Waarom sou korporatiiewe organisasies soveel geld uitlê as daar nie voordeel daaruit te behaal is nie? Wat is die redelike kans dat ministers en amptenare buite hulle bevoegdheid en mandaat oorreed kan word deur hierdie praktyk van die Progresiewe Besigheidskema?
Daar is ‘n ou gesegde wat lui: “As jy in besigheid en/of in die politiek vir iemand iets aanbied met die verwagting om iets daarvoor terug te kry, is dit oneties. As jy vir iemand in besigheid en/of politiek iets gee sonder om iets terug te verkry, het dit geen besigheidsin nie. Waarom wil jy dan iets gee?”
In die lig van die omvangryke gees van korrupsie wat in Suid Afrika heers, is dit ‘n billike afleiding om te maak dat die PBF goedskiks kan staan vir Positief Bedorwe