SA Poskantoor op die krytvloer, (berig in Ditsem Blits)
In verskeie opsigte blyk dit dat die SA Poskantoor finansieel plat is. In die eerste plek het SA Lugdiens hul kontrak met die poskantoor opgeskort vanweë hul lang uitstaande rekening by SAL, wat beteken dat die lewering van SA pos in die buiteland gestaak word. ‘n Woordvoerder van SAL sê dat die diens hervat sal word sodra die Poskantoor hul rekening op datum kry, terwyl lg. op hul beurt sê die rekening word binne ‘n dag of twee vereffen. Die SA Poskantoor is op 7 November 2014 reeds deur Minister van Telekommunikasie en Posdienste Siyabonga Cwele onder administrasie geplaas. Intussen sê ‘n verskaffer, wat meer as R1 miljoen deur die Poskantoor geskuld word, dat die Poskantoor sy verskaffers nie sedert Oktober verlede jaar betaal het nie, as gevolg waarvan o.m. minstens ses kleinsakeverskaffers hul deure moes sluit. Voorts word berig dat die middel- en laerrange personeel van die Poskantoor sukkel om hul salarisse op tyd te ontvang.
Wat het egter in die “Nuwe Suid Afrika” oorgebly wat nie onder die Swart Kommunistiese Meerderheid en ANC beheerde regime, tot vernietiging toe, skade gely het nie?
Die Poskantoor, die Spoorweg, die Lugdiens, die Gesondheidsdienste, die Onderwys, die Weermag, die Watervoorsiening, die Suiweringswerke, Eskom en Kragvoorsiening, alle Munisipale Dienste, Landbou en die totale padnetwerk in Suid Afrika. Wat jy ookal aan kan dink is besig om met rasse skrede ten gronde te gaan terwyl die gevolge daarvan, Wet en Orde, Waardes, Standaarde en Dissipline, dienooreenkomstig verval sodat die enigste groei wat waarneembaar is, Diefstal, Roof, Moord, Verkragting, Sodomie, Kapings, Grondbesettings, korrupsie en ongekende wanorde feitlik daagliks ‘n stygende spiraal vertoon.
Waarom en hoe het dit begin, is die vraag wat by ‘n mens opkom. Hoekom was daar sedert 1948 onder Afrikanerleierskap ongekende voorspoed en vooruitgang tot by die sluipmoord op dr. Verwoerd? Ja, sekerlik het John Vorster, P.W. Botha en de Klerk van beproefde suksesvolle beginsels en beleid afgewyk, maar is dit al rede vir die verandering wat ingetree het? Net so waar is dit dat daar Internasionale magte en politieke geknoei agter die skerms betrokke was wat op geslepe en slu gekonkel met van ons eie Afrikanerleiers die politieke rigting verander het deur misleiding en uitoorlêery van die kieserpubliek wat vir ons eie ondergang by die stembus gestem het.
Vraag is nou, was die Afrikanervolk nie reeds by geboorte ‘n gelowige verbondsvolk nie? Gedenk die verbond van Jan van Riebeeck wat op hierdie webblad verskyn. Die Verbond by Bloedrivier en Paardekraal, afgesien van die talle beroepe op God ons Vader deur Trekker- en ander leiers onder moeilike omstandighede en die telkens wonderbaarlike uitredding deur God. Is dit nie waar dat die Afrikanervolk nooit beswaar gehad het teen die stelling in verskeie programme van beginsels en in veral die 1961 Grondwet, dat ons die Drie-Enige-God beskou as die beskikker van die lotgevalle van Volkere en Nasies nie?
Indien dit waar is, en ek glo dit met my hele hart, dan setel die antwoord op die bo-genoemde vrae in die Bybel, beginnende Deuteronomium 28 waar ons, soos Israel, duidelik gewaarsku word wat ons voorland is by afwyking! Vergelyk nou dit wat ons vandag in Suid Afrika beleef met wat hier onder staan en evalueer u eie lewe in die lig daarvan. Lees dan die gedeelte van vers een af en sien ook waar die oplossing lê. As leier van ‘n politieke party wat ten doel het om aan ons Afrikanervolk in hierdie oorlog sonder koeëls leiding te gee op pad na politieke vryheid, sou dit uiters onverantwoordelik wees om al die skuld op politieke gebied te soek en slegs die afgedwaalde politieke leiers daarvoor te blameer, terwyl ons as volk ‘n reuse aandeel het soos in Deuteronomium uitgewys en verifieerbaar uit die vergelykende verval rondom ons.
Laat ons dus elkeen opnuut selfondersoek doen en ons lewens in lyn bring met die riglyne uit die Woord van God, ongeag aan of in watter “kerk” u ookal verbonde is. As daar nou reeds vir meer as nege-en- veertig jaar geen samehorigheid in Afrikanergeledere bewerk kon word deur selfs van die beste leiers wat ons volk kon oplewer nie, laat ons ten minste nugter kyk na die Skepper van hemel en aarde se riglyne vir die vryheid en vrede waarna ons strewe en ons eie “slimmigheid” vir ‘n oomblik daaraan ondergeskik maak.
