1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
7437978

Besoekers aanlyn

Ons het 10 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

ONS VRA DIT IN JESUS NAAM

BybelJohannes 14:1-31

En wat julle ook al in my Naam mag vra, dit sal Ek doen, sodat die Vader in die Seun verheerlik kan word.  As julle iets in my Naam vra, sal Ek dit doen.  (:13&14).

Dit is mos soos musiek in ons ore!  Die gedagte dat ek van die God by wie geen ding onmoontlik is nie enigiets kan vra laat sommer onmiddellik my gedagtes dwaal.  Ek sukkel al so lank hiermee of ek wou al so graag hierdie of daardie gehad het.  En amper instinktief rol die mens se gedagte van die een na die ander begeerte wat homself sal bevredig. 

Skielik kom daardie gedagte egter dan weer by jou op dat jy al voorheen dinge van God gevra het, maar dit nie ontvang het nie.  En dan wonder ons hieroor sou Jesus dan n belofte maak en dit nie hou nie?  Ek het dan gebid en my gebed afgesluit met die woorde:  Ek bid dit in Jesus Naam, Amen.  Waarom sou Hy dan nie Sy belofte gestand doen, om aan my bede te voldoen nie?

In Johannes 15 begin die antwoord op hierdie vraag vir ons deurskemer wanneer Jesus sy dissipels leer om in Hom te bly.  Ons leer later in hierdie hoofstuk uit vers 16 dat wanneer ons in Hom bly die Vader ons bedes nie onbeantwoord sal laat nie.  Julle het My nie uitverkies nie, maar Ek het julle uitverkies en julle aangestel om vrug te gaan dra en dat julle vrug kan bly, sodat wat julle die Vader ook al in my Naam vra, Hy julle dit kan gee.  Dit blyk dus dat om iets in Jesus Naam te vra nie maar n blote sinsnede is wat uit gewoonte herhaal word nie, maar eerder verwys dit na n gesonde geestelike verhouding met God waarin ons deur die Heilige Gees gelei sal word om volgens Sy wil te bid.  En wanneer ons volgens Sy wil bid, sal ons bedes altyd beantwoord word.  En dit is die vrymoedigheid wat ons teenoor Hom het, dat Hy ons verhoor as ons iets vra volgens sy wil.  En as ons weet dat Hy ons verhoor, dan weet ons dat, wat ons ook al vra, ons die bedes verkry wat ons van Hom gevra het.  (1 Joh. 5:14&15).

Indien jou verhouding met God troebel is, sal dit jou nie baat om jou gebed af te sluit deur in Jesus Naam te vra en dan vir God te verwyt omdat Hy jou gebed onbeantwoord laat nie.  Onthou, die Seun en die Vader is een van gees.  Juis daarom dat Jesus aan gelowiges die Heilige Gees in ons harte stuur om ons Leidsman te wees ook in ons gebedslewe. 

n Slegte verhouding met God waarin u die Heilige Gees op die agtergrond in u lewe plaas, sal ook n frustrerende gebedslewe tot gevolg hê.  Daarenteen sal n ootmoedige lewenswandel, n rein hart met n hunkering na God en n koestering van die Heilige Gees in u lewe tot gevolg hê dat u vrymoedigheid sal hê om in gebed tot God te nader. 

 

Dit is ook dan wanneer u die Heilige Gees toelaat om u in u bedes te lei dat u die kragtige Hand van God sal ervaar en so ook Sy betrokkenheid in u lewe as n werklikheid sal beleef.  U sal selfs in tye waarin u kragte min is steeds kragtig in u gebedslewe voor God kan staan.  En net so kom ook die Gees ons swakhede te hulp, want ons weet nie reg wat ons moet bid nie, maar die Gees self tree vir ons in met onuitspreeklike sugtinge.  En Hy wat die harte deursoek, weet wat die bedoeling van die Gees is, omdat Hy ooreenkomstig die wil van God vir die heiliges intree.  (Rom. 8:26&27).

Ons maak n groot fout as ons dink dat alle gebede deur God verhoor word.  Die rede waarom menige gebed nie verhoor word nie is omdat ons verkeerd bid.  God stel dit tog duidelik in Jakobus 3 dat selfsugtige gebede wat net fokus op die begeerlikheid van die vlees Hom nie aanstaan nie.  Julle bid en julle ontvang nie, omdat julle verkeerd bid, om dit in julle welluste deur te bring.  (:3).  En so leer ons ook dat die gebed van iemand wat doelbewus in sonde leef en volhard (m.a.w. n goddelose mens) nie verhoor word nie.  Die HERE is ver van die goddelose, maar die gebed van die regverdiges hoor Hy.  (Spr. 15:29).  Wie sy oor wegdraai om nie na die wet te luister nie, selfs sy gebed is n gruwel.  (Spr. 28:9).

 

Maar teenoor hierdie gebede wat vir God nie aanneemlik is nie staan die gebede van regverdiges wat Hom welgeval.  Die offer van die goddelose is vir die HERE n gruwel, maar die gebed van die opregtes is Hom welgevallig.  (Spr. 15:8).

Mag ons leer om voortaan meer te bid om die Here met ons bedes te behaag as wat ons dit probeer aanwend om Hom wat die grote Koning en Raadsman is deur ons gebede te probeer voorskryf.  Hierdeur sal ons bedes voor Hom aanneemlik wees en sal ons gedurig deur ons gebede aan Hom offers kan bring wat Hy met welgevalle sal aanneem.  Laat my gebed soos reukwerk voor u aangesig staan, die opheffing van my hande soos die aandoffer.  (Ps. 141:2).  Mag ons voortaan nie in  eie naam bid nie, maar waarlik in Jesus Naam!

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie