Jes. 48:1-22
“So sê die HERE, jou Verlosser, die Heilige van Israel: Ek is die HERE jou God, wat jou leer wat heilsaam is, wat jou lei op die weg wat jy moet gaan.” (:17)
Ons bely maklik met ons mond die almag en grootheid van die Here. Ons is ook vinnig om te praat oor die grootheid van Sy wysheid en raad. Maar waarom verkies ons dan dikwels om eerder ons eie gedagtes as Sy raad te volg? Die getuienis van ons mond en ons optrede strook mos nie wanneer ons só handel nie.
Ons is vinnig om die vinger te wys na die volk Israel wat telkens in die nood beland het doodeenvoudig omdat hulle nie na die HERE se raad geluister het nie en aan Hom ongehoorsaam was.
Daar is nie salf te smeer aan die swartes se onregmatige optrede in Afrika nie. Die ophef wat die media gemaak het oor Mnangagwa se kastige terugroep van blanke boere wat van hulle plase afgesit was, is ‘n belagging!
Die media plaas steeds die klem op die “Edele Barbaar” se “inherente goedheid” en onderbeklemtoon die voortgaande venynige ongeregtigheid waarmee hulle ander en soms self hulle eie mense behandel.
Dié joernalis wat die artikel in News 24, wat ons hieronder plaas saamgestel het, se vooroordeel en blatante liberale voorkeur van woordgebruik om aan te dui dat hy of sy volgens die politieke beleid van Media 24 die Afrikaner en alles waarvoor hy staan, verafsku.
Tenspyte daarvan dat die artikel handel oor ‘n blanke bejaarde boer wat met ‘n stomp voorwerp doodgeslaan is en die verpletterende invloed wat dit op sy vrou het, skroom hierdie joernalis, wie se naam nie genoem is, nie om van die geleentheid gebruik te maak om die beleid van Afsonderlike Ontwikkeling en die Afrikaner by te kom en klem te laat val op die vyande van die Afrikanervolk se veroordeling van ons volk, ons volk se beleid en die uitsprake en optrede van die Afrikaner ter verdediging van homself teen hierdie verraderlike goed beplande volksmoord, vergoeilik deur mense soos hy nie.
Waarom sou korporatiiewe organisasies soveel geld uitlê as daar nie voordeel daaruit te behaal is nie? Wat is die redelike kans dat ministers en amptenare buite hulle bevoegdheid en mandaat oorreed kan word deur hierdie praktyk van die Progresiewe Besigheidskema?
Daar is ‘n ou gesegde wat lui: “As jy in besigheid en/of in die politiek vir iemand iets aanbied met die verwagting om iets daarvoor terug te kry, is dit oneties. As jy vir iemand in besigheid en/of politiek iets gee sonder om iets terug te verkry, het dit geen besigheidsin nie. Waarom wil jy dan iets gee?”
In die lig van die omvangryke gees van korrupsie wat in Suid Afrika heers, is dit ‘n billike afleiding om te maak dat die PBF goedskiks kan staan vir Positief Bedorwe Fenomeen, gerig op beïnvloeding met die oog op ‘n simbiotiese bevoordeling van beide die gewer en die nemer!
Na die verloop van reeds 23 jaar van hierdie praktyk, is die kanse dat dit sal verander in ‘n een-mens-een-stemstelsel, uiters skraal!
2 Petrus 3:1-18
“Maar julle moet toeneem in die genade en kennis van onse Here en Saligmaker, Jesus Christus. Aan Hom kom die heerlikheid toe, nou sowel as in die dag van die ewigheid.” (:18).
Kan ons ooit genoeg Bybel lees? Gelowiges voel dalk soms asof hulle nou al die Woord van God so baie deurgelees het dat hulle mooi weet wat daarin staan en dus is dit onnodig om daarom op ‘n daaglikse grondslag daaruit te lees. Hulle voel dalk dat hulle doodeenvoudig net niks meer uit die Bybel kan leer as wat hulle alreeds weet nie.
Petrus stel dit egter in verse 1&2 van die gelese gedeelte duidelik dat ons gedurig herinner moet word aan dit wat in die Woord staan. En in die laaste vers word ons nie vermaan om ‘n kennis van die Here op te doen nie, maar ons word beveel dat ons kennis van die Here moet toeneem, m.a.w. dit moet verbreed.
Die geldmagte se euforie oor die verkiesing van Cyril Ramaphosa gaan gouer tot 'n einde kom as wat selfs hulle kon droom. Daar is immers sekere realiteite wat die liberale droom telkens baie gou in 'n nagmerrie verander.
Maar wie is Cyril Ramphosa?
Ramaphosa was voor 1994 die groot vegter vir die belange van die swart mynwerker. Hy was dus die groot sosialis wat hom volledig geskaar het by die ideologie van die ANC-SAKP. Met die aanvaarding van die nuwe bedeling is hy deur die Anglo-Amerikaanse magte omgekoop en skatryk gemaak.
Die beste van 2017 vir die Afrikanervolk is dat sommige van ons dit oorleef het! Die slegste is dat die gedeelte van ons volk wat dit oorleef het steeds só verdeeld is en ontvanklik is vir allerhande strooihalms, dat verdeeldheid steeds ons grootste vyand is!
Met net elf dae van 2017 wat oorgebly het, is dit raadsaam om terug te kyk na wat bereik is in ons Afrikaner se stryd om weer vry en onafhanklik te wees. Om dan die slaggate te vermy en te bou op wat positief was.
Onderhandelings met die regime, die VN en Internasionale gemeenskap het niks positiefs opgelewer wat ‘n bydrae tot ons Afrikanervolk se vryheidstryd gelewer het nie. Inteendeel het dit verwagtings geskep wat nie haalbaar was nie en waarteen telkens gewaarsku was dat dit óns aanspraak op Suid Afrika as Afrikanereiendom verswak terwyl dit die Swartras se aanspraak en leuens dat ons dié land van hulle gesteel het, versterk.