1 Samuel 12:1-25
“Vrees net die HERE en dien Hom getrou met julle hele hart; want kyk watter groot dinge Hy by julle gedoen het.”(:24).
Een van die grootste ketterye wat in die “moderne samelewing” verkondig word, is myns insiens dat geloof in God ‘n uitdaging is wat jy moet regkry waarna jy kan aangaan met die res van jou lewe. Die indruk word by mense geskep dat jy deur belydenis van jou geloof met lippetaal die saak van jou saligheid afhandel en jou verhouding met God hierdeur verseker. Hierdie mistasting is geweldig gevaarlik en sal aanleiding gee daartoe dat jy gedurigdeur in jou lewe sal mistas en rondtas na die waarheid.
Die Waarheid is Jesus Christus alleen wat vir ons die Weg en die Waarheid en die Lewe is. Hy is die Weg na ons ewige saligheid en dus moet ons na ware bekering die res van ons lewe op aarde met Hom en agter Hom aanstap. Ons maak nie bloot kennis met Hom en stap dan maar die weg op aarde wat ons graag wil inslaan nie, want daar is geen ander weg na ewige saligheid in ons lewens hierna as juis deur Hom nie. Alleen agter Hom aan sal ons die waarheid ken wat ons sal vrymaak.
DIE STAATKUNDIGE GEREFORMEERDE PARTY GOUDA HOU 'N INDRUKWEKKENDE REDEVOERING VIR
VOLTALLIGE RAAD
Mnr. Versteeg: "As SGP raadslid kan ek nooit vir 'n moskee stem waarin 'n godsdiens word bely wat die bestaan van Jesus as Gods Seun loën en verwerp".
Op Maandag 1 Desember 2014 het hier 'n artikel verskyn oor 'n moskee wat glo in die Suid Hollandse stad Gouda gebou sou word. Ons het toe sowel die faksievoorsitter van die Staatkundige Gereformeerde Party as 'n woordvoerder van die organisasie 'Gouda Noord Zoals dat Hoort' gevra hoekom daardie moskee in 'n woonwyk moes kom. Op Woensdag 4 Maart 2015 het ons die heugelik nuus bereik dat die liberale van die VVD faksie teëngestem het. Volgende week sal glo die ChristenUnie ook teëstem. Ons vra in die Nederlands aan meneer Versteeg wat sedert Desember gebeur het.
Alhoewel hierdie stellings hieronder al in verskeie vorme op ander plekke verskyn het, is dit tog belangrik om weer na die logika daarvan te kyk omdat ons in Suid Afrika intens daaraan blootgestel is. As deel van ons wapenrusting in die oorlog sonder koeëls wat op ons aangelê is, is dit besonder handig om dit in jou pylkoker beskikbaar te hê.
Vir perspektief haal ons een paragraaf aan uit ‘n vorige artikel op hierdie webblad wat aandui hoe ons voorberei word vir die Sosialisme.
By nou weet u waarskynlik almal van Uitkoms gebaseerde Onderwys wat in Suid Afrika in terme van akademiese toerusting klaaglik gefaal het. Akademiese opleiding was egter nooit die oogmerk met UBO nie! As dit nie die akademiese opleiding van die kind in die oog gehad het nie, wat was die oogmerk dan? Ek haal aan: “William Spady is the “father” of Outcome-Based Education (OBE), and he would write in “Future Trends: Considerations in Developing Exit Outcomes” (September 1987) that “Despite the historical trend toward intellectual enlightenment and cultural pluralism, there has been a major rise in religious and political orthodoxy, intolerance, fundamentalism, and conservatism with which young people will have to be prepared to deal”. OBE emphasizes the “group” over the individual student, and therefore perfectly fits into the movement toward Socialism. Die oogmerk dus? Die ANC se Sosialisme, waarvan hulle self geen begrip het die uiteinde sal wees nie!
Indien die beloning groot is, is die poging tot sukses groot, maar as die regime die beloning wegneem sal niemand probeer of wil probeer om sukses te bereik nie.
Dit is geen wonder dat die Suid Afrikaanse Lugdiens se boeke nie wil balanseer nie!
