Lukas 11:33-36
“Die lamp van die liggaam is die oog. As jou oog dan reg is, is jou hele liggaam ook verlig; maar as dit verkeerd is, is jou liggaam ook donker.” (:34).
Hoe kyk u na die lewe? Of anders gestel – wat is u lewens- en wêreldbeskouing? Die regte antwoord is natuurlik dat u ‘n Christelike lewensbeskouing het, maar hoe sou ons hierdie antwoord meet? Dit is mos maklik om te sê dat ek ‘n Christelike lewensbeskouing het. Die toets is egter om te bepaal of my lewenswandel diensooreenkomstig of die teendeel getuig.
Die dwaling van humanisme in ons leeftyd het dit egter vir baie mense al baie moeilik gemaak om hul eie foute en tekortkominge raak te sien en te erken.
"MY PARTY WAARSKU REEDS 35 JAAR, DOG DIT VAL TELKENS OP DOWE ORE".
VOORMALIGE VLAAMS BELANG SE RAADSLID MEV. GABY DEPAUW: 'HIERDIE SOVEELSTE GRUWELIKE AANSLAG IN LONDEN IS NA MY SIENING SKRIF AAN DIE MUUR".
Geagte leser. Dalk kan u nog herinner dat ons in Maart 2016, na die aanslae in Zaventem en Maalbeek 'n vraagesprek gehad het met die voormalige Vlaams Belang se raadslid mev. Gaby Depauw. Ons het toe vrae gestel oor die aanslae en oor haar siening oor die plaasmoorde wat Suid Afrika sedert 1994 teister. Tans sal ons haar vrae stel oor die gruwelike aanslag in Londen.
Psalm 119:105-112
“U woord is ‘n lamp vir my voet en ‘n lig vir my pad.” (:105).
Wanneer ek in die donker moet rondbeweeg, sal ek gewoonlik ‘n lamp of flitslig inspan om my gang te vergemaklik. Hierdie hulpmiddel sal verhoed dat ek dalk in voorwerpe vasloop of oor iets struikel en myself in die proses beseer.
As ons rondom ons kyk, sien ons ongelukkig soveel mense wat in die lewe rondtas asof hulle in die donker beweeg. En ek praat nou nie van vreemdelinge nie, maar sommer van mense uit ons eie volksgeledere – mense uit goeie Afrikanerhuisgesinne. Ek wonder dan hoe is dit dat hierdie mense só rigtingloos is. En hoe lank sal dit hulle neem om te onthou van die onfeilbare rigsnoer wat as die Woord van God aan ons bekend is? Hulle moes tog al daarvan gehoor en selfs op ‘n tyd in hul lewens daaruit geleer het?
TERRITORIALISEER,sê hy!
In ‘n verbete poging om die Afrikanervolk se opwelling van nasionalisme te stuit deur met allerhande planne soos bv. plan A van prof. Koos Malan die aandag van verset en samehorigheid af te lei, is waarskynlik net so bedenklik as wat die gestorwe KP se volkstaatgedagte was en nog is.
Wanneer prof. Malan se rip van Winkel ontwaking in oënskou geneem word en vir die goedgelowiges voorkom as sou dit ‘n oplossing bied uit die dilemma waarin die Afrikanervolk hom bevind, moet daar allereers op prof. Malan se spoor teruggeloop word. Wie is prof Malan en wat verteenwoordig hy? Kan dit waar wees dat hy soos die koning van die Zoeloes 23 jaar neem om dit wat ooglopend die oorsaak van ons ellende is, nou eers raak te sien terwyl hy aanvanklik by die HNP betrokke was?
2 Tim. 2:1-13
“As ons verdra, sal ons met Hom regeer. As ons Hom verloën, sal Hy ons ook verloën.” (:12).
Die Afrikaanse woordeboek omskryf die woord verloën as volg: 1. Nie wil erken nie; 2. Afvallig wees. En is hierdie definisies nie treffend nie! Dit stel die feit tog duidelik dat enigiemand wat ‘n “tipe evangelie” verkondig waarin Jesus vir almal net goed en liefdevol is en ontken dat die mens gehoorsaamheid en eer aan God verskuldig is, is aktief besig om afval van God te verkondig. Anders gestel, is so ‘n persoon besig om Hom te verloën.
Op Maandag 16 Desember 2002 het ek hierdie Geloftefeestoespraak voorgedra. Die relevansie daarvan op die Afrikanervolk vandag, noodsaak ons om na voorbeelde uit die geskiedenis te kyk en vestig ek graag u aandag opnuut op vergelykbare gebeure uit die geskiedenis en die Afrikaner se reaksie daarop.
Thomas Jefferson het by geleentheid gesê: ‘n Volk wat onge-erg is en tog verwag om vry te bly, verwag iets wat nog nooit was nie en ook nooit sal wees nie!
Die slag van Bloedrivier het op Sondagoggend, 16 Desember 1838, plaasgevind. Die oorsprong hiervoor was die onophoudelike aanvalle, verkragtings en moorde wat op ons blanke voorouers aangelê was terwyl die regering van die dag, waaronder die Afrikaner verkneg was, eerder aandadig as behulpsaam was! Dit is nou 164 jaar sedert 16 Desember 1838 en die toestand wat Bloedrivier vooraf gegaan het bestaan nou weer!
Hierdie is uitsprake wat nooit vereenselwig kan word met enige gelowige mens nie, ongeag sy ras! Dit is egter belangrik om hierdie uitsprake te meet aan gebeure in Suid Afrika en elders en die rol wat die Jode daarin gespeel het.
Dit is aan die AVP gestuur vir kommentaar en word dit oor dieselfde kam geskeer as die uitsprake van elke ander land en ras wat die Afrikanervolk beledig en ondergrawe het ten einde die swart tereurbende aan bewind geplaas te kry. Met een woord, nee twee: veragtelik en verwerplik! Behalwe dat dit onbeskaafd en eerder barbaars is, is dit teen alles wat ons in God’s Woord leer en kan en sal dit wat in die vooruitsig gestel word in der ewigheid nie slaag nie!