Gelofterede gehou deur mnr. Danie Varkevisser, leier van die AVP.
Inleiding
Die slag van Bloedrivier het op Sondagoggend, 16 Desember 1838, plaasgevind. Die oorsprong hiervoor was die onophoudelike aanvalle, verkragtings en moorde wat op ons blanke voorouers aangelê was, terwyl die engelse regering van die dag, waaronder die Afrikaner destyds verkneg was, eerder aandadig as behulpsaam was! Die Groot Trek het daarop gevolg waartydens die moord op Piet Retief en sy manne plaasgevind het. In die nag daarna is daar by Bloukrans, Wenen en Moordspruit 150 trekkers wreedaardig vermoor. Dit is nou 178 jaar sedert 16 Desember 1838 en die toestand wat Bloedrivier vooraf gegaan het bestaan nou weer! Dieselfde verdrukking, sluheid, barbaarsheid, moorddadigheid en dieselfde wreedheid!
By die Owerheid........dieselfde onge-ergdheid oor die onreg ons aangedoen, dieselfde aandadigheid! Wat by ons geslag bygekom het is verraad, misleiding, wantroue en verdeeldheid. Daar is egter iets wat hier bygesê moet word! In teenstelling met ons voorsate, 'n bykans totale gebrek aan geloof! Maar tog, dieselfde verwagting om vry te wees!....... terwyl die voorbeelde van God van waar ons hulp moet kom, in die Bybel en uit ons eie geskiedenis, vervang is met die VN en ander menslike hulpbronne wat elke keer in die sand uitloop! Selfs by Zuma word gepleit vir ‘n stukkie van ons eie grond vir ‘n volkstaatjie!
1 Kor. 3:9-23
“WANT ons is medewerkers van God; die akker van God, die gebou van God is julle. Volgens die genade van God wat aan my gegee is, het ek soos ‘n bekwame boumeester op die fondament gelê, en ‘n ander bou daarop; maar elkeen moet oppas hoe hy daarop bou. Want niemand kan ‘n ander fondament lê as wat daar gelê is nie, dit is Jesus Christus.” (:9-11).
In 1838 het ons voorouers ‘n Gelofte aan God afgelê dat hulle tot Sy eer ‘n huis sal oprig en aan hul nageslag sal sê om met hulle daarin te deel. Dink u dat die Geloftekerk wat in Pietermaritzburg opgerig is hierdie onderneming van ons voorouers ten einde gebring het? Dink u dat die God wat nie in tempels woon wat met hande gemaak is nie met die oprigting van ‘n gebou uit klip sou berus of sal u saam met my stem dat ons hier met ‘n veel groter huis te make het? Besef ons na al hierdie jare nog nie dat ons hier te doen het met ‘n geestelike huis nie? Ons voorouers het onderneem om ‘n Godvresende en Christelike volkhuishouding tot eer van God op te rig waar Hy onder ons in elke gelowige se hart kan woon en sodoende deel kan wees van elke gelowige se daaglikse lewe
Wat ‘n toestand! Die vierde agtereenvolgende hoof van die polisiemag is onder verdenking. In Kgomotso Phalane se geval is agt miljoen rand betrokke. In die artikel waarin die saak bespreek word blyk dit dat die onderskeie wetstoepassers nou teenoor mekaar opgestel is en die regstelsel aanwend om mekaar by te kom.
Die reënboognasie se kleure rafel nou vinnig uit en sal daar in afsienbare toekoms, waarskynlik nog net die swart van donker Afrika oorbly! Met baie van die politieke knoeiers wat die beginsel van afsonderlike ontwikkeling verraai het terwille van die Afrikanervolk se vyande, het die ouderdom hulle ingehaal en staar ‘n baie onseker hiernamaals hulle in die gesig.
Vermoordes se bloed en die ellende van swaarkry, werkloosheid en bankrotskappe kla hulle aan en eis erkenning, belydenis en omkeer wat gepaardgaan met aktiewe bydrae vir herstel van dit wat hulle vernietig het!
Hoewel die onderstaande brief vir nasionaliste op die oog af mag lyk asof die engelse begin lig sien, is daar tog duidelike tekens van waansin in die hooghartige teenstrydighede wat in die brief na vore kom.
Die rassisme waarvan die Afrikanervolk deur veral die engelse wêreld beskuldig word, slaan hier so duidelik deur in die enkele voorval van swart antagonisme waaraan die Engelse by Oxford blootgestel is, ( en dit is maar net die begin!), dat daar geen twyfel kan bestaan dat die aanklag teen die beleid van die Afrikanervolk ‘n blote versinsel was vir politieke doeleindes nie.
Brexit mag ook baie ander bykomende oorsake hê, wat egter soos ‘n paal bo water staan is dat die toestroming van volksvreemdes se effek, op presies dieselfde wyse ervaar word as wat die Afrikaner beleef het. Die politieke maatreel van afsonderlike ontwikkeling wat ons getref het om die inheemse volke se identiteit te beskerm, het egter die engelse se slaansak geword wat hulle nou begin blootlê.
Oxford : Rhodes must fall
Markus 11:12-26
“Jesus antwoord en sê vir hulle: Julle moet geloof in God hê.” (:22).
Dit is nie alleen die jeug nie, maar die samelewing van vandag wat uiters verward is. Die satan is natuurlik baie lief vir chaos en verwarring aangesien dit hartseer en ellende veroorsaak. Die ware en lewende God darenteen is weer ‘n God van orde en bestendigheid.
Wanneer ons mooi oplet in die samelewing rondom ons sien ons hoedat mense van die een “waarheid” na die volgende “waarheid”soek en hulle weet nie wat om nou eintlik te glo nie. Hierdie een sê dat die sabbat eintlik op Saterdag moet wees en nie op Sondag nie.
Deut. 10:10-22
“Besny dan die voorhuid van julle hart en verhard julle nek nie verder nie.” (:16).
Ons weet dat die besnydenis ‘n verbondsteken was wat deur God ingestel is. God het aan Abraham hierdie verbondsteken gegee met die opdrag om alle manspersone uit sy nageslag te besny sodat dit vir hul as teken kan dien dat hulle God se eiendom is. (Gén. 17:10-13).
In die gelese gedeelte van Deuteronómium 11 lees ons egter van die besnydenis van die hart. Die vermaning word tot die volk gemaak om onverwyld hul harte as God se eiendom te verklaar en aan Hom diensbaar te wees. Die noulettende Bybelstudent sal op hierdie punt vra wie anders die volk diensbaar kon wees in die woestyn? Die volk Israel is uit die slawerny van Egipteland verlos en het hier in die woestyn staatkundige vryheid geniet terwyl hul boonop die vooruitsig van ‘n vrugbare vaderland gehad het. Hierdie volk was egter geneig om gedurig hul diensbaarheid aan God opsy te skuif om aan die sonde diensbaar te raak.
OPE BRIEF AAN SOLIDARITEIT EN MAROELA MEDIA

Leonard van der Dussen
Burgerlaan, Lyttelton, Centurion
1 Desember 2016
Geagte mnr Buys
Dit gaan oor die artikel “Gay ouers vier surrogaat-drieling” wat op 21 November 2016 op Maroela Media gepubliseer is.
Dit was teleurstellend om hierdie goedpratende artikel oor sake wat ernstig afwyk van wat die Bybel leer en God se orde op Maroela Media te sien. Maroela Media se “oor ons”-gedeelte sê “Maroela Media funksioneer in ‘n Christelike waarderaamwerk” en daarby verwys na ‘n Afrikaanse kultuurbelewenis en sê “ons toon respek vir Afrikaanse taal en kultuur in ons omgang daarmee”.
Maroela Media versaak sy eie voornemens met die uitdra en meedoen van die goedpraat van nie net homoseksualiteit nie, maar boonop dat hierdie skeefgetrekte sogenaamde verhouding dan ‘n gesin sou kon wees, en ook surrogaatmoederskap as normaal voorhou, om enige eerbied aan die “Christelike waarderaamwerk” te betoon. Christenskap berus op geloof in Christus, op die vleesgeworde Woord en die Woord van God is normatief.