DEUTERONOMIUM 28:
15 Maar as jy nie luister na die stem van die HERE jou God, om sorgvuldig te hou al sy gebooie en sy insettinge wat ek jou vandag beveel nie, dan sal al hierdie vloeke oor jou kom en jou inhaal.
16 Vervloek sal jy wees in die stad, en vervloek sal jy wees in die veld.
17 Vervloek sal wees jou mandjie en jou bakskottel.
18 Vervloek sal wees die vrug van jou liggaam en die vrugte van jou land, die aanteel van jou beeste en die aanteel van jou kleinvee.
19 Vervloek sal jy wees by jou ingang, en vervloek sal jy wees by jou uitgang.
20 Die HERE sal teen jou stuur die vervloeking, die verwarring en die bedreiging in alles waar jy jou hand aan slaan, wat jy moet doen; totdat jy verdelg is en totdat jy gou tot niet gaan vanweë die boosheid van jou handelinge, dat jy My verlaat het.
21 Die HERE sal maak dat die pes jou aankleef totdat Hy jou vernietig uit die land waarheen jy gaan om dit in besit te neem.
22 Die HERE sal jou swaar tref met tering en koors en vurige koors en ontsteking en droogte en brandkoring en heuningdou; en hulle sal jou vervolg totdat jy omkom.
23 En jou hemel wat bo jou hoof is, sal koper, en die aarde wat onder jou is, yster wees.
24 Die HERE sal die reën van jou land poeier en stof maak; van die hemel sal dit op jou afkom totdat jy verdelg is.
25 Die HERE sal maak dat jy voor jou vyande verslaan word; op een pad sal jy teen hom uittrek en op sewe paaie sal jy voor hom uit vlug — en jy sal ’n skrikbeeld vir al die koninkryke van die aarde word.
26 En jou lyke sal as voedsel dien vir al die voëls van die hemel en vir die diere van die aarde sonder dat iemand hulle skrikmaak.
27 Die HERE sal jou swaar tref met swere van Egipte en met geswelle en skurfte en uitslag waarvan jy nie kan gesond word nie.
28 Die HERE sal jou slaan met kranksinnigheid en blindheid en sinsverwarring,
29 sodat jy op die middag sal rondtas soos die blinde in die donker rondtas, en in jou weë sal jy geen voorspoed hê nie; maar jy sal altyddeur net verdruk en beroof wees sonder dat daar ’n helper is.
30 Jy sal jou met ’n vrou verloof, maar ’n ander man sal haar skend; ’n huis sal jy bou, maar daarin nie woon nie; ’n wingerd plant, maar dit nie in gebruik neem nie.
31 Jou bees word voor jou oë geslag, maar jy sal daarvan nie eet nie; jou esel word voor jou weggeroof en sal na jou nie terugkom nie; jou kleinvee word aan jou vyande gegee sonder dat daar vir jou ’n helper is.
32 Jou seuns en jou dogters word aan ’n ander volk gegee, terwyl jou oë dit sien en die hele dag na hulle smag sonder dat jy daar iets aan kan doen.
33 Die vrugte van jou land en al jou werk sal ’n volk eet wat jy nie ken nie; en jy sal altyddeur net verdruk en hard behandel word.
34 En jy sal kranksinnig wees vanweë die gesig van jou oë wat jy sal sien.
35 Die HERE sal jou tref met bose swere aan die knieë en aan die bene — waarvan jy nie gesond kan word nie — van jou voetsool tot jou skedel.
36 Die HERE sal jou en jou koning wat jy oor jou sal aanstel, na ’n nasie laat gaan wat jy en jou vaders nie geken het nie; en daar sal jy ander gode, hout en klip, dien.
37 En jy sal ’n voorwerp van verbasing, ’n spreekwoord en ’n spot wees onder al die volke waarheen die HERE jou sal wegvoer.
38 Jy sal baie saad op die land uitbring, maar min insamel; want die sprinkaan sal dit afeet.
39 Wingerde sal jy plant en bewerk maar geen wyn drink of wegbêre nie; want die wurm sal dit opeet.
40 Olyfbome sal jy hê in jou hele grondgebied, maar jy sal jou nie met olie salf nie; want jou olywe sal afval.
41 Seuns en dogters sal jy verwek, maar hulle sal vir jou nie wees nie; want hulle sal in gevangenskap gaan.
42 Al jou bome en die vrugte van jou land sal die sprinkaan in besit neem.
43 Die vreemdeling wat by jou is, sal hoër en hoër oor jou opklim; en jý sal laer en laer afsak.
44 Hý sal aan jou leen, maar jý sal aan hom nie leen nie; hy sal die kop en jy die stert wees.
45 En al hierdie vloeke sal oor jou kom en jou agtervolg en jou inhaal totdat jy verdelg is, omdat jy nie geluister het na die stem van die HERE jou God om sy gebooie en sy insettinge wat Hy jou beveel het, te hou nie;
46 en hulle sal by jou ’n teken en ’n wonder wees, en by jou nageslag tot in ewigheid.
