Politiek is oorlog sonder koeëls! In hierdie veldslag waar daar oënskynlik verskeie magte teenoor mekaar opgestel was en is, het die Israelse premier ‘n oorweldigende, teen sy teëstanders se verwagtinge in, oorwinning behaal wat nou in sy vierde termyn, aardskuddende gevolge kan hê.
Dit blyk dat al die propaganda wat teen hom gemaak is en meningspeilings oral laat spekuleer het dat hy moontlik nie die paal sal haal nie, peilings in die wind was en dat hy nou stewiger as ooit in die saal sit! Dit verhit die spanning in die Midde-Ooste met grade en verhoog die spanning oor Irak se kernbedrywighede waaroor Netanyahu dit eintlik het. Met Rusland as bondgenoot van Irak in hulle ywer om kernkragontwikkeling op internasionale standaard te kry, is die tafel gedek vir verhoogde militêre aktiwiteit wat die groot moondhede nie ongeskonde gaan laat nie.
Die Amerikaanse, of liewer Obama se ontsteltenis en teenkanting teen Netanyahu se verkiesing vir ‘n vierde termyn en die oogmerk daarmee, is onses insiens bloot oëverblindery wat daarop gerig is om nie nog ‘n bewysbare skuldlas op die Amerikaanse regering se reeks ander klandestine betrokkenhede wat een na die ander na die oppervlak styg, by te voeg nie.
ONTSAG VIR ONS VOLK HOMOGEEN
GEENEEN VIR HOMSELF ALLEEN
ELK VIR ALMAL EN ALMAL VIR EEN
DIÉ NOODSAAK MOET VINNIG GEBEUR
WIE KIES JY OM MÔRE TE REGEER?
‘N VRYE STAAT VIR ONS ALLEEN
OM ONSSELF TE REGEER
DIE KANS OM ONS TE VERWEER
DIT IS WAT ONS BEGEER
WIE KIES JY OM MÔRE TE REGEER?
Die berig in die Sunday Times bevestig net weereens dat ongeag regeringsuitsprake en gepubliseerde voornemens om korrupsie hok te slaan, gaan dit egter lustig voort en steel hulle miljoene rand! Bid jou aan! ‘n swart “skoonheidsdeskundige” en swart tandetrekker kwalifiseer om in multimiljoen rand se kontrakte te deel vir die lewering van diesel aan Eskom. Kan daar dan nog enige twyfel bestaan waarom Eskom finansieel nie die mas kan opkom en die blankes in Suid Afrika buitensporige tariewe moet betaal om krag in hulle huise te hê?
DENTIST, BEAUTICIAN, AMONG ESKOM DIESEL SUPPLIERS, SAYS REPORT
by Agency Staff, March 15 2015, Companies and organisations: Eskom
A DENTIST and a beautician were benefiting from multimillion rand contracts to supply diesel to Eskom, the Sunday Times reported.
1 Samuel 12:1-25
“Vrees net die HERE en dien Hom getrou met julle hele hart; want kyk watter groot dinge Hy by julle gedoen het.”(:24).
Een van die grootste ketterye wat in die “moderne samelewing” verkondig word, is myns insiens dat geloof in God ‘n uitdaging is wat jy moet regkry waarna jy kan aangaan met die res van jou lewe. Die indruk word by mense geskep dat jy deur belydenis van jou geloof met lippetaal die saak van jou saligheid afhandel en jou verhouding met God hierdeur verseker. Hierdie mistasting is geweldig gevaarlik en sal aanleiding gee daartoe dat jy gedurigdeur in jou lewe sal mistas en rondtas na die waarheid.
Die Waarheid is Jesus Christus alleen wat vir ons die Weg en die Waarheid en die Lewe is. Hy is die Weg na ons ewige saligheid en dus moet ons na ware bekering die res van ons lewe op aarde met Hom en agter Hom aanstap. Ons maak nie bloot kennis met Hom en stap dan maar die weg op aarde wat ons graag wil inslaan nie, want daar is geen ander weg na ewige saligheid in ons lewens hierna as juis deur Hom nie. Alleen agter Hom aan sal ons die waarheid ken wat ons sal vrymaak.
