Die verwagting dat die Chinese dmv hulle BRICS-bande met Suid Afrika die finansiële toeganklikheid van die ANC regime sal benut, is besig om ‘n werklikheid te word. Hulle betrokkenheid in ‘n moontlike padbouprogram sal ook ideaal wees vir verkenning van die land sou daar vorentoe botsing met die Weste ontstaan oor wie nou eintlik die grootste hap uit hierdie sappige koek gaan kry.
Die bosluise sit reeds dik om hierdie “melkkoei” se uier en geniet die Afrikanervolk se opbrengs terdeë. As dit nie feitlik elke swart staat in Afrika is nie, is die Guptas van Indië, die Amerikaners, die Britte en nou die Chinese wat alreeds strategies in elke dorp in Suid Afrika kastig ‘n handelsaak bedryf.
Nasionaliste, liberaliste,humaniste, verraaiers, saampraters, oorgeërs, uitoorlêers? Wie is bevoeg in die lig van ons geskiedenis? Vraag is, is 'n onbetrokke en verdeelde volk bevoeg om 'n leier of leiers aan te wys indien onsself nie meer nasionalisties ingestel is nie?
Hierdie is ‘n baie belangrike vraag. Omdat die Afrikanervolk ‘n heroïse en ryk geskiedenis het wat tintel van nasionalisme, was daar nietemin holistiese en liberale leiers wat al telkemale ons volk in ‘n krisis gedompel het. Dit het dan Christelik-nasionale leiers gekos om eers weer die grense duidelik reg te trek oppad na ons vryheid toe.
Ons is nou weer in benouing gedompel deur liberale en humanistiese politici wat selfs nie voor verraad gestuit het om hulle here en meesters te behaag nie! Sameswerings, bedrog, misleiding en later selfs openlike afdanking en uitdrywing van behoudende Afrikaners om die pad skoon te maak vir politieke abdikasie aan die kommunistiese swart terroriste. ‘n Taktiek van uitoorlê van die blanke kiesers, wat nou voorgehou word as vooruitgang en die eerste demokratiese regering van Suid Afrika, as sou daar nooit ‘n demokrasie hier bestaan hetnie!
FAKSIEVOORSITTER VAN DIE LOKALE POLITIEKE FEDERASIE AFDELING WESTLAND MNR. DAVE VAN DER MEER: "DIT IS ONREGVERDIG DAT ASIELSOEKERS ALLES GRATIS KRY TERWYL ONS EIE WESTLANDERS DIE LYFGORDEL STYWER MOET TREK".
Geagte leser. Ons het al in vorige artikels berig, dat vreemdelinge voorgetrek word as dit gaan om bv. toekenning van huise ens. Onlangs het ons verneem dat asielsoekers niks hoef te betaal nie as hulle 'n paspoort nodig het. Hulle hoef net die pasfoto te betaal. Die Lokale Politieke Federasie het vrae gestel aan die Kollege van Burgemeester en Wethouers omtrent hierdie feit. Ons het 'n insiggewende vraaggesprek in die Nederlands met die faksievoorsitter van die LPF afdeling Westland.
"Meneer van der Meer. Zou u eerst iets over u zelf willen vertellen zodat de lezer een goed beeld heeft van degene waarmee we een gesprek hebben?"
Asemrowend skrikwekend bitter bitter hartseer. Nie n droë oog toe die mamma van 4 kindertjies haar man se kruis plant en nog ‘n kruis en nog ‘n kruis word oorhandig aan ‘n familie. Dit voel of dit nooit gaan ophou nie! Elkeen se storie skrikwender as die ander. Kan nie glo ek bly in dié land. Nêrens sê iemand dan iets. Maar weet julle, géén media was hier. Almal het belowe hulle is hier maar geen een het opgedaag! Geen een het eers verskoning gemaak nie! Dit is waarom niemand ‘n idee het wat gebeur regtig in hiedie eens gewese mooi land van ons nie.
Na aanleiding van die byeenkoms in verset teen die toenemende plaas- en ander moorde op ons blankes in Suid Afrika.
1 Sam. 16:1-13
“Maar die HERE sê vir Samuel: Kyk nie na sy voorkoms en sy hoë gestalte nie, want Ek ag hom te gering. Want nie wat die méns sien, sien God nie; want die mens sien aan wat voor oë is, maar die HERE sien die hart aan.” (:7).
‘n Mens sou in Engels sê: “Don’t judge a book by it’s cover.” Ons het gelukkig in ons moedertaal ewe mooi uitdrukkings waarmee ons hierdie Engelse gesegde kan verwoord. Die mees bekende is natuurlik “bo blink maar onder stink”, maar ek reken dat die spreukwoord “dat ’n mens nie ‘n man aan sy baadjie moet takseer nie” in hierdie konteks dalk meer toepaslik sal wees
Mike se artikel oor FW se Damaskus ervaring waarop die leier van die AVP reageer het. Nie nuwe feite nie maar tog interressant wanneer dit beredeneerd beskou word en dan in die taal waardeur ons vyande ons bekruip het en “regse Afrikaners” oortuig het om ons te verraai. Die regime gebruik ook net Engels om ons te verinneweer en hulle gesteelde outoriteit in ons kele af te druk. Dit is ook dieselfde taal waarin FW die wêreld vol rondreis en sy “heldedaad” propageer. Daarom is dit goed as daar in Engels nugterheid na vore kom oor FW se Damaskus, (gelees diplomatiese emosionele) ervaring!
Op sterkte van verkiesings waarin kandidate ‘n bepaalde beleid verteenwoordig het, is hulle deur die meerderheid van die Afrikanervolk in hulle kiesafdelings verkies om die belange van die Afrikanervolk in die parlement volgens die riglyne van daardie beleid te handhaaf en so die NP in 1948 aan bewind gebring
Die res van die Afrikanervolk , (die minderheid)en ander blankes wat nie met daardie beleid saamgestem het nie, was hoofsaaklik saamgetrek, aanvanklik in die Suid Afrikaanse Party (SAP), daarna in die Verenigde Party (VP) en die reeks liberale faksies wat daarna ontstaan het tot die DA van vandag.
Terwyl die afwykende Afrikaners deurgaans voorgegee het om die Afrikanervolk se belange te verteenwoordig, is die eienaardige werklikheid dat hulle almal vandag die vyande van die Afrikanervolk se belange bevoordeel!