1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9956152

Besoekers aanlyn

Ons het 119 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

STRYD TEEN DIE AFRIKANERVOLK WORD AL FELLER.

Stryd is leweAs daar van ons volksgenote is wat die mening toegedaan is dat die ANC nou omtrent al alles gedoen het wat moontlik is om die Afrikaner te laat afsien van sy Afrikanerskap, volkskap en sy land Suid Afrika, wag daar ernstige ontnugtering.

Die bewys daarvoor setel in slegs ‘n paar onlangse gebeure en uitsprake wat kommer behoort te verwek. Al die “gerusstellende” en paaiende uitsprake en optredes van ons volksvyandige karakters, wat ook  Afrikaansprekendes insluit, word nou vinnig na die vergetelheid gedwing en vervang met blatante anti Afrikaner uitlatings en voorstelle.

SABC gaan byvoorbeeld ophou om nuus in Afrikaans uit te saai, die Oranje Vrystaat se naam moet verander, die Belharpolitiek moet in die kerk aanvaar word, Zuma volhard in sy oproep om grondeise te bespoedig en te vermeerder en swart bemagtiging gaan afgedwing word.

Hierdie berigte in die media dui onteenseglik daarop dat al die mooi praatjies van ‘n reënboognasie, wat die teenpool van afsonderlike ontwikkeling moes wees, was praatjies vir die vaak! Die “uiteindelike democracy” wat Suid Afrika kwansuis nooit gehad het nie en waarin Swart en Blank dan nou so eweredig neffens mekaar in al die voordele wat Suid Afrika bied, gelyk kan deel, was ‘n pot snert van die begin af! Mense wat veral vanuit ‘n Bybelse begronding vir die “Nuwe Suid Afrika” geywer het, sal dringend selfondersoek moet doen ten einde te begryp in wie se geselskap hulle in werklikheid verkeer!

Feit is nou dat Afrikaners en ander blankes wat hulle met die Afrikaner se lotgevalle vereenselwig, moet verenig in verset teen die onreg reeds gedaan en wat nog beplan word. By herhaling waarsku die AVP dat samesprekings, onderhandelings en voortgesette samewerking om met hierdie geïntegreerde gemors ‘n bedeling te probeer bewerkstellig wat vir alle rasse voordeel moet hê,  onafwendbaar op vooraf beplande chaos sal uitloop wat ten alle koste vermy moet word.

Ontworstel u dus van elke organisasie wat wil saamwerk, onderhandel of selfs net gesprek voer met die vyande van die Afrikanervolk. Laat ons allereers geestelik “laertrek” soos by Bloedrivier sonder blindstaar teen die oormag. Die argument wat dikwels voorgehou word van: “Ons moet darem tred hou met die werklikheid”, is die AVP se weerwoord: Wat en wie is meer werklik as ons Skepper, God en Vader? Laat ons verenig in beginsel en beleid wat geskoei is op nasionalisme en ons beskerm het teen die grootste en magtigste moondhede in die wêreld, want daarin is die kern vir die behoud van ons voortbestaan te vinde en verseker nie in eie krag of veral “slimmighede van uitoorlê deur een ding te sê en ‘n ander beplan wat jou  vriend van nou, wat eintlik jou vyand van more is, moet benadeel nie.

Laat ons ja ons ja wees en ons nee ons nee, sodat almal presies sal weet wat hulle aan ons het. Die waarheid kan nie op die lang duur deur die leuen onder die mat gehou word nie. Laat ons bly by dit wat reg en waar is, want om reg te wees is om ‘n mag te wees, al is die stryd hoe fel.

 

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie