Lukas 11:33-36
“Die lamp van die liggaam is die oog. As jou oog dan reg is, is jou hele liggaam ook verlig; maar as dit verkeerd is, is jou liggaam ook donker.” (:34).
Hoe kyk u na die lewe? Of anders gestel – wat is u lewens- en wêreldbeskouing? Die regte antwoord is natuurlik dat u ‘n Christelike lewensbeskouing het, maar hoe sou ons hierdie antwoord meet? Dit is mos maklik om te sê dat ek ‘n Christelike lewensbeskouing het. Die toets is egter om te bepaal of my lewenswandel diensooreenkomstig of die teendeel getuig.
Dit woel hier binne in my as ek luister na die jong Afrikanerouer en hulle kinders se gesprekke. Dit is “awesome” en “amazing”, “beudifull” en “body language”, “cool en “clue” “flippen” en “focus”, doodskote in hierdie oorlog sonder koeëls wat ons Afrikanervolk se pragtige Afrikaanse taal laat bloei tot die dood toe!
‘n Geslag ouers en kinders wat niks weet van die taalstryd wat die Afrikaner as nuutgebore volk gehad het om sy eie taal te ontwikkel, te handhaaf en uiteindelik op die wetboek te kry as amptelike landstaal, gelykberegtig met Engels, eers in 1920's!
Foto: Jan Hendrik Hofmeyr de Waal
Die 19 "Gesuiwerde" Nasionaliste wat in 1934 in die party gebly en nie met die Suid-Afrikaanse Party saamgesmelt het om die Verenigde Party te vorm nie.
CHRISTENUNIE FAKSIEVOORSITTER MNR. MARCEL COMPANJEN: "ONS SAL NIE TOESTEMMING GEE NIE".
Ons het 'n insiggewende vraaggesprek in die Nederlands met die faksievoorsitter van die Christen Unie mnr. Marcel Companjen, vanweë die feit dat 'n klompie winkeliers in sy stad het gesê hulle sal aanstaande Sondag die deure oopsluit, ongeag of hulle toestemming het of nie.
Buiten mnr. Companjen bestaan die faksielede uit mevre. Ilonka Donker-Jak en Mirjam Driest-Wijnholds en mnre. Jos Aikema, Bart Jonkman en Ton van Limbeek.
"Meneer Companjen wat bezield deze ondernemers om op onwettige wijze hun deuren te openen?"
Lukas 11:33-36
“Die lamp van die liggaam is die oog. As jou oog dan reg is, is jou hele liggaam ook verlig; maar as dit verkeerd is, is jou liggaam ook donker.” (:34).
Hoe kyk u na die lewe? Of anders gestel – wat is u lewens- en wêreldbeskouing? Die regte antwoord is natuurlik dat u ‘n Christelike lewensbeskouing het, maar hoe sou ons hierdie antwoord meet? Dit is mos maklik om te sê dat ek ‘n Christelike lewensbeskouing het. Die toets is egter om te bepaal of my lewenswandel diensooreenkomstig of die teendeel getuig.
Die dwaling van humanisme in ons leeftyd het dit egter vir baie mense al baie moeilik gemaak om hul eie foute en tekortkominge raak te sien en te erken.
"MY PARTY WAARSKU REEDS 35 JAAR, DOG DIT VAL TELKENS OP DOWE ORE".
VOORMALIGE VLAAMS BELANG SE RAADSLID MEV. GABY DEPAUW: 'HIERDIE SOVEELSTE GRUWELIKE AANSLAG IN LONDEN IS NA MY SIENING SKRIF AAN DIE MUUR".
Geagte leser. Dalk kan u nog herinner dat ons in Maart 2016, na die aanslae in Zaventem en Maalbeek 'n vraagesprek gehad het met die voormalige Vlaams Belang se raadslid mev. Gaby Depauw. Ons het toe vrae gestel oor die aanslae en oor haar siening oor die plaasmoorde wat Suid Afrika sedert 1994 teister. Tans sal ons haar vrae stel oor die gruwelike aanslag in Londen.
Psalm 119:105-112
“U woord is ‘n lamp vir my voet en ‘n lig vir my pad.” (:105).
Wanneer ek in die donker moet rondbeweeg, sal ek gewoonlik ‘n lamp of flitslig inspan om my gang te vergemaklik. Hierdie hulpmiddel sal verhoed dat ek dalk in voorwerpe vasloop of oor iets struikel en myself in die proses beseer.
As ons rondom ons kyk, sien ons ongelukkig soveel mense wat in die lewe rondtas asof hulle in die donker beweeg. En ek praat nou nie van vreemdelinge nie, maar sommer van mense uit ons eie volksgeledere – mense uit goeie Afrikanerhuisgesinne. Ek wonder dan hoe is dit dat hierdie mense só rigtingloos is. En hoe lank sal dit hulle neem om te onthou van die onfeilbare rigsnoer wat as die Woord van God aan ons bekend is? Hulle moes tog al daarvan gehoor en selfs op ‘n tyd in hul lewens daaruit geleer het?
TERRITORIALISEER,sê hy!
In ‘n verbete poging om die Afrikanervolk se opwelling van nasionalisme te stuit deur met allerhande planne soos bv. plan A van prof. Koos Malan die aandag van verset en samehorigheid af te lei, is waarskynlik net so bedenklik as wat die gestorwe KP se volkstaatgedagte was en nog is.
Wanneer prof. Malan se rip van Winkel ontwaking in oënskou geneem word en vir die goedgelowiges voorkom as sou dit ‘n oplossing bied uit die dilemma waarin die Afrikanervolk hom bevind, moet daar allereers op prof. Malan se spoor teruggeloop word. Wie is prof Malan en wat verteenwoordig hy? Kan dit waar wees dat hy soos die koning van die Zoeloes 23 jaar neem om dit wat ooglopend die oorsaak van ons ellende is, nou eers raak te sien terwyl hy aanvanklik by die HNP betrokke was?