Génesis 24:1-67
“Rebekka het ook haar oë opgeslaan en Isak gesien. Toe het sy van die kameel afgegly en aan haar dienaar gesê: Watter man is dit wat ons tegemoetloop in die veld? En die dienaar antwoord: Dit is my heer. Toe neem sy die sluier en bedek haar.” (:64 en 65).
Hoe kosbaar is die onderdanigheid van Rebekka nie in die gelese gedeelte nie. En nie alleen is haar onderdanigheid waarvan ons in verse 64 en 65 lees ‘n kosbare deug nie, maar ook haar bereidwilligheid om diensbaar te wees in die groei en uitbreiding van haar volk. Sy het op die vraag of sy met die man wil saamgaan en of sy nog ‘n wyle wou vertoef sommer onverwyld ingestem om haar heer te gaan ontmoet.
SOSIALISTE VAN DIE PARTY VIR DIE ARBEID REAGEER AFWYSEND EN VERONTWAARDIG OP BYBELSITAAT WAT UITGESPREEK IS DEUR CU SE FAKSIEVOORSITTER MNR. FRANS VAN ZAALEN "EK HET NET VERWYS NA PSALM 72, JOB 29 EN JESAJA 58".
Ons het 'n baie insiggewende vraaggesprek met die faksievoorsitter van die ChristenUnie van die afdeling Albrandswaard, mnr. Frans van Zaalen nav. die verontwaardiging wat hom ten deel is geval toe hy drie bybelsitate het genoem tydens 'n raadsvergadering. Ons sal hom vrae stel hoekom die sosialiste hul steur aan God se woord.
Indien dit waar is wat hierdie omroeper in ‘n video aanhaal, as sou President Donald Trump van die VSA dit kwytgeraak het, behoort sy kommentaar op die ope brief aan hom van die AVP interressant te wees, indien dit hoegenaamd by hom uitgekom het. Die AVP plaas Trump se kommentaar iedergeval soos wat dit op South Africa Today voorgekom het.
Die mate waarin die NG-Kerk sy roeping en die Afrikanervolk waaruit hy sy ontstaan gehad, gefaal en versaak het, word hoe langer hoe duideliker!
Die moderne tydsgees waarin die pro-moderniste fungeer en al soveel lewens en waardes vernietig het deur hulle bemoeienis met die politiek op onverantwoordelike wyse, is besig om die afstand tussen hulle en gelowige Afrikaners al verder te vergroot en tussen hulle en die kommunisme al verder te verminder.
Deur Ignatius Erasmus.
Ek sien hulle, hulle sit met geboë hoofde en klemmende kake in kerke. Hulle het gekom om weer moed te skep vir die nuwe ou donker-wolk wat weer kom kop uitsteek. Die nagmaal beker word stram vasgevat. Hulle sit daar en mymer, hoor nie werklik die boodskap nie. Hulle sit stil, en waaksaam. Die hele gemeente sluk sagkens aan die inhoud, van die bitter beker wat op hul wag, swygend. Tog as jy terug sit dan hoor jy die knallende gille en gekerm. Dis geruisloos vas gevang in wringende prokureurs hande. Die bankier krap ongeduldig aan die kant van sy neus. Dis boere hande wat soos die kloue van ń grou-dier om psalm-boeke geslaan is. Dit alles vertel die storie van groot benoudheid.
5 MAART 2018
Omdat hierdie ontleding van die groenskrif oor sogenaamde grondhervorming so ongelooflik belangrik is, het 349,477(driehonderd nege-en-veertig duisend, vierhonderd sewe-en-sewentig) mense dit al gelees. Dit is egter nog maar ‘n druppel in die emmer! Elke Afrikaner behoort dit te bestudeer sodat elkeen sinvol kan standpunt inneem en begryp dat géén onderhandeling, óf pogings om saam te werk om hierdie volksvernietigende stelsel te maak werk, enige iets anders as om die vyand te bevoordeel beteken nie!
In die verstaan van wat eintlik in Suid Afrika aan die gang is en meer nog, die grondslag wat hier gelê word vir die noodsaaklike sinvolle standpuntinname van elke Afrikaner, lê daar hoop! Ondersteuning vir hulle wat dink dat met die skrikmaakstories van voedselsekerheid die kommuniste tot insig gebring kan word, skuil die kiem van selfvernietiging!
Indien u dus ernstig is met ‘n verweer wat die potensiaal het om te slaag met die vryheidstryd in Suid Afrika, pleit die AVP dat u hierdie uiteensetting weer en weer met aandag sal bestudeer!
Joh. 8:12-59
“EN Jesus het weer met hulle gespreek en gesê: Ek is die lig van die wêreld; wie My volg, sal sekerlik nie in die duisternis wandel nie, maar sal die lig van die lewe hê.” (:12).
Die opskrif van ons gelese gedeelte is: “Gesprek van Jesus oor sy goddelike sending.” En hierin verduidelik Christus vir die soveelste maal dat Hy deur God die Vader gestuur is om ons as mense uit die mag van sonde te bevry. Hy het gekom om ons van die duisternis te verlos en vir ons as Leidsman tot die ewige lewe op te tree.
Let tog asseblief mooi daarop dat Christus soveel maal hierdie boodskap verkondig. Hy het nie net gekom om gou aan ‘n vloekhout opgehang te word en weer tot God terug te keer nie. Die werklike en opregte besef dat dit wat op Gólgota gebeur het – die volmaakte offer wat daar vir my sonde gebring is – dat dit die begin van my geloofspad eerder as die einde daarvan is.