DIE STAATKUNDIGE GEREFORMEERDE PARTY GOUDA HOU 'N INDRUKWEKKENDE REDEVOERING VIR
VOLTALLIGE RAAD
Mnr. Versteeg: "As SGP raadslid kan ek nooit vir 'n moskee stem waarin 'n godsdiens word bely wat die bestaan van Jesus as Gods Seun loën en verwerp".
Op Maandag 1 Desember 2014 het hier 'n artikel verskyn oor 'n moskee wat glo in die Suid Hollandse stad Gouda gebou sou word. Ons het toe sowel die faksievoorsitter van die Staatkundige Gereformeerde Party as 'n woordvoerder van die organisasie 'Gouda Noord Zoals dat Hoort' gevra hoekom daardie moskee in 'n woonwyk moes kom. Op Woensdag 4 Maart 2015 het ons die heugelik nuus bereik dat die liberale van die VVD faksie teëngestem het. Volgende week sal glo die ChristenUnie ook teëstem. Ons vra in die Nederlands aan meneer Versteeg wat sedert Desember gebeur het.
Alhoewel hierdie stellings hieronder al in verskeie vorme op ander plekke verskyn het, is dit tog belangrik om weer na die logika daarvan te kyk omdat ons in Suid Afrika intens daaraan blootgestel is. As deel van ons wapenrusting in die oorlog sonder koeëls wat op ons aangelê is, is dit besonder handig om dit in jou pylkoker beskikbaar te hê.
Vir perspektief haal ons een paragraaf aan uit ‘n vorige artikel op hierdie webblad wat aandui hoe ons voorberei word vir die Sosialisme.
By nou weet u waarskynlik almal van Uitkoms gebaseerde Onderwys wat in Suid Afrika in terme van akademiese toerusting klaaglik gefaal het. Akademiese opleiding was egter nooit die oogmerk met UBO nie! As dit nie die akademiese opleiding van die kind in die oog gehad het nie, wat was die oogmerk dan? Ek haal aan: “William Spady is the “father” of Outcome-Based Education (OBE), and he would write in “Future Trends: Considerations in Developing Exit Outcomes” (September 1987) that “Despite the historical trend toward intellectual enlightenment and cultural pluralism, there has been a major rise in religious and political orthodoxy, intolerance, fundamentalism, and conservatism with which young people will have to be prepared to deal”. OBE emphasizes the “group” over the individual student, and therefore perfectly fits into the movement toward Socialism. Die oogmerk dus? Die ANC se Sosialisme, waarvan hulle self geen begrip het die uiteinde sal wees nie!
Indien die beloning groot is, is die poging tot sukses groot, maar as die regime die beloning wegneem sal niemand probeer of wil probeer om sukses te bereik nie.
Dit is geen wonder dat die Suid Afrikaanse Lugdiens se boeke nie wil balanseer nie!
1) QANTAS (Australië) 32 500 werknemers vir ‘n totaal van 252 vliegtuie = 129 werknemers per vliegtuig
2) American Airlines 87 897 werknemers vir ‘n totaal van 618 vliegtuie = 142 werknemers per vliegtuig
3) Delta Airlines 106 216 werknemers vir ‘n totaal van 722 vliegtuie = 147 werknemers per vliegtuig
4) British Airways 36 832 werknemers vir ‘n totaal van 238 vliegtuie = 154 werknemers per vliegtuig
5) United Airlines 115 149 werknemers vir ‘n totaal van 710 vliegtuie = 162 werknemers per vliegtuig
6)S A Airways 55 500 werknemers vir ‘n totaal van 58 vliegtuie = 957 werknemers per vliegtuig