Terwyl daar vir baie jare reeds op die mees brutale en diktatoriale wyse gepoog word om die Afrikanervolk in die algemeen en nou ook weer in besonder Clive Derby Lewis in Suid Afrika uit te wis ten aanskoue en aanhore van die hele vrye wêreld daarbuite, is daar blankes wat steeds met hierdie vyande wil onderhandel!
Met die onsinnigste en duidelik politiesgemanipuleerde argumente oor waarom Lewis nie parool toegestaan word nie, in teenstelling met Eugene de Kock, boesemvriend van die uitgesproke en selferkende ateïs Piet Croucamp wie se parool goedgekeur is deur die “bekwame” en “onpartydige minister” van Justisie en Korrektiewe Dienste, is daar jou werklik waar mense wat dink dat jy met sulke objekte kan onderhandel!
Hoe polities bankrot moet ‘n mens wees as jy in die veelvuldige bewyse uit jou volk se eeuelange geskiedenis die vyandigheid ervaar het en dan nog in die ontplooiing van die ANC/SAKP/COSATO se Swart Kommunistiese Meerderheidsregime van die afgelope 20 jaar se openlike vyandige aanslag op ons volk, steeds verklarings uitreik oor die verbreding van mandaat ten einde met groter gesag by hierdie vyande van die Afrikanervolk te gaan bakhand staan vir ‘n stukkie van ons eie Godgegewe erfenis wat de Klerk en sy regering op verraderlike wyse vir hulle gegee het.
Met die afsterwe van koning Abdullah van Saoedi-Arabië, het 'n spektakel hom afgespeel wat die gewone man op straat weer eens, in sy onkunde, misgekyk het. En hoe jammer tog, gesien die ware toedrag van sake.
Saoedi-Arabië is die grootste produsent en uitvoerder van olie in die wêreld. Dit was al rede genoeg vir Barack Obama, David Cameron, prins Charles, Frankryk se Hollande, Afghanistan se president Ghani, Spanje se koning Felipe VI, die Turkse president Erdogan en Pakistan se eerste minister, Sharif om hulle na Riyadh te haas toe die 79-jarige koning Salman ingesweer is as Abdullah se opvolger.
Maar hoe lyk hierdie koninkryk? Saoedi-Arabië is 'n absolute en brutale diktatorskap. Die staat is vernoem na die koninklike Saud-familie wat die olierykdom en gevolglik ook die staat vir hulleself ingepalm het. Nou word die land as hulle eie beskou en dienooreenkomstig bestuur. Hierdie beheer geskied deur grootskaalse onderdrukking van die res van die bevolking, waarskynlik die ergste in die wêreld. Geen politieke teenstand word geduld nie en daar is geen opposisie nie en ook geen vakbonde nie
Jeremia 17:1-18
Vers 7 van die gelese gedeelte lui “Geseënd is die man wat op die HERE vertrou, en wie se vertroue die HERE is.”
Een van die kernboodskappe wat regdeur die Woord van die Here aan elke man gegee word is dat ‘n mens nooit jou vertroue op mense moet plaas nie, want mense stel teleur, mense verander, maar selfs die getroue en standvastige mense wat navolgingswaardig is, is verganklik. Wanneer selfs hierdie goeie en standvastige leiers wegval, moet ‘n mens steeds na God kan kyk vir leiding.
Met ‘n vaste geloofsvertroue in God is ons volk gevestig hier aan die Suidpunt van Afrika. A.g.v. ‘n vaste geloofsvertrou in en liefde vir God, het ons voorouers uit Europa gevlug na Suid-Afrika om hier in die wildernis te kom soek na ‘n tuiste. Met ‘n vaste geloofsvertroue het ons voorouers die binneland ingetrek, die wildernis onderwerp en ‘n beskawing gevestig waar ons nageslagte ons God kon dien en aanbid. Hierdie vaste geloofsvertroue het God se rykste seën oor ons gebied, soos wat Hy beloof, en ons as volk is selfs geseënd met Godvresende volksleiers wat ons volk oor hoogtes laat beweeg het, waarvan ons kwalik sou kon droom.Christene word gereeld deur die Joods-beheerde media vertel hoe groot gevaar die Islam is. Islam is volgens hierdie propaganda ons grootste vyand. Dit is natuurlik 'n flagrante leuen.
Kom ons kyk wat sê Alexander Solzhenitsyn in sy boek 200 Years Together, die laaste boek voor sy dood:
You must understand. The leading Bolsheviks who took over Russia were not Russians. They hated Russians. They hated Christians. Driven by ethnic hatred they tortured and slaughtered millions of Russians without a shred of human remorse...It cannot be overstated. Bolshevism committed the greatest human slaughter of all time. The fact that most of the world is ignorant and uncaring about this enormous crime is proof that the global media is in the hands of its perpetrators.
U mag ekonomie op universiteit bestudeer het, ’n ekonoom geword het en “briljante” voorspellings, ontledings en voorleggings kan voorhou oor verwagte rentekoers bewegings, verwagte inflasie syfers en ekonomiese groeipatrone, resessies, depressies en dies meer. Maar wat van die onbeantwoorde vrae oor die werklike beginsels wat toegepas word wat nie die man in die straat bevoordeel nie maar wel die plaaslike en internasionale bankiers en aandeelhouers in die finansiële instellings?
Dit was Majoor Clifford Hugh Douglas (1879-1952) wat die beginsel waaroor die vraag hierbo gestel is en vandag nog geld, só gedefinieer het: “As the situation stands at present, the banker is in a unique position. He is probably the only known instance of the possibility of lending something without parting with anything and making a profit on the transaction, obtaining in the first instance his commodity free.”
“The root of the evil accruing from the system is in the constant filching of purchasing power from the individual in favour of the financier…Banking, as it is presently operated is: the most colossal lucrative fraud that has ever been perpetrated on society.” Die bogenoemde stelsel is veral verantwoordelik vir inflasie en werkloosheid en die AVP sal mettertyd meer breedvoerig hieroor berig.
Wat ‘n skokkende ervaring! 35 minute sonder krag! ‘n Hele stad tot stilstand! Hierdie koerantuitknipsel van 1947 het op ons lessenaar geland en is net te goed om te ignoreer.
Dink vir ‘n oomblik dat so iets ons in hierdie moderne eeu moes tref. Ons bedoel nou krag wat langer as 35 minute standhou! In ‘n blankbeheerde regering is 35 minute sonder krag voorwaar ‘n verskrikking. In donker Afrika, waarvan Suid Afrika deur die NP se bemiddeling nou deel geword het, is 35 minute se ononderbroke kragvoorsiening, skokkend!
ISLAM TEIKEN ALLES WAT IN HUL OË VYANDE IS
Dit lyk of tans die hele wêreld onder die vloek van die islam deurgaan. Ons het reeds eerder 'n artikel geskryf oor die towerspreuk 'Sesam gaan oopsluit' en ons glo nou, maar ook toe het ons reg.
Neem net die feit dat alle politiek korrektes diep buig vir die volgers van hierdie ideologie wat deur hulle valselik 'n religie genoem word.
Wat vir nie moslems nie is toegestaan geld vir moslems nie. Daar is talle voorbeelde wat ons kan noem, soos permits vir die bou van moskeë, die dra van hoofdoeke, weier om hande te skud van vroue en pas nog die verbod om hulle profeet af te beeld en 'n verbod om maskers te dra by feeste soos Karnaval.