hul doel maar is om soveel rykdom as moontlik in ‘n leeftyd bymekaar te skraap. Ons kry ook te doen met diegene wat dink dat die beste ding hier op aarde is om soveel moontlik pret te hê omdat jy mos net eenmaal leef. Daar is dan ook diegene wat nie enige spesiale doel vir die mens hier op aarde insien nie en ook nie die moeite doen om hierdie saak verder na te speur nie. Dit is diegene wat maar net doelloos deur die lewe dobber.
Met die uitslag van Suid Afrika se skoolverlaters met weinig wat na 12 jaar se opleiding en onderrig behoorlik kan lees, reken en spel en met afwaartse aanpassings in wiskunde nou toelating tot universiteit, verblyf en fondse moet kry, skuif die duisternis van Afrika al verder Suidwaarts met ‘n donker skaduwee oor die moontlikheid van vooruitgang!
As die voorneme van die ANC regime, afgelei uit Zuma se retoriek van versnelde grondhervorming (sonder vergoeding)en meer aandag aan die gelykmakingsproses daarby gereken word, is dit duidelik dat die Afrikawetmatigheid van “vat van die blanke en gee dit aan die nie-blanke”, die ANC in beheer moet hou.
Ps. 118:1-29
“Dit is die dag wat die HERE gemaak het; laat ons daaroor juig en bly wees.”
Die dag wat God geskape het waarop Jesus Christus in die vlees as mens gebore is, is sekerlik een van die grootste dae in die geskiedenis waaroor daar gejuig kan word en waaroor ons ons kan verbly. Ons Leidsman het in die vlees na ons neergedaal om ons met God die Vader te versoen. Hy het gekom om vir ons deur Sy Gees ‘n ewige Herder en Leidsman te word.
Dit is egter belangrik dat ons daaraan herrinner word dat elke nuwe dag wat geskape word ook ‘n dag is wat deur die Here vir ons gemaak is. Hy skenk aan elkeen van ons wat die voorreg het om die lig van ‘n nuwe dag te aanskou daardie dag heeltemal gratis. Tog is daar mense wat sê dat niks in die lewe verniet is nie? Dit is waarom dit uiters raadsaam is om jou dag met Hom te begin om te verseker dat jy elke liewe dag die meeste van hierdie geskenk maak.
Deur Leonard van der Dussen
Die matriekuitslae van 2016 is aangekondig. Die minister het met Powerpoint die wêreld meegedeel dat die slaagsyfer 72,5% was, en verskeie ander persentasies meegedeel soos die nege provinsies se slaagsyfers en dan ook vrystelling vir graadstudies, diplomastudies ensovoorts; maar is dit onderwys?
Dit is onvermydelik dat daar maatstawwe moet wees en dus statistiek. Tendense en statistiek is noodsaaklik vir bestuur, maar dit is moeilik om tussen al die statistiek en retoriek vas te stel of die onderwys, die onderrig, die opleiding, werklik sy doel bereik. Suid-Afrikaanse onderwys is verpolitiseer met die CAPS-kurrikulum waarvan die onderliggende hoofdoelstelling is om die sogenaamde ongeregtighede van die verlede reg te stel en dus gelykmaking ten doel het, terwyl die vakkundige doelwitte laer af in die rangorde is.
Gelykmaking is akademie se vyand: die ware vakkundige en student is objektief op soek na meer kennis, dieper insig, verbetering in tegniek en streef dus hoër en na uitnemendheid. As gelykmaking die doel is, werk dit reëlreg teen akademiese uitnemendheid, word die strewe na meer, dieper en verbetering deur die strewe na die laagste gemene deler vernietig.
Die voorgestelde Prevention and Combating of Hate Crimes and Hate Speech Bill is nog ‘n aflewering in die ANC/SAKP-regime se toenemend diktatoriale optrede. Dit vorm deel van ‘n program, die sogenaamde Tweede fase van die Rewolusie, om toenemend beheer uit te oefen oor alle sfere van die samelewing en terselfdertyd kritiek en teenstand teen die regime te elimineer.
Die voorgestelde wetsontwerp gaan veel verder as die bekamping van wat normaalweg as sogenaamde “haatmisdade” en “haatspraak” beskou sou word. Volgens klousule 4 van die Wetsontwerp, word die misdaad van haatspraak onder andere gepleeg deur enige sogenaamde “beledigende kommunikasie” (wat ook in die vorm van ‘n gebaar of lyftaal kan wees) wat met ‘n ander persoon of groep die spot dryf.
“Waarom moet ons gedurig hoor dat die toekoms van die Afrikaner duister lyk? Dit is dalk omdat ons die Lig van die lewe uit die oog (en hart) verloor het!”( Dit is die versugting van Hannes Ollewagen in sy oordenking van Sondag 1 Januarie 2017, en heeltemal tereg ook!)
David Pawson wat uit een van die kleinprofete, en wat my betref een van die mees verwaarloosde leerstellighede wat daarin voorkom, vir ons kom openbaar het wat God se bedoeling met ons "donker toekoms" is. Die verband tussen Habakuk se argument met God en ons volk se “donker toekoms” is só verrassend toepaslik, dat ‘n mens nie kan glo dat ons kerkleiers dit nog nie vroër raakgelees het en op die tafels van ons harte gegrafeer het nie.
Ps. 36:1-13
“Want by U is die fontein van die lewe; in u lig sien ons die lig.” (:10).
Waarom moet ons gedurig hoor dat die toekoms van die Afrikaner duister lyk? Dit is dalk omdat ons die Lig van die lewe uit die oog (en hart) verloor het! Dit is dalk omdat die groter deel van die Afrikanervolk sy toekoms begin bou het op wankelrige dinge van benede in plaas daarvan om hul lewensfondasie op die vaste Rots te lê. Nou woed daar ewe skielik verskeie lewenstorme onder ons en ons sien hoedat die een na die ander huis ten gronde gaan.