Elke vyf jaar word die inwoners in Suid Afrika opgeroep om te kom stem. ‘n Mengelmoes van verskillende rasse, gelowe, volke en immigrante wat die “Reënboognasie” gedoop is. Genadiglik kom die woord Afrikaner nie daarin voor nie! Die betekenis daarvan is dat die ware nasionalistiese Afrikaner nie deel het aan dié wanstaltige “nasie” nie.
Die reënboognasie is ‘n nasie waarbinne volke se reg misken word deur die opsteek van meerdere hande! Meer nog, waar diè Volk wie se land dit regtig is, doelmatig uitgewis word saam met alles wat hulle tot stand gebring het onder die dekmantel van ‘n "moderne demokrasie", gelees Volksmoord!
Hoséa 6:1-11
“En laat ons ken – laat ons dit najaag om die HERE te ken; sy opgang is so seker soos die dagbreek, en Hy sal tot ons kom soos die reën, soos die laat reëns wat die aarde besproei.” (:3).
Die ellendige toestand waarin die Afrikanervolk verkeer, is duidelik sigbaar. Dit blyk dat selfs diegene wat waarskuwings en vermanings ‘n paar jaar gelede met ongeërgdheid afgemaak het nie meer die werklikheid ontken nie omdat dit doodeenvoudig te groot en duidelik is om mis te kyk.
Hierdie besef van ons toestand wat by mense insink, bring natuurlik ‘n tipe van histerie mee. Wanneer die skokkende werklikheid ewe skielik intree, wend ‘n mens mos desperate pogings aan om die dreigende gevaar te ontkom.
Daar word verwys na Hammanskraal waar swartes verlede week ‘n landbouhoewe beset en plakkershutte opgesit het. Daarna is die eienaars tot verlede Sondag gegee om die hoewe te verlaat voordat hulle vermoor word.
‘n Uitsettingsbevel wat die eienaar verkry het is deur die polisie op die besetters bedien wat hulle summier voor die polisie opgeskeur het. Die polisie het die eienaar versoek om nie op te tree en die besetters teë te gaan nie, maar aan al hulle versoeke te voldoen. Die eienaar mog ook niks uit die huis of van die hoewe verwyder het nie. Hulle het die eiendom verlaat met net die klere aan hulle lyf. Klik hier vir video
Bovermelde boodskap is wyd versprei en die bron kon nie deur die AVP vasgestel word nie. Wat egter in die laeveld besig is om te gebeur, waar boere van hulle oeste beroof word ten aanskoue van die polisie, bevestig dat dit moontlik waar kan wees! Deur die onderstaande beeldmateriaal, saamgelees met die verskeie uitlatings van swart heethoofde en staatsamptenare wat die blankes se protes kritiseer het, word daar ongetwyfeld op 'n bepaalde tendens gedui, gerig op die skep van vrees en afskrik van verset!
19 moorde deur swartes gepleeg op blankes en dit is gewone misdaad??
Die AVP sê sonder vrees vir teëspraak dat die meerderheid van moorde deur swart op blank in Suid Afrika, se oorsprong polities van aard is. Enige ander vertolking is naïef en/of moedswillig, gebore uit ‘n agenda.
Na die opmars van blankes op Maandag 26 Oktober, het die tempo van moord op blankes drasties toegeneem. Die kanse dat dit spontaan sonder vooraf beplanning geskied het is wensdenkery wat nie tred hou met die werklikheid van die oogmerk om die blankes uit Suid Afrika te verdryf in belang van die imperiale magte wat daarby sal baat nie.
Daar is reeds in die afsienbare tyd vele voorbeelde wat opgeroep kan word waar talle onskuldige mense ge-offer word deur hierdie magte om hulle doel te bereik. Daartoe het die Afrikanervolk al baie bloed bygedra!

MEV. ELISE JAARSMA: 'EK HET DIE BOEK 'NEDERLAND ONS LAND' GESKRYF OM MENSE TE WYS OP DIE GROOT GEVAAR VAN DIE ISLAM IDEOLOGIE".
"Ek het in my boek g'n doekies omgedraai nie want dit is baie belangrik dat ieder die waarheid weet wat aangaan"
Ons het 'n insiggewende vraaggesprek in die Nederlands met 'n skrywer uit die Nederlandse stad Nijmegen, wat as skuilnaam Elise Jaarsma gebruik. Ons sal haar vrae stel oor sowel haar eerste as haar tweede boek en oor haar siening wat die islamisering en reënboognasie betref.
"Mevrouw Jaarsma wanneer besloot u uw eerste boek te gaan schrijven?"
Die “slim” maar invloedryke Broederbond-NG-KERK-NP-Alliansie wat hierdie beproefde en suksesvolle insig vanweë hulle moderne beterwete doelbewus ignoreer het, ten spyte van herhaalde waarskuwings en selfs pleitredes, het die Afrikanervolk en daarmee saam Suid Afrika onberekenbare skade berokken!
1 Pet. 3:1-7
“Julle versiering moet nie uiterlik wees nie: haarvlegtery en omhang van goud en aantrek van klere nie, maar die verborge mens van die hart in die onverganklike versiering van ‘n sagmoedige en stille gees, wat baie kosbaar is voor God.” (:3&4).
Die gelese gedeelte vestig ons aandag opnuut daarop dat ons verhouding met God veel dieper as net ‘n opsigtelike en oppervlakkige vertoon moet wees. Dit beklemtoon opnuut die feit dat God die Kenner van ons harte is en dat ons gesindheid vir Hom aanneemlik is, maar dat ‘n ydele vertoon van weinig nut is.