Ja mnr Botha, ek vermoed dat daar baie Afrikaners, indien nie die ganse Afrikanervolk is wat met jou sal saamstem . Op 85 is jy in die pylvak van jou lewe en is daar baie van ons wat met introspeksie jou sentimente deel. Die Woord van God sê immers dat daar niemand sonder sonde is nie. Dus is daar niemand van ons wat jou kan oordeel nie.
Met die lees van jou, kan ek dit ‘n “belydenis” noem, waarin jy die stelling maak dat jy reken dat jy diep in die skuld is, vind ek egter dat jy baie selektief met jou skuldgevoel omgaan.
As dit jou behoefte was om in die openbaar ‘n skuldbelydenis te doen, het dit egter meer kwaad as goed gedoen. By jou gesin en familie ervaar jy ‘n geborgenheid en is dit van onskatbare waarde. In die lig van wat jy en jou politieke tydgenote egter die Afrikanervolk aangedoen het, is jou verwysing na die politieke lewensles nie net ‘n erkenning van wie jy regtig is nie, maar ook ‘n refleksie op die volk waaruit jy gebore is en wat jou vertrou het om hulle belange te behartig. Jy verklaar in jou “belydenis”:
Dat Suid Afrika een van die gevaarlikste lande ter wêreld is om in te woon, laat geen twyfel nie. Hoe diie syfers nou ookal manipuleer word, op die grond is dit onteenseglik duidelik dat jou kanse om aangeval, geroof, verkrag of vermoor te word is enige plek enige tyd van die dag of nag, ‘n redelike sekerheid.
In die statestiek van die verslag uit navorsing van Stedelike veiligheid, blyk dit duidelik dat daar ‘n ernstige stygende tendens in veral moord voorkom. Vir die afgelope vier jaar is daar ‘n duidelike toename en is vier van Suid Afrikaanse stede in die top 50 van die geweldadigste stede in die wêreld.
Indien u van mening was dat u privaat gesprekke oor u selfoon het waarvan die inhoud net aan u en u gespreksgenoot bekend is, lees dan net die artikel hieronder.
Selfs met wie u gesprek voer, wanneer en waar u gespreksgenoot hom of haar bevid het toe u met hom of haar in gesprek was, is nie ‘n geheim nie!
Dat dit die polisie is wat hier van ‘n skuiwergat in die wet gebruik maak, blyk uit die artikel. Dat daar meer as sewentig duisend sulke meeluistering per jaar geskied blyk ook. Vir die AVP ontstaan die vraag wie dit is wat belang het by sulke gesprekke?
Dat dit oorwegend oor politiek sal wees is nie ‘n onbillike afleiding nie.
Joh. 6:22-59
“Jesus antwoord hulle en sê: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, julle soek My nie omdat julle tekens gesien het nie, maar omdat julle van die brode geëet en versadig geword het.” (:26).
In die eerste gedeelte van die boek Johannes (verse 1 tot 15) lees ons hoedat Jesus met vyf brode en twee vissies ‘n skare van omtrent vyfduisend in getal tot versadiging gevoed het. Die volgende dag was die skare op soek na Jesus en wel nie omdat hulle nie voedsel gehad het nie, maar juis omdat hulle honger was na Sy Woord – die brood van die lewe waarmee Hy hulle gevoed het.
Die ou refrein wat al ‘n cliché geword het, naamlik: “Dit is apartheid se skuld”, het vir die Zoeloe koning ‘n bietjie dik vir ‘n daalder geword! Hy het skoolhoofde toegespreek oor die toestand in die onderwys na ‘n verslag daarop gedui het dat Suid Afrika weereens feitlik die swakste in Afrika presteer het.
Nommer 75 uit 76 lande is vir hom onaanvaarbaar! Volgens Zwelithini is die tyd nou verby, (na 23 jaar), om apartheid die skuld te gee vir die volgehoue swak prestasie in die onderwys.
Die mees moderne grondwet in die wêreld wat géén beskerming of veiligheid, of wet en orde of dissipline aan g’n niemand bied nie! Is dit waartoe die wêreld wat hierdie grondwet en verandering in Suid Afrika gesteun het, gekom het?
Hoe beskaafd is ‘n land wat geen beheer het oor die slagting van mense met die doel om hulle te eet en daaruit ‘n verdienste te hê nie?
Kommentaar soos hierdie word gewoonlik wyd veroordeel deur die liberale en humaniste as sou dit ‘n veralgemening is wat nie geregverdig kan word nie. Die AVP se wedervraag is, waarom as juis hierdie soort gedrag as barbaars en verwerplik beskou word en in die reël, die swart ras daarmee verbind word, waarom is dit steeds in ‘n veronderstelde beskaafde wêreld, waar swartes die geleentheid gegee is om so ‘n beskaafde eerstewêreldland te regeer, dat hierdie fenomeen steeds deur die swartes bedryf word?
China beskik huidig oor 19% van die wêreldpopulasie.
53% van die wêreld se sement word deur hulle verbruik
48% van die wêreld se ystererts en 47% van die wêreld se steenkool.
In 2010, het China elf keer meer staal geproduseer as die VSA en hou die wêreldrekord vir die vervaardiging en verkope van18 miljoen voertuie in 2010.
Daar is meer varke in China, (werklike varke), as in die naaste 43 varkproduserende lande gesamentlik.