1) QANTAS (Australië) 32 500 werknemers vir ‘n totaal van 252 vliegtuie = 129 werknemers per vliegtuig
2) American Airlines 87 897 werknemers vir ‘n totaal van 618 vliegtuie = 142 werknemers per vliegtuig
3) Delta Airlines 106 216 werknemers vir ‘n totaal van 722 vliegtuie = 147 werknemers per vliegtuig
4) British Airways 36 832 werknemers vir ‘n totaal van 238 vliegtuie = 154 werknemers per vliegtuig
5) United Airlines 115 149 werknemers vir ‘n totaal van 710 vliegtuie = 162 werknemers per vliegtuig
6)S A Airways 55 500 werknemers vir ‘n totaal van 58 vliegtuie = 957 werknemers per vliegtuig
Indien daar tog nou en dan ‘n bepaling op die wetboek deurglip waarvoor daar nie ‘n skuiwergat beplan is nie en die een of ander “staatshoof” daardeur volgens hom benadeel word, is daar tog nog ‘n oplossing. Sou so ‘n staatshoof se teeparty in die hof slaag met ‘n aksie teen hom, is die oplossing eenvoudig! Stuur hulle almal saam met die uitspraak warmplek toe! Daarmee is die saak dan afgehandel mits die uitvoerende gesag in sy greep is en daar vir die lojaliteit vergoed kan word.
As daar enige twyfel bestaan het oor waar die oorwig van mag in Afrika setel, by die staat of by die reg, lees dan die berig hier onder en bedink sommer ook die toestand in Suid Afrika.
ZIMBABWEAN COURTS CHALLENGED BY MUGABE’S BLATANT DISREGARD OF THEM
Die skokkende besef dat die banke gaan weier om finansiering te verskaf op eiendom waarop ‘n grondeis hangende is en die effek wat dit op die koop, verkoop en verbandlenings gaan hê, het soos ‘n donker wolk oor inwoners van Pretoria toegesak.
Die gelatenheid van blankes oor die gebeure wat gevolg het op F.W. de Klerk se “rooi Vrydag” aankondiging dat hy Suid Afrika gaan uitverkoop, se gevolge is nou vinnig besig om gestalte te kry in die vorm van totale verslaentheid.
Die towerwoorde wat mense “gemesmeraais” het om te glo dat die NP nooit die Afrikanervolk sal uitverkoop nie, naamlik détente, konsensus en onderhandeling realiseer nou in die werklike en tasbare betekenis van die bedoeling daarvan. Uiteindelik sal dit uitloop op onteiening sonder vergoeding wat kennelik meer as net plaasgrond in die oog het. Kyk veral na die ontstaan van die woord detente wat John Vorster so graag gebruik het: “Détente (French pronunciation: [detɑ̃t], meaning "relaxation") is the easing of strained relations, especially in a political situation.
The term is often used in reference to the general easing of the geo-political tensions between the Soviet Union and the United States which began in 1969, as a foreign policy of U.S. presidents Richard Nixon and Gerald Ford called détente; a "thawing out" or "un-freezing" at a period roughly in the middle of the Cold War. Détente was known in Russian as разрядка ("razryadka", loosely meaning "relaxation of tension").
Johannes 1:1-14
Dit is belangrik om tydens die lees van hierdie gedeelte ook die Skeppingsverhaal in gedagte gehou. Wanneer ons laasgenoemde doen, leer ons dat Jesus Christus nie eers “ontstaan” het tydens Sy geboorte uit die maagd Maria nie, maar dat Hy tydens hierdie gebeurtenis eerder mens (vlees) geword het en na die aarde gekom het.
Wanneer ons in vers 1 lees dat die Woord by God was, besef ons dus dat God deur Sy Seun, Jesus Christus, die aarde geskape het, want Hy het deur die Woord geskape. As Skepper van die aarde, sou ‘n mens tog verwag dat die skepsel en alles daarop en daarin Hom sou verheerlik en dien wat dit geskape het. Laasgenoemde was tog sekerlik die bedoeling, maar deur die listige slang wat genoem word duiwel en satan, is daar opstand teen God bewerkstellig.Die opstand teen God en Sy Koninkryk het tot gevolg gehad dat daar ‘n voortdurende stryd tussen God se Koninkryk en Satan en sy volgelinge en magte sou wees. Ons sien vandag hoe hierdie magte van die satan oorlog voer in volle swang en hoe geestelike oorlogvoering menige mense oorweldig in hul lewens en hul in ellende dompel. Een van die gevaarlikste taktieke wat die satan gebruik in sy oorlogvoering teen die mens hier op aarde, is om die kulkunsie van nabootsing te gebruik. Die satan doen homself voor as ‘n engel van die lig, terwyl die uiteinde van sy misleiding slegs weë van die dood is.