Dit is die reaksie van iemand wat saam gewerk het om die beleid wat deur kundige politici daargestel is omvergewerp te kry en die huidige in stand te hou, wat só kerm! Dit is ook dieselfde Ton Vosloo wat by geleentheid gesê het: “Beeld het hergroepeer en ons redaksiebeleid was: Slaan die harde nuus hárd. Die koerant het naam gemaak met sy skerp nuusdekking en vreeslose politieke aanslag. Ons het ons vlag aan die verligte maspaal gespyker."
Vosloo, wat nou in sy verklaring oor die moord op die tagtigjarige Eric Wiese bely dat hy tot in sy siel geskok is oor die wrede wyse van Wiese se einde, is in wese nét so aandadig, nie net aan Wiese se dood nie maar elke ander moord van blank en nie-blank wat sedert 1994 op dieselfde, en in baie gevalle baie wreder wyse vermoor is asof hy dit self gepleeg het!
Of is dit dalk eerder opleiding? Die AVP wonder met reg oor wat hier aan die gang is. Met die VSA se inmenging in Suid-Afrika se binnelandse aangeleenthede, veral met die verwydering van die beginsel van afsonderlike ontwikkeling, so asof dit so ’n verskriklike onmenslike beleid was, het ons dit wat nou hieronder in beeld verskyn, voorsien.
Ons standpunt was dat met die onafwendbare chaos wat onvermydelik was met die getallepolitiek wat hulle deur middel van plaaslike verraaiers binne ons geledere en die binnelandse liberale kontingent bewerk het, hulle later as die “orators” sal kom ingryp om as die redder van Suid-Afrika voor te kom.
Lukas 1:67-80
“dat ons, verlos uit die hand van ons vyande, Hom sonder vrees kan dien, in heiligheid en geregtigheid voor Hom, al die dae van ons lewe.” (:74&75).
Die Afrikaanse spreekwoord stel dit dat ‘n persoon sy brood aan albei kante gebotter wil hê. Die meeste van ons weet egter dat die lewe van ‘n mens eis om uiteindelik maar te besluit oor watter kant van jou broodjie jy dit gebotter wil hê, want dit sal nie aan beide kante kan wees nie.
Hierdie verskynsel is ook in mense se geloofslewens te bespeur. Mense sal hulself nie heeltemal van die godsdiens distansieer nie, want sou dinge in hul lewens drasties skeefloop, sal hulle darem nie sonder God wil wees nie. Ons almal weet tog dat dit tog net Hy is wat uitkoms uit groot benoudheid kan bewerk.
Die las wat Afrikastate se emigrante na Suid-Afrika op infrastruktuur afgelaai het word vererger deur die wanbetalings vir kragverbruik deur veral Zimbabwe. Ooreenkomste aangegaan met Eskom vir kragvoorsiening aan Zimbabwe, dra by tot die finansiële verknorsing van Eskom wat veroorsaak is deur die wanbetalings van feitlik al die munisipaliteite in Suid-Afrika.
Wanbestuur, korrupsie en uitgawes waarvoor daar geen goedkeuring is nie, het bykans elke munisipaliteit onder swart bestuur op die rand van bankrotskap! Dit lei weer tot rekeninge met belaglike en onverantwoordbare bedrae wat aan verbruikers uitgereik word en reeds gespanne verhouding tussen diensverskaffer en verbruiker met grade verhit!
Soos hierdie Isuzu bakkie was elke dorp, elke stad en elke struktuur in Suid Afrika met oorleg en kundigheid ontwerp om ‘n bepaalde vrag te kan dra. Daar is ook ‘n veiligheidsfaktor ingebou vir onvoorsiene oorlading. Dan is daar verder bereken en voorsiening gemaak vir toekomstige uitbreiding en infrastruktuur. Alles in harmonie en gestruktureer om blywende groei en vooruitgang te verseker.
So is daar dan paaie gebou, krag opgewek, water opgegaar en aangelê wat instaat sou wees om die bestaande vrag te kon dra. Daarvoor is daar belasting gehef wat voorsiening moes maak vir onderwys en opvoeding, gesondheidsorg, vervoerstelsels en derglike meer.
Is dit nou blote toeval dat ‘n Indiërboer Sondag vermoor is op sy plaas in Wolmaranstad? Die Zoeloes se affiniteit vir die Indiërs is nie eintlik waffers nie. Pravin Gordhan se afdanking deur Jakop Zuma is waarskynlik nie net bloot toe te skryf aan finansies nie! Kyk na die inhoud van die berig hieronder in Eyewitness News.
Dit was dr. Verwoerd wat al in die vyftiger jare gewaarsku het dat as die VP se beleid van integrasie ooit in Suid Afrika toegepas sou word, Nie net die blankes nie, maar ook die Indiërs en die Kleurlinge deur die swartes se getalle verdring en polities benadeel sou word.
Wat uit Zuma se seun se pen verskyn het is presies wat in hom en die meerderheid swartes se lewens-en-wêreldbeskouing leef.
In ‘n onlangse gesprek met ‘n Afrikaner akademikus oor die politieke toestand in Suid Afrika en hoe dit ons volk raak, het ek bekommerd geraak oor die persoon se stelling dat ek darem regtig rekening moet hou met die werklikheid.
Op my vraag van wat is die werklikheid, was sy antwoord dat ons beswaarlik vier miljoen blankes is binne ‘n see van nagenoeg amper sestig miljoen swartmense! Ons het nie ‘n keuse anders as om op een of ander wyse die land met hulle te deel, of fisies uitgewis te raak nie.
Dat die getalleoorwig sedert ons volkswording nog altyd in die swartes se guns was en dat ons ten spyte daarvan nog altyd, bygesê, tot en met die sluipmoord op dr. H.F.Verwoerd, die verspreiding in eie gebied, die handhawing van wet en orde, en ordelike naasbestaan kon handhaaf tot die vooruitgang en eerstewêreldstatus van Suid Afrika, het nêrens in hierdie man se siening grondgevat nie.