2 Petrus 1:3-21
“Daarom, broeders, moet julle jul des te meer beywer om julle roeping en verkiesing vas te maak; want as julle dit doen, sal julle nooit struikel nie.”(:10)
Die gedeelte in vers 10 herinner ons daaraan dat ons gedurig besig moet wees met ons verhouding met God en ons geloofslewe op ‘n deurlopende grondslag moet versterk. Hierdie lewenswyse sal tot die behoud en versterking van ons geloof dien wat ons van struikeling sal bewaar.
Die opskrif van die gelese gedeelte, nl. “Vermaning om die Christelike deugde in beoefening te bring”, is opsommend van ‘n groot boodskap wat deur die hele Nuwe Testament verkondig word. Die boodskap dat ons geloof nie maar bloot in woorde bely kan word nie, maar dat ons gedryf moet word deur ‘n opregte liefde en dankbaarheid teenoor Jesus Christus om ons geloof uit te leef.
Dit is duidelik dat die organisasie Beerating Solutions op kundige wyse gebruik maak van die onderstaande uitlatings van die Departement van Handel en Nywerheid se Lionel October en Zuma, om kliënte te werf. Geld as lokmiddel is egter deurgaans in die wêreld se geskiedenis die bron van euwel en behoort nie die rede te wees waarom ‘n mens jou by hierdie voorgestelde rasseintegrasie op sakegebied te laat intrek nie. BEE is buitendien niks anders as 'n Aasvoël benadering nie, ongeag wat daaroor gesê word, want die doel heilig die middel!
Behalwe vir die geld sal daar in elk geval geen ander sinvolle bydrae uit so ‘n ooreenkoms voortkom wat ‘n bydrae sal maak tot die toekomstige voortbestaan van so ‘n onderneming wat, behalwe vir die geld en staatskontrakte, homself moet voortsleep met parasitiese aanhangsels wat besluitneming benadeel en korruptiewe potensiaal wat later, indien nie reeds vroeër, die kop sal uitsteek.
Mag ons Afrikaner entrepreneurs daarvan bewaar word!
CREATION OF 100 BLACK INDUSTRIALISTS GAINING TRACTION
ierdie ontleding van ‘n sekere JP van Boere Krisis Aksie het op die AVP se lessenaar beland en bevat bruikbare inligting. Hoewel die AVP al geruime tyd berig het van City Press se artikel, is die inligting oor die aantal kragbronne, waar dit geleë is en wat hulle dryfmiddels is, interessante inligting.
Boere Krisis Aksie (B.K.A.)
(JP) TOTAL BLACKOUT.
Wie en wat is ESKOM? Hoeveel kragsentrales het ons? Wat is n TOTAL BLACKOUT? Wat is die kans dat Suid Afrika deur n TOTAL BLACKOUT getref kan word? Hoe gebeur n TOTAL BLACKOUT? Die gevare van n TOTAL BLACKOUT.
Die AVP is geamuseerd oor die DA se verklaring wat deur Ditsem Blits gepubliseer is. Was dit dan nie die DA wat sedert sy voorgangers van die SAP, reeds in die twintiger jare, geywer het om Afsonderlike Ontwikkeling in die doofpot te kry en die Politieke mag in die hande van die swart meerderheid Kommuniste te besorg, wat nou kerm nie? Wat het hulle nou regtig verwag om te kry?
Hulle beroeping op die grondwet is ‘n belagging en terselfdertyd ‘n bespotting van hulle politieke insig en vermoë om die grondwet te vertolk. Om byvoorbeeld te verklaar dat hulle teen die wetsontwerp in sy huidige vorm gekant is, impliseer dan ook duidelik dat dit in ‘n ander vorm vir hulle aanvaarbaar sou wees, ongeag of dit vir die Afrikanervolk wat die regmatige eienaar van Suid Afrika is, aanvaarbaar is! Die enigste verskil tussen hierdie twee vyande van die Afrikanervolk, is dat die een swart van buite is en die ander swart van binne. Kleur bly dus ‘n onderskeidingsfaktor al ontken die hele wêreld dit!
Hábakuk 3:1-19
“Alhoewel die vyeboom nie sal bloei en aan die wingerdstokke geen vrug sal wees nie, die drag van die olyfboom sal teleurstel en die saailande geen voedsel oplewer nie, die kleinvee uit die kraal verdwyn en geen beeste in die stalle sal wees nie – nogtans sal ek jubel in die HERE, ek sal juig in die God van my heil. Die HERE Here is my sterkte, en Hy maak my voete soos dié van herte, en Hy laat my tree op my hoogtes. Vir die musiekleier op snaarinstrumente.”
Dit is maklik om in tye van voorspoed lofprysinge te uiter en oor die goedheid van God te praat, aangesien ons dit eerstehands ervaar. Wanneer die lewe egter vir ons ‘n bietjie moeilik raak, om dit lig te stel, word die diepte van ons geloof egter gemeet. Daar word in hierdie tye bepaal of ons geloof maar net oppervlakkig is – tot daar waar dit m.a.w. vir ons voordelig is. Aanbid en loof ek God bloot vir dit wat ek van Hom kan ontvang, of dien ek Hom waarlik uit liefde wat diep wortel geskiet het en dus ook groei?
As daar van ons volksgenote is wat die mening toegedaan is dat die ANC nou omtrent al alles gedoen het wat moontlik is om die Afrikaner te laat afsien van sy Afrikanerskap, volkskap en sy land Suid Afrika, wag daar ernstige ontnugtering.
Die bewys daarvoor setel in slegs ‘n paar onlangse gebeure en uitsprake wat kommer behoort te verwek. Al die “gerusstellende” en paaiende uitsprake en optredes van ons volksvyandige karakters, wat ook Afrikaansprekendes insluit, word nou vinnig na die vergetelheid gedwing en vervang met blatante anti Afrikaner uitlatings en voorstelle.
SABC gaan byvoorbeeld ophou om nuus in Afrikaans uit te saai, die Oranje Vrystaat se naam moet verander, die Belharpolitiek moet in die kerk aanvaar word, Zuma volhard in sy oproep om grondeise te bespoedig en te vermeerder en swart bemagtiging gaan afgedwing word.
Geheime organisasies, die geldmag en die Illuminati wat in politieke terme feitlik sinoniem is en waarna gereeld verwys word wanneer gebeure internasionaal en plaaslik nie ‘n duidelike oorsprong het nie, word allerweë as die bron van alle kwaad in die politiek beskou.
Dat daar weinig indien nie een ingeligte politiekbelangstellende persoon is wat nog nie daarvan gehoor het nie, is ‘n feit. Of almal egter besef dat diegene wat op aarde daarmee besig is in diens staan van magte buite die waarneming van wat sigbaar, tasbaar en hoorbaar is, is ook ‘n feit en waarskynlik die grootste oorsaak van swak en gladnie toegeruste weerstand teen hierdie kragte wat daagliks teen ons aangewend word nie.
Rense.com
Illuminati Defector Details Pervasive Conspiracy: Satanic Cult Plans 'Fourth Reich'
By Henry Makow, Ph.D
If you detect the devil's hand in current events, you may be closer to the truth than you think.