Dit is tog verstommend dat die blanke somtyds onder die illusie kan verkeer dat die Swart ras nie nugter dink nie. Neem nou maar die voormalige “president” Mbeki se stelling dat HIV nie VIGS veroorsaak nie en die huidige “president” wat oortuig is dat stort die geneesmiddel daarvoor is. Hierdie ongelooflike briljante beoordeling van ‘n uiters netelige probleem word egter getroef na gelang meer kennis oor die endemie beskikbaar geraak het en deur ‘n meer briljante Swart politikus in die Zimbabwe parlement verduidelik.
Ter inligting net weer ‘n paar feite van waaroor hierdie saak in werklikheid gaan: “MIV staan vir die Menslike Immuniteitsgebrek-virus terwyl Vigs staan vir die Verworwe Immuniteitsgebreksindroom. Verworwe beteken dat dit opgedoen word en nie 'n oorerflike toestand is nie. Immuniteitsgebrek is 'n toestand waar jou liggaam se natuurlike weerstand teen siektes nie meer werk nie. Sindroom is 'n patroon van siektes, in dié geval kenmerkend aan vigs.
Wat beteken MIV/vigs?
Siektes word veroorsaak deur virusse of bakterieë. Griep, polio, geelkoors, waterpokkies en masels is enkele van die siektes wat deur virusse veroorsaak word. 'n Virus val selle (die boustene van die liggaam) aan. Die virus ``eet'' as 't ware 'n sel. Namate die virus groei en vermeerder, word die selle self vernietig. Intussen kom die liggaam se ``verdedigingselle'', die sogenaamde T-helperselle (ook bekend as die CD4-selle), agter dat daar 'n ``oorlog'' in die liggaam aangaan en hulle begin die siekte beveg.
Virusse is kieskeurig oor watter selle hulle aanval. Polio kies byvoorbeeld senuselle in die ruggraat, terwyl hepatitis die lewerselle aanval. MIV kies die T-helperselle juis dié selle wat siektes moet beveg. As te veel T-selle vernietig is, kan die liggaam nie meer ander siektes beveg nie. Daarom sterf 'n vigslyer uiteindelik aan siektes wat nie 'n bedreiging is vir 'n andersins gesonde mens nie, of wat gewoonlik met medisyne genees kan word, soos tuberkulose (TB) of longontsteking (pneumonia).