Die uiterste pogings van die media om ‘n klimaat te skep wat die druk op Zuma dermate moes verhoog dat dit vir hom onuithoubaar word om te volhard, saamgelees met die Geldmaglakeie se gesprekke om te oortuig dat dit die beste vir almal sal wees as Zuma gewillig uittree, en die daaropvolgende sologesprekke tussen Zuma en Ramaphosa, het dusver niks opgelewer behalwe onwrikbare weiering nie.
(Zuma se antwoord op NUK se versoek om te bedank)
Watter uitweg is daar vir Jacob Zuma indien hy nie vrywaring van vervolging kan kry nie? Die versoek van die ANC se NUK (Nasionale uitvoerende Komitee) dat hy in belang van alles en almal asseblieftog nou moet uittree, het soos verwag en voorspel is deur die AVP , nie geslaag nie.
Die hefboom in Zuma se guns wat hy telkens suksesvol getrek het in elke mosie van wantroue wat hulle teen hom probeer het, is deur die NP van de Klerk in sy hand gegee, tenspyte van riglyne vanuit die geskiedenis, debatte en toesprake deur sy voorgangers, mede kabinetslede , LV’S en selfs sy eie en Pik Botha se aanvanklike Nasionalistiese uitgesproke oortuigings.
Dit is baie moontlik so, die vraag is net, vir wie? As ‘n mens kyk na die koerantberig hieronder na wie aangestel is, nl. almal militêre offisiere uit die weermag, dan is dit seker billik om te kyk na wie in Suid Afrika op hierdie oomblik die steun van die weermag geniet.
Die AVP is daarvan oortuig dat dit nie Ramaphosa is nie maar meer waarskynlik Jakob Zuma. As ons dan in ag neem dat Zuma se kans om tronk toe te gaan as sy termyn verstryk het en hy nie daarin sou slaag om vrywaring van vervolging te beding nie, goed is, hy dan steeds ‘n stewige hefboom in die vorm van die weermag in sy hand hou! Die bespiegelings van ‘n burgeroorlog is dan nie vergesog nie. (Beeld:Bussiness live)
Matt. 16:13-23
“En Simon Petrus antwoord en sê: U is die Christus, die Seun van die lewende God.” (:16).
In die gelese gedeelte stel Jesus ‘n belangrike vraag aan sy dissipels. Hy wou by hulle weet wie die mense sê dat Hy is. Uit hulle antwoorde is dit duidelik dat hierdie mense Jesus nie waarlik geken het nie. Hulle het besef dat Hy nie ‘n “gewone mens” was nie en dat daar iets besonders rondom Sy Persoon was. Nietemin was hul steeds op ‘n dwaalspoor deur te dink dat Hy maar net nog ‘n profeet was. Die lang verwagte Messias, die Verlosser van die eeue, het onder hulle gewoon en gewandel en tog het hulle Hom nie geken nie.
‘n Onderhandelde skikking na selfmoord? Nie nou nie, nie môre nie, nooit ooit nie! Sommige “Afrikaners” het geen geheue nie, ander, van die jongeres, het weer géén ore wat kan hoor nie omdat hulle “geleerdheid” bo hulle begripsvermoë uitgegaan het. Dit was die wyse Jaap Marais wat eendag teenoor my die opmerking gemaak het: “ Jong, die Engelse het ‘n spreekwoord wat sê, this man was educated beyond his intelligence.” Die AVP plaas graag hierdie brief van hom aan FW.

Exodus 29:38-46
“Dit moet ‘n voortdurende brandoffer vir julle geslagte wees, by die ingang van die tent van samekoms, voor die aangesig van die HERE, waar Ek met julle sal saamkom om daar met jou te spreek.” (:42).
God gee aan Moses die insetting dat die kinders van Israel ‘n voortdurende offer in die oggend en in die aand aan Hom moet bring. Die handeling in hierdie verband word spesifiek voorgeskryf sodat dit vir God aanneemlik sal wees en Hy Hom tot Israel sal wend om met hulle te spreek daar waar hulle die offer moes bring.
Dit mag dalk wees dat ons nie meer brandoffers van diere bring soos aan Israel van ouds voorgeskryf was nie. Die rede hiervoor is nie dat ons aan God ongehoorsaam is nie, maar dat God self ‘n offer berei het wat ons van ons sondeskuld sou skoonwas.
SGP SENATOR MNR. DIEDERIK VAN DIJK: 'EK WIL JULLE VERSOEK GAAN MEER DIKWELS NA DIE KERK, LEES MEER DIKWELS JOU BYBEL, EN KYK MEER DIKWELS OMHOOG".
Tydens die Nederlandse Leeu aand wat op Vrydag 19 Januarie in die Suid Hollandse stad Rijswijk gehou is, was daar verskeie sprekers soos bv. mevre. Jenny Douwes 'n entrepeneur uit Friesland, wat wal het gegooi teen die anargiste wat op Saterdag 18 November 2017 wou protesteer in Dokkum teen die Sinterklaasfees, die voormalige liberale VVD minister Rita Verdonk, mnre. Sam van Rooy van die Vlaams Belang party , Joost Eerdmans van die Rotterdamse Leefbaar Rotterdam party , Machiel de Graaf van die Tweede Kamer faksie van die Party vir die Vryheid, en Diederik van Dijk van die faksie van die Staatkundige Gereformeerde Party in die Eerste Kamer.