1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9956927

Besoekers aanlyn

Ons het 76 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

DIE AFRIKANERVROU VAN VANDAG – STEEDS ‘N YSTERVROU?

AfrikanervrouKol. 3:8&9:”VROUE, wees julle mans onderdanig soos dit betaamlik is in die Here.  Manne, julle moet julle vroue liefhê en nie teen hulle verbitter word nie.”

Ek twyfel of die Afrikanervolk in sy geskiedenis as volk ‘n aanslag beleef het wat die huidige aanslag sal oortref.  Ons word fisies uitgemoor teen ‘n tempo wat die Tweede Vryheidsoorlog se statistiek na speletjies laat lyk.  Asof die fisiese aanslag nie genoeg is nie, word ons taal, kultuur, sedelike waardes, gesinswaardes en geloof in God Drie-Enig gebombardeer met aanslae.  Die kinders word op skool gebreinspoel om die waardes en leringe van die ouerhuis te bevraagteken of selfs daarteen in opstand te kom.  Die Afrikanerman word gedurig afgekraak en ondermyn om hul gesag as hoof van hul huis te probeer vernietig.

Die Afrikanervrou het telkens in die verlede hul deug bewys in tye van groot beproewing en daarvoor groot eer en respek ontvang.  Hierdie vrouens was bv. bereid om gedurende die Groot Trek met baie min op stoflike gebied klaar te kom en het nie teruggedeins vir harde werk nie.  Terwyl die manne op kommando was gedurende die Tweede Vryheidsoorlog was dit die vrouens wat die hele opstal en boerdery aan die gang gehou het, menigmaal man-alleen of sal ek sê, vrou-alleen?

 

 

Dit is opvallend en hartroerend hoe die vrouens die afgelope paar jaar weer sterk na vore tree om hul mans te probeer beskerm in die huidige omstandighede.  Die vrou se betrokkenheid by die man se werk/onderneming asook sy doen-en-late het aansienlik toegeneem namate die druk van moeilike omstandighede toegeneem het en dit blyk dat die las te swaar druk op hul manne se skouers.  Hierdie wonderlike en prysenswaardige optrede van die Afrikanervrou is feitlik bevestigend van die waarheid van ons liewe Heer se woorde in 1 Kor. 11:8&9:”Want die man is nie uit die vrou nie, maar die vrou uit die man.  Want die man is ook nie ter wille van die vrou geskape nie, maar die vrou ter wille van die man.”  Die feit dat die man as die hoof van die huis geskape is en die vrou as ‘n hulp vir die man, is alles behalwe ‘n Chauvinistiese beskouing.  Dit is ‘n skeppingverordening wat God Drie-Enig in Sy Alwetendheid self bepaal en ingestel het en enige persoon wat dit bevraagteken, bevraagteken derhalwe God se Raad.

 

Ons besef dat die huidige aanslag op die Afrikaner ‘n direkte aanslag op die Christendom is.  Dit verklaar waarom daar so baie in die stryd gewerp word om die Afrikanerman se aansien te vernietig, want as die hoof van die huis verslaan is, of ten minste neergeslaan is, is dit ‘n kwessie van tyd voordat die hele huis inmekaar tuimel.  Huisgesinne wat tuimel rig dan natuurlik ook ‘n volk ten gronde.  Laat ‘n Godsvolk val en die Christendom word hard geknou om die pad na ‘n Nuwe Wêreldorde (wat reeds vyandskap teen God verklaar het) wat homself ten doel stel om Christus se koninkryk op aarde totaal te probeer vernietig.  1 Kor. 11:3 leer vir ons ‘n les van kardinale belang in hierdie verband: ”Maar ek wil hê dat julle moet weet dat Christus die hoof is van elke man, en die man die hoof van die vrou, en God die hoof van Christus.”  Laasgenoemde illustreer vir ons dat ‘n welberekende hou teen die man eintlik gemik word op die vernietiging van God se verordeninge en gesag. 

 

Dit is hartseer om soms te sien hoeveel vermaak dit vir vrouens en jongmeisies verskaf wanneer die man verkleineer en verneder word.  Die televisie word natuurlik as ‘n uiters suksesvolle medium gebruik om hierdie gedrag aan te moedig.  Dit is dan geen wonder dat dit selfs ‘n kompetisie tussen jongmeisies raak oor wie die meeste seuns kan uitoorlê nie.  Die kompetisie oor hoeveel “verhoudings” ingeryg kan word as ‘n oppervlakkige kompetisie vir gewildheid, gee aanleiding tot losse sedes van troueloosheid en ek wonder of Jesus Christus, wat Sy lewe as losprys vir ons gegee het, trots sal wees op hierdie tipe gedrag van jongmense?

 

My wekroep tot elke gelowige (in Jesus Christus) Afrikanervrou vandag word gedoen met ‘n liefde wat diep uit my hart kom ter behoud van ons volk se gesinne en families.  Onthou dat ons leiding en raad nie by die misleidende owerhede van hierdie wêreld gekry sal word nie.  Ons raad is van Hom Wie ons gemaak het, liefhet en dien.  Ondersteun u man in wat hy doen, maar moet hom nie as hoof probeer onttroon of verneder nie.  As Christus die hoof is van hom,  en u man Hom na behore probeer dien, moet dit nie vir hom moeilik maak nie.  Onthou, u doen dit uit liefde vir die ware hoof van u huis, nl.  Jesus Christus.  Kol. 3:23&24: ”En wat julle ook al doen, doen dit van harte soos vir die Here en nie  vir mense nie, omdat julle weet dat julle van die Here die erfenis as vergelding sal ontvang, want julle dien die Here Christus.”

 

‘n Sterk vrou is nie noodwendig sterk en hard van geaardheid nie, maar wel sterk genoeg om haar huis te ondersteun volgens die raad van onse Here deur 1 Petrus 3:1-4: ”Net so moet julle, vroue, aan jul eie mans onderdanig wees, sodat, as sommige aan die woord ongehoorsaam is, hulle ook deur die wandel van die vroue gewin kan word as hulle jul reine, godvresende wandel aanskou het.  Julle versiering moet nie uiterlik wees nie:  haarvlegtery en omhang van goud en aantrek van klere nie, maar die verborge mens van die hart in die onverganklike versiering van ‘n sagmoedige en stille gees, wat baie kosbaar is voor God.”

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie