Gén. 2:4-25
“Toe het die HERE God die mens geneem en hom in die tuin van Eden gestel om dit te bewerk en te bewaak.” (:15).
Wanneer ‘n mens die vraag aan ‘n gelowige stel wat sy doel hier op aarde is, sal die antwoord waarskynlik as volg wees: “Om God te verheerlik.” En dit is natuurlik die regte antwoord, maar die vraag is: “Tot watter mate doen ons juis dit wat weet ons veronderstel is om te doen?”
As ons ‘n bietjie rondom ons kyk en met aandag na mense se gesprekke luister, is dit asof al te veel mense die houding aanneem om te dink dat die “noodlot” hul lewens bepaal. ‘n Mens kry amper die idee dat menige mens die uitgangspunt huldig dat elke mens maar op ‘n dag gebore word en weer op ‘n tyd gaan sterwe en dat die beste wat jy kan doen sal wees om hierdie tyd tussenin maksimaal tot jou eie voordeel en vreugde te benut.
Jacob Zuma is die regstreekse oorsaak van die voortslepende politieke ontstuimigheid wat gelei het tot die heidige droewige prentjie van Suid Africa se ekonomie en geldsake.Deur sy leiding is hy persoonlik aandadig aan die verswakking van die land se staatskuld,dat die ekonomie nie groei nie,wekloosheid toeneem en nog derduisende hardwerkende mense se werk in gevaar is. Selfs nadat Cosato lede Zuma uitgejou het ,tydens die Werkersdagvieringe, het dit weereens duidelik geword dat sy eertydse bondgenote teen hom gedraai het. Hul boodskap was duidelik; Zuma het homself en sy trawante nou genoeg verryk deur op die stemrug van die arm massas te ry.
Die afstel van die Werkersdagvieringe nadat Cosato lede Zuma uitgejou het is selfverduidelikend.
Om Jakob Zuma as dom te beskryf, soos sommige mense sy regeervermoë al bestempel het, reflekteer eintlik maar net op hulle eie totaal ontoereikende insig van beide Zuma se vermoë as van getallepolitiek.
Zuma se keuse van Gigaba as minister van Finansies was waarskynlik die kundigste aanstelling wat hy nog gemaak het. Gigaba se begrotingsrede was uit en uit ‘n vertoon vir sy gehoor. In die lig van ‘n komende verkiesing, met ‘n verdeelde ANC, was die meesterlike vertoning van Gigaba die beste medisyne om die ANC’s weer agter Zuma geskaar te kry en daarmee saam die Zoeloes in beheer te hou.
Dit is soos ‘n vars politieke bries van verandering wat in die teenoorgestelde rigting waai as dié van Harold McMillan, voormalige eerste minister van Brittanje! Of dit dieselfde effek gaan hê, soos bv. die sluipmoord op dr. Verwoerd, met die gevolglike verrotting van die NP se beginsel en beleidsrigting, wat ons by die Afrikastandaard van vandag gebring het, is ‘n oop vraag!
Om mee te begin is dit egter ‘n direkte bevestiging van die standpunte van dr. Verwoerd en al sy voorgangers na genls. Louis Botha en Jan Smuts en die spesifike rede vir die beleidsrigting wat hulle gevolg het.
Of Mashele wat die onderstaande artikel geskryf het sy uitgesproke briljante en baie sinvolle oortuiging gehad het voor sy universiteitsopleiding en selfs lank daarna, val te betwyfel.
Is dit wat binne die Islamitiese Moskees gepredik word, bloot die verskil tussen hulle godsdiens en ander godsdienste? Uit ‘n artikel van die Berean Call, blyk dit nie al te wees wat daar aan Muslims geleer word nie. Is dit wat daar binne die Moskee plaasvind oral dieselfde en as dit is, is dit ook in Suid Afrika belangrik om daarvan kennis te neem?
Volgens die artikel wat ons hier onder geplaas het is daar in die VSA bevind dat 80% van al die Moskee’s aldaar, ‘n heilige oorlog, Moslemmeerderwaardigheid en haat en veragting jeens Jode en Christene geleer word.
EERBEHOUD GAAN BO DIE LEWE UIT!
As versterking vIr die wankelmoediges, verraaiers, hensoppers, joiners, saamwerkers, saampraters liberales, humaniste en selfs sommige nasionaliste in ons volkslewe,..... eerbehoud gaan bo die lewe uit!
As daar niks is waarvoor jy bereid is om te sterwe nie, behoort daar ook niks te wees waarvoor jy bereid moet wees om te lewe nie! Hierdie lewenswaarheid vind ’n mens slegs by toegewyde en opregte gelowige mense wat ernstig is oor waarheid en reg en geregtigheid. Hulle is dan gewoonlik ook diegene wat op brandstapels en in leeukuile gesterf het vir dit waarin hulle geglo het.
Openbaring. 12:1-17
“En die groot draak is neergewerp, die ou slang wat genoem word duiwel en Satan, wat die hele wêreld verlei, hy is neergewerp op die aarde, en sy engele is saam met hom neergewerp.” (:9).
“Daarom, wees verheug, o hemele en die wat daarin woon; wee die bewoners van die aarde en die see, want die duiwel het na julle neergedaal met groot woede, omdat hy weet dat hy min tyd het.” (:12).
Daar is mos deesdae teoloë wat beweer dat die satan nie werklik bestaan nie.