Tuis Kultuurkroniek Grondonteiening, Monomotapa en die historiese waarheid
Deur Marthinus van Bart
Die pas aangewese president van Suid-Afrika, Cyril Ramaphosa, het finaal al die kleure behalwe geel, groen en swart uit die spreekwoordelike “reënboog van die nasie” gewis toe hy op Vrydag 16 Februarie in sy intree-“boodskap aan die nasie”, in opvolging van sy inhuldiging as staatshoof, bevestig het dat onteiening van eiendom sonder kompensasie in Suid-Afrika ’n werklikheid gaan word.
Dit is in ooreenstemming met die ANC se besluit van Desember 2017 om eiendom, wat ook intellektuele eiendom insluit, van witmense sonder kompensasie te onteien “vir die regstelling van onregte van die verlede, toe grond deur kolonialisasie en apartheid van die regmatige eienaars afgeneem is”.
Korrupsie uitroei in Suid Afrika se regime van kleptomane? Dít sit nie in Ramaphosa se broek nie! Die uitgestrekte bakhande is besig om na die blanke oor te spoel as die enigste wyse om kontrakte met die regime te beding!
Een van die eerste simptome van ‘n swart meerderheidsregime wat nie reggedokter of afgedreig gaan word nie! Dit is een van die neweprodukte van die beginselafwyking van die apartheidsbeleid wat slegs herstel kan word deur rasseskeiding!
Daar is geen argument in te bring teen die feit dat die oorsaak van elke ongeregtigheid wat sedert 1966 sy kop in Suid Afrika begin uitsteek het, direk toe te skryf is aan die beleidsverandering na die sluipmoord op dr. H.F. Verwoerd nie.
Spreuke 17:1-28
“Wie sy woorde inhou, besit kennis; en hy wat kalm is van gees, is ‘n man van verstand.” (:27).
Ons almal het seker al iets in oorhaastigheid gedoen waaroor ons dan later spyt gekry het. En nog meer van ons het al dinge in oorhaastigheid gesê waaroor ons dan ook later spyt gekry het. Dit laat ons opnuut dink aan die suiwer lering uit Jakobus 3:2: “Want ons almal struikel dikwels. As iemand in woorde nie struikel nie, is hy ‘n volmaakte man, in staat om ook die hele liggaam in toom te hou.”
UK Endorses Expropriation of White Land without Compensation: Rewards Cyril with R850 Million Foreign Aid and Visit to Queen!
Kan daar by enige iemand nog enige twyfel bestaan oor die veragtelike en onderduimse taktiek wat die Britte van voor die Anglo Boere Oorlog, tot vandag toe, teen die Afrikanervolk aangewend het om ons land se rykdomme sonder vergoeding te bekom?
Dit was Milner wat in 1902 gesê het dat die oorlog teen ons volk sal voortduur deur ander middele as die koeël uit ‘n oorlogswapen. Bedoelende dat ons volk geestelik gebreek sou word. En die aanslag op ons volk se siel deur die Anglo-Amerikaanse magte was genadeloos.
Dat BRICKS ‘n stok in die speke van die Brits-Amerikaanse Imperialiste is en derhalwe ten koste van enige iets en iemand beveg moes word, is voor-die-handliggend! In die proses het die hoof onderhandelaar, Jacob Zuma, voormalige indien nie steeds prominente lid van die politburo van die Kommunistiese party, wat saam met Thabo Mbeki in London met al wat blanke verraaiers en vyande van die Afrikanervolk onderhandel het, reeds gesneuwel!
In hulle plek is Cyril Ramaphosa ingeskuif met dieselfde mate van onderduimse politiekery waarmee die Afrikanervolk ons land verloor het. Wie word deur hierdie politieke skuiwe bevoordeel?
Markus 12:18-27 “God is nie ‘n God van dooies nie, maar ‘n God van lewendes. ...” (:27). Is dit nie ironies dat daar verwys word na Abraham, Isak en Jakob wat alreeds gesterf het en dit dan pertinent gestel word dat God nie ‘n God van dooies is nie, maar van lewendes? Die feit dat al drie hierdie manne reeds oorlede is, is nie al wat hulle in gemeen het nie. Hierdie drie manne was erfgename van God se beloftes. Hierdie drie manne was manne wat in God en in Sy beloftes geglo het.
MNR. HUGO BOS: "ONS SAL BLY VEG TEEN HIERDIE VERVAL"
Op Saterdag 10 Maart het die Christelike organisasie Civitas Christiani 'n vreedsaam protes gehou in die stad Nijmegen, teen die klerebedryf Suitsupply wat homoseksuele uitings dmv. reklame propageer. Omdat Civitas Christiani se siening is dat die huwelik bedoel is vir 'n man en 'n vrou is die deelnemers in hulle gesig gespoeg en het die vuilgoed met reënboogvlae gewapper. Hulle kon dit kennelik ongesteur doen want die polisie het nie gehelp om dit te voorkom nie.
Nav die protesdemonstrasie het ons 'n insiggewende vraaggesprek in die Nederlands gehad met die woordvoerder mnr. Hugo Bos.