47 Omdat jy die HERE jou God nie met vreugde en vrolikheid van hart weens die oorvloed van alles gedien het nie,
48 sal jy jou vyand wat die HERE teen jou sal stuur, dien in honger en in dors en in naaktheid en in gebrek aan alles; en hy sal ’n ysterjuk op jou nek sit totdat hy jou verdelg het.
49 Die HERE sal teen jou ’n nasie bring van ver, van die einde van die aarde af, soos ’n arend vlieg — ’n nasie wie se taal jy nie verstaan nie,
50 ’n nasie hard van aangesig, wat ’n grysaard nie ontsien en vir ’n seun geen genade het nie.
51 En hulle sal die vrug van jou vee en die vrugte van jou land opeet totdat jy verdelg is; wat vir jou geen koring, mos of olie, aanteel van jou beeste of aanteel van jou kleinvee sal laat oorbly totdat hulle jou tot niet gemaak het nie.
52 En hulle sal jou in benoudheid bring in al jou poorte totdat jou hoë en versterkte mure val waarop jy in jou hele land vertrou het; ja, hulle sal jou in benoudheid bring in al jou poorte in jou hele land wat die HERE jou God jou gegee het.
53 En jy sal die vrug van jou liggaam eet, die vlees van jou seuns en jou dogters wat die HERE jou God jou gegee het, in die beleëring en in die benoudheid waarmee jou vyand jou benoud sal maak.
54 Die vertroetelde en baie verwénde man by jou — sy oog sal sy broer en die vrou wat hy liefhet, en sy orige kinders wat hy nog behou het, skeef aankyk;
55 sodat hy aan geeneen van hulle iets sal gee van die vlees van sy kinders wat hy eet nie, omdat daar vir hom niks anders oorgelaat is in die beleëring en in die benoudheid waarmee jou vyand jou in al jou poorte benoud sal maak nie.
56 Die vertroetelde en verwénde vrou by jou wat van verwendheid en weekheid nooit probeer het om haar voetsool op die grond neer te sit nie — haar oog sal die man wat sy liefhet en haar seun en haar dogter skeef aankyk,
57 ook haar nageboorte wat tussen haar voete uitgaan, en haar kinders wat sy sal baar; want sy sal dit stilletjies eet by gebrek aan alles in die beleëring en in die benoudheid waarmee jou vyand jou in al jou poorte benoud sal maak.
58 As jy nie sorgvuldig al die woorde van hierdie wet hou wat in hierdie boek geskryf is, om hierdie heerlike en gedugte Naam, die HERE jou God, te vrees nie,
59 dan sal die HERE oor jou en oor jou nageslag buitengewone plae bring, groot en aanhoudende plae, en kwaadaardige en aanhoudende siektes;
60 en Hy sal weer op jou bring al die kwale van Egipte waarvoor jy bang was, sodat hulle jou aanklewe.
61 Ook allerhande siektes en allerhande plae wat in die boek van hierdie wet nie geskrywe is nie, dié sal die HERE teen jou laat opkom totdat jy verdelg is.
62 En julle sal met min mense oorbly, in plaas dat julle gewees het soos die sterre van die hemel in menigte, omdat jy nie geluister het na die stem van die HERE jou God nie.
63 En soos die HERE oor julle bly was om aan julle goed te doen en julle te vermenigvuldig, so sal die HERE oor julle bly wees om julle tot niet te maak en julle te verdelg; en julle sal uitgeruk word uit die land waarheen jy gaan om dit in besit te neem.
64 En die HERE sal jou verstrooi onder al die volke, van die een einde van die aarde tot by die ander einde van die aarde; en daar sal jy ander gode, hout en klip, dien, wat jy en jou vaders nie geken het nie.
65
En onder dié nasies sal jy geen rus hê nie, en vir jou voetsool sal daar geen rusplek wees nie; maar die HERE sal jou daar ’n bewende hart gee en smagtende oë en ’n kwynende siel.
66 En jou lewe sal voor jou aan ’n draad hang, en jy sal nag en dag skrik en van jou lewe nie seker wees nie.
67 In die môre sal jy sê: Ag, was dit maar aand! En in die aand sal jy sê: Ag, was dit maar môre! — vanweë die skrik van jou hart wat jou sal aangryp, en vanweë die gesig van jou oë wat jy sal sien.
68 En die HERE sal jou op skepe na Egipte terugbring, op die pad waarvan ek vir jou gesê het: Jy sal dit verder nie meer sien nie; en daar sal julle aan jul vyande as slawe en slavinne verkoop word, maar daar sal geen koper wees nie.