Galásiërs 1:6-24
“EK verwonder my dat julle so gou afvallig word van hom wat julle deur die genade van Christus geroep het, na ‘n ander evangelie toe, terwyl daar geen ander is nie; behalwe dat daar sommige mense is wat julle in die war bring en die evangelie van Christus wil verdraai.” (vers6&7). 
In die dae van die apostels was dit al praktyk vir menige mense om die evangelie van Christus te probeer aanwend tot hul eie voordeel. Hierdie mense sou die evangelie nie gebruik tot lering en stigting nie, maar sou dit verdraai om hulle eie menslike sienswyses te probeer regverdig of selfs geloofwaardigheid te probeer gee. In ons huidige samelewing is daar min slinkse verdraaiing van hierdie evangelie van Christus wat in ons volkslewe, ons land, maar ook wêreldwyd soveel vernietiging aangerig het as die sataniese dwaalleer van HUMANISME. Daardie afgodediens wat die mens verhef tot ‘n wese bo God wat die mens totaal en al laat vergeet van sy verantwoordelikheid terwyl dit in die proses dieselfde mens wysmaak dat hy die REG tot al meer VOORREGTE het en dit terwyl die verantwoordelikhede minder gemaak word! Dit maak amper soveel sin om iemand aan te spoor om hard te werk deur hom te verseker dat hy al hoe minder betaal sal word elke keer wanneer hy bevorder word.
Toe ek op skool was was daar 'n popliedjie met die naam The Night Chicago Died. Dit het gehandel oor die nag toe Chicago, 'n groot stad in die VSA, deur misdaad geteister was. Daar was natuurlik baie ander soortgelyke voorvalle later in die VSA, soos in Kalifornië en in New York. In laasgenoemde gevalle het dit gepaard gegaan met kragonderbrekings. Feit is; chaos breek beslis uit as die ligte afgaan. Uiteraard het ons jongklomp nooit 'n dag kon indink wat dit in ons land sou gebeur nie.
Wel, Suid-Afrika staan op die punt om so 'n dag (en waarskynlik eerder dae en weke) tegemoet te gaan. Wat lê vir ons voor die deur?
Kom ons kyk 'n bietjie na die gevolge van 'n langdurige kragonderbreking. Nie almal het kragopwekkers nie. En kragopwekkers is in elk geval duur en onvoldoende in meeste gevalle om stowe en yskaste aan die gang te hou. Dus, die vleis gaan vrot word en die melk suur word. Maar dis nie al nie. Besighede maak toe want hulle kan nie meer winsgewend sake doen nie. Dit is 'n ekonomiese ramp wat voorlê. Maar veel erger is die misdaad wat gaan hoogty vier in die donker!
Wat is verkeerd met hierdie twee stellings op die voorblad van Beeld van Woensdag 4 Februarie?
In die eerste stelling, word die opskrif “ras-gif verteer Suid Afrika” deur die skrywer van die artikel, Alicestine October afgelei uit die gesamentlike gesanik van beide de Klerk en Kgalema Motlanthe oor, die “nuwe” (bid jou aan) vlaag van rassisme, wat as dit nie hokgeslaan word nie, dit alles ongedaan kan maak wat die afgelope kwarteeu bereik is.
Die AVP se kritiek teen hierdie soort joernalistiek is die Charlie Hebdo benadering om dit wat Godgeskape is, te vergif met die kranksinnig-liberale uitgangspunt om dit wat reg en waar is te verketter. Ras is deur God geskep en hoe dit nou ookal deur die media vergiftig wil word, sal dit nooit weggaan nie en ook nie die doel waarom God dit so gewil het nie! Geskiedenis het dit oor en oor bewys en die huidige toestand van Suid Afrika het dit sedert 2 Februarie met akklamasie bevestig! Die uiters swak en onoortuigende pogings van de Klerk en kie om dit wat hulle sedert 2 Februarie 1990 aangevang het te probeer regverdig, sal niks daaraan verander nie.
By nadere bestudering van die Freedom Charter is dit duidelik dat die ANC en sy kaders Suid Afrika gaan plunder totdat daar net ‘n beeld oorbly van ‘n land wat deur ‘n sprinkaanswerm toegesak is, kaalgevreet en skoongestroop van sy opbrengs en selfs sy vermoë om verder te produseer.
Wat vinnig en onomkeerbaar herverdeel kan word is natuurlik geld. Of dit nou deur korrupsie, bedrog, diefstal, wanbesteding of salarisverhogings geskied maak werklik nie saak nie. Dat daar egter elke jaar minder en minder vordering met dienslewering en instandhouding in Suid Afrika gemaak word, is vir almal waarneembaar.
