‘n Paar uittreksels uit geskrifte wat die lig gesien het oor die lewe van dr.Tobie Muller, wat in 1884 op George gebore is en in die jeugdige ouderdom van 34 jaar in 1918 oorlede is, is rigtinggewend in die verdeeldheid wat ons volk se nasionale eensgesindheid huidig vertroebel en besoedel.
Tot kort voor sy dood was dr. Muller en sy vrou intensief besig om krankes te besoek en orals in die dorp en distrik aan wit en swart hulp te verleen tydens die Groot Griep totdat hy op 13 Oktober 1918, nadat hy sy laaste erediens gelei het, die eerste simptome van die griep begin toon het. Hoewel hy reeds daardie Sondagmiddag koorsig en uitgeput gevoel het, het hy nogtans die landdros van Philippolis na 'n plaas, waar 'n hele gesin aan die griep siek gelê het, vergesel. Maandag het hy gaan lê om nie weer op te staan.
Dr. Muller se belydenis.
Maleági 1:1-14
“’n Seun eer die vader, en ‘n kneg sy heer. As Ek dan ‘n Vader is, waar is my eer? En as Ek ‘n Heer is, waar is die vrees vir My? sê die HERE van die leërskare aan julle, o priesters, wat my Naam verag!” (:6)
Die volk Israel word in hierdie gelese gedeelte skerp deur God aangespreek. Hy het ‘n twis met die volk omdat hulle nie aan Hom die nodige eer bewys nie. Die volk se godsdiens het maar vir hulle ‘n blote formaliteit geword. Die minderwaardige offers wat hul aan God gebring het getuig hiervan. “Julle bring spys wat verontreinig is, op my altaar, en dan vra julle: Waardeur het ons U verontreinig? Deurdat julle sê: Die tafel van die HERE is veragtelik. En as julle ‘n blinde dier bring om te offer, is dit geen kwaad nie! En as julle ‘n lam of ‘n siek dier bring, is dit geen kwaad nie! Bring dit tog vir jou goewerneur! Sal hy ‘n welgevalle aan jou hê of jou goedgesind wees? sê die HERE van die leërskare.” (:6&7).
In die onderstaandeartikel van Daily Maverick bespiegel Richard Poplak oor die aanwending en moontlike bevoordeeldes van hierdie aanbod-om-te-loop aan Zuma.
Die AVP se vraag setel eerder vanwaar en in wie se belang so ‘n aanbod gemaak is. Die feit dat daar nog geen reaksie van Zuma gekom het nie laat ‘n mens onmiddellik wonder, wie bie hoër?
Dat daar weinig individue is wat tot so ‘n omvang sou kon bie, laat ‘n mens dadelik wyer kyk. Die myne sou ‘n kandidaat kon wees, maar so ook BRICKS en die Westerse imperiale magte. As ons dan die huidige polemiek oor die reserwebank ook hier in aanmerking neem, is die geldmag ongetwyfeld ook ‘n kandidaat.
Openbaring 1:9-20
“En in sy regterhand het Hy sewe sterre gehou, en ‘n skerp tweesnydende swaard het uit sy mond uitgegaan, en sy aangesig was soos die son wat skyn in sy krag.” (:16).
Baie mense verkies om die boek Openbaring te vermy. Dit mag dalk wees dat die oordeel en grimmigheid hierin hul dalk verskrik en dat hulle nie daarmee gekonfronteer wil word nie. ‘n Mens hoor ook menige Bybelstudent wat sal sê dat hierdie boek in die Bybel vir hulle moeilik is om te verstaan. Ons moet onthou dat Openbaring deel vorm van die volkome Woord van God en ‘n grondige kennis van die hele Bybel sal baie van die verborgenhede in Openbaring vir ons oopbreek.
Ons lees in vers 16 van ons oordenking dat ‘n skerp tweesnydende swaard uit die mond van die Seun van die mens uitgaan. Ons sal in Openbaring 2:16 verder lees van hierdie swaard waarmee die Seun van die mens stryd voer.
Hierdie brief wat op Praag se webblad verskyn het is die bewys van 'n nugterheid wat onder Afrikaners begin posvat oor die pollitieke toestand in Suid Afrika. Bravo aan Hansard de Wet. Bepaald is jou Afrikanerfondasie op rots gelê. Bly daarop bou en jy sal saam met ons die grense help trek wanneer die geleentheid hom voordoen.
Die windeiers is ongelukkig baie en lyk op die oog af vir die oningeligte presies dieselfde as die bevrugte een! Daarvan is daar slegs een en hy word beskerm en bewaar totdat die Afrikanervolk deur die omstandighede spontaan bymekaar gedwing word, of ons bymekaar wil wees of nie! Die huidige verantwoordelikheid is om die gouedraad van nasionalisme te koester totdat die kern van die Afrikanervolk in daardie nes bymekaar kom soos wat dit in 1948 en daarna was. Met vaste geloof en vertroue in die God van ons voorgeslag sal ons weer wen soos by Bloedrivier ongeag die oormag. Hou dus goeie moed en wend jou gewig aan by hulle wat uit innerlike oortuiging soos jy dink! Jou brief is meer werd as 'n duisend woorde!

Daar is drie henne op die werf. Twee lê al eiers. Daar is geen haan, dus lê hul onbevrugte eiers.
Die Mail & Guardian publiseer op 25 April 2014 hierdie onderhoud, genadiglik in Engels, vanPhillip de Wet met Genl. Constand Viljoen, waarmee hy nogmaals sy veragtelike verraaiersrol probeer vergoeilik.
Daarmee bevestig Viljoen egter net opnuut die skandelike wyse waarop hy met ‘n eerbare beroep omgegaan het om die Afrikanervolk, in sekerlik die mees benouende toestand in ons volksgekiedenis gehelp dompel het.
Wat hierdie soort artikels veroorsaak is dat daar altyd daarop reageer moet word. Indien nie word die indruk onder veral die jongmense en selfs polities onbetrokkenes en dus oningeligtes, onder die indruk van die verraaier(s) se “heroïse heldedade” gebring wat hulle net verder van die waarheid vervreem en ons volk bly verdeel. In die begin kon ons as net negatief afgemaak word. Vandag is dit egter anders aangesien die geskiedenis nou saampraat.
RAADSLID MNR. HENDRIK HERWEIJER: "ONS SGP FAKSIE GOOI WAL TEEN HIERDIE GODSLASTERAAR".
Op Woensdag 19 Julie wil die 'kunstenaar' Jebroer (Jouboetie) glo na die Suid Hollandse dorpie Ouddorp kom. Dit is bekend dat hy baie lief is vir sy t-hemde met tekste as 'kind van die duiwel' en liedjies met 'gooi dwelms en drinkgoed oor my kis'. Om die rede was sy koms op Vrydag 28 April na die dorpie Hardinxveld wat ook in die provinsie Suid Holland geleë is ongewens.
Met 'Jebroer' wat eintlik Tim Kimman heet, provoseer hierdie 'kunstenaar' veral christene. In die Nederlands word Jesus as Jezus geskryf so dit blyk dat hy goddeloos is.