16 Junie is die datum waarop een van die laakbaarste onregte in die geskiedenis van die mensdom gepleeg is.
Op dié datum in 1900 het Frederick Roberts, aanvoerder van die Britse invalsmagte in Transvaal en die Vrystaat, sy verfoeilike Proklamasie 5 van 1900 uitgevaardig.
Die proklamasie was ‘n erkenning dat die Britse oormag van ‘n halfmiljoen soldate nie die minder as 55 000 Boereburgers op die slagveld kon baasraak nie en dat die Engelse voortaan hulle militêre mag op ‘n sagter teiken sou konsentreer: Boerevroue en -kinders.
Uiteindelik het Engeland 3 000 vroue en 24 000 kinders koelbloedig in konsentrasiekampe doodgemartel.
deur Leonard van der Dussen
Die kampusrektor van die NWU Potchefstroomkampus, professor Fika Janse van Rensburg het op 6 Junie 2017 ‘n openbare gebed gedoen op die kampus vir studente in die eksamens. As so iets in Afrikaanse konteks gebeur, was dit voorheen onnodig om te verduidelik dat hierdie gebed gedoen is aan die drie-enige ware God en in die Naam van Jesus Christus gebid is en des te meer, as daar op die kampus van die gewese PU vir CHO (Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys) gebid word, was christelikheid vanselfsprekend.
Hierdie gebedsgeleentheid was egter anders: daar is by dieselfde geleentheid ‘n Moslem-gebed gedoen; die Christen omarm letterlik (foto’s in die Potchefstroom Herald) en figuurlik die Moslem, waar laasgenoemde nie die Bybel, die Woord van God bely nie, en Christus misken.
Media
Gepubliseer op 14 Junie 2017 | Geskryf deur Danie Varkevisser | | | Trefslae: 2386
Dit gebeur nou gereeld dat daar gesprekke plaasvind tussen die ANC/SAKP regime en Afrikaanssprekendes waar dan los en vas van Afrikaners gepraat word asof hierdie Afrikaanspratende persone die Afrikaners verteenwoordig en dan namens die Afrikanervolk praat.
Laat ons nou ten enemale hierdie saak duidelik en onomwonde stel: Die gesprekke wat plaasgevind het en weer, soos berig in Beeld van Vrydag 4 Maart 2011 tussen die Sekretaris-generaal van die ANC en verteenwoordigers van wat genoem word, “tradisionele Afrikaner-organisasies, mag dalk aanspraak kan maak dat hulle namens die "Afrikaanses" praat, maar hulle praat ongetwyfeld nie namens die Afrikanervolk nie!
Die AVP is van mening dat die tweeduisend-agthonderd twee-en-negentig lesers wat blootgestel was aan die bogenoemde artikel wat in Februarie 2011 op hierdie webblad verskyn het, nie naastenby genoeg was nie en pleit dat u wat nou weer hier lees dit wyd sal versprei in die lig van die ontwikkeling in Suid Afrika.
Die antwoorde per hedendaagse definisie is kort en kragtig:
Rassisme is enige kritiek teen enige stommiteit wat die regime begaan.
Demokrasie is Swart Meerderheidsregering (Majority Rule).
Wat dit vir die Blanke in die algemeen en vir die Afrikanervolk in besonder hier in Suid Afrika beteken, het veel meer om die lyf as bloot hierdie nuut geformuleerde definisies! Gebeure in veral Libië waar Muamar Ghadafie verbete aan sy 41 jaar millitêrbeheerde bewind vasklou, hou vir ons ‘n les in.
Military fighter jets fired live ammunition at protesters Monday as they marched on Ghadafi's Tripoli compound, eyewitnesses told Al Jazeera. There was no independent verification of the report.
In die onderstaande artikel is dit duidelik dat die regime se propaganda om nou die Afrikaner se grond te vat wat ons by die swartes sou gesteel het, niks anders is as stemwerwery nie. Indien die syfers wat hieronder aangehaal word, naamlik 4000 plase in die regime se besit wat nie oorgedra word aan die swartes wat dan nou “landless” is nie, is daar mos bepaald ‘n ander rede.
Dit het ook bekend geraak dat die meerderheid swartes verkies om nie die grond te wil hê nie maar wel die geld. Plase wat hoogs produktief en op moderne wyse bedryf was deur blanke eienaars en nou in besit van swartes gekom het, is feitlik deur die bank geruïneer tot rommelstatus.
Prediker 2:1-26
“EK het in my hart gesê: Nou ja, ek sal jou met vreugde op die proef stel; geniet dan die goeie! Maar kyk, ook dit was tevergeefs.”
(:1). Elke mens wil tog graag gelukkig wees. Dit is natuurlik nie verkeerd nie. Die fout wat baie mense maak is egter om na antwoorde en geluk op die verkeerde plekke te gaan soek. Mense kyk graag na ander se lewens en maak dan afleidings oor wat hulle dink dit is wat ander mense gelukkig maak. Hulle poog dan baie hard om ander mense se lewens na te boots ten einde dit te bereik wat hulle in ander mense se lewens sien met die gedagte dat hulleself dan ook gelukkig sal wees. Daar gekom en menigmaal steeds ongelukkig, word hierdie soektog na geluk voortgesit.
Die algemene media ontleding in Brittanje oor die uitwerking van die Eeste Minister van Brittanje, Theresa May se vervroegde verkiesing is negatief. Negatief vir die Konserwatiewe Party (Tories) met 318 setels maar positief vir die Arbeiderparty onder die nuwe leierskap van Jeremy Bernard Corbyn sedert 2015 met 262 setels. May se aansien het aansienlik skade gelei en kan sy moontlik vervang word wat nog ‘n verkiesing tot gevolg sal hê.
Die koalisie met die DUP,(Democratic Unionist Party) van Ierland wat die Tories in die saal moet hou, kan egter eise meebring wat hulle aansien verder skade kan berokken as David Cameron se affiniteit vir selfde geslag huwelike en Homoseksuele regte die meerderheid Tories se voorkeur is. Die DUP is verbete teenstanders daarvan asook van aborsies waarin hulle ‘n weersin het.