Volgens Statistiek Suid Afrika is daar ook boonop ‘n waarneembare toename in armoede in Suid Afrika, maar dit verhoed nie die regime om hulle salarisse steeds aan te pas en ‘n glasie daarop te klink nie! Dat FW de Klerk in sy herdenkingstoespraak oor 2 Februarie 1990 se “politieke-pêrel-voor-die-varke” handeling bereid is om te sê: ...”there are some problems, said De Klerk. This includes rampant crime, corruption in high places, a hugely under-performing education system….” Dat hy, al sou hy dit geweet het, ten spyte daarvan steeds die 1990 toespraak sou gehou het, is betekenisvol! Die gevolge van elkeen van die “problems” (slegs ‘n paar van legio), wat hy hier noem is so skrikwekkend vernietigend dat die motivering vir só ‘n stelling beslis nie in blote oortuiging gevind sal word nie.
Die woordkeuse van F.W. de Klerk in sy toespraak by die 25ste herdenking van sy politieke misvatting van 2 Februarie 1990, is waarskynlik sonder dat hy dit so bedoel het, so beskrywend van die betekenis van sy optrede op daardie dag, dat ons dit nie beter kan stel nie.
FW sê dat dit sy voorreg was om daardie dag deur die venster te spring om apartheid van die tafel af te vee. In Johannes 10 vers 1 word dié handeling só beskryf: JOHANNES 10:1
“VOORWAAR, voorwaar Ek sê vir julle, wie nie by die deur in die skaapstal ingaan nie, maar van ’n ander kant af inklim, hy is ’n dief en ’n rower. “
Die Afrikanervolk is op daardie dag beroof van die politieke beheer oor ons land, van ons eie skole, eie woongebiede, van wet en orde, van beskaafde norme en ons selfrespek. Op die vooraand van die algehele ineenstorting van Suid Afrika se kragvoorsieningsnetwerk verklaar hierdie rower: “While South Africa today is a proud member of the international community, there are some problems, said De Klerk.
This includes rampant crime, corruption in high places, a hugely under-performing education system and a significant HIV/Aids problem.”
Asof hy nou regtig geen aandeel het in die verval wat sy “vensterspringery” tot gevolg gehad het nie, bevlek die bloed van ons vermoorde volksgenote die bodem van ons land en is hospitale en huise vol van fisies en geestelik verminkte siel en liggaam van letterlik duisende Afrikaners en ander wat hy wou “vrywaar” van ‘n bloedbad, het hy homself probeer verontskuldig.
PRESS RELEASE RE SUPPOSED "FRAUD" BY CLIVE DERBY-LEWIS
We have noted Minister of Correctional Services (DCS) minister Masutha's latest remarks in the press and on television that there is the "possibility" of Clive Derby-Lewis committing fraud and "if any fraud is found, Derby-Lewis will be charged", declared the minister. Any old red herring will do to deflect from the fact that Clive Derby-Lewis has terminal cancer, that his lung condition is "inoperable" and that his cancer has spread to his adrenal gland. He should have been granted medical
parole, and if there is any fraud in existence, perhaps some people should look in the mirror.
The three reasons given by the Minister for not granting medical parole are spurious.
Firstly, remorse is not a criteria for the granting of medical parole. But for the record, and for the Minister's edification, Clive expressed remorse
publicly during the TRC hearings at the end of the nineties, and this is on public record. Clive asked to speak to Mrs. Hani on more than one occasion
and Adv. George Bizos, acting for the Hani family, refused.
Die AVP het onlangs verwys na die skok van 35 minute se kragonderbreking in 1947 wat ‘n skokgolf deur die land gestuur het. Nou verwys City Press na ‘n vergadering wat ESKOM met die “kabinet” belê het met die waarskuwing dat die kragnetwerk moontlik in duie kan stort. Dit kan dan minstens twee weke neem om die stelsel weer aan die gang te kry.
Wat interessant is, is die Amerikaners wat gereed maak om te ontruim terwyl Zuma en sy “kabinet na ‘n onbekende veilige plek geneem word en die weermag ontplooi word om sekere sleutelpunte, veral die reserwe bank en SABC hoofkantoor gaan beskerm in dié twee weke van donkerte!
Waarvoor vrees hulle? Begryp hulle dat die ineenstorting van die elektriese kragnetwerk van Suid Afrika ‘n toonbeeld is van hulle onvermoë om oor die land te regeer en dat die Afrikaner en/of die swart inwoners van die land nou genoeg van hulle geploeter gehad het?
Hoe dit ookal sy, die AVP stel voor dat u die onderstaande berig lees en voorsiening maak om vir ‘n tyd lank sonder krag oor die weg te kom en dat u terselfdertyd voorbereidings tref om na u gesin en omgewing se veiligheid om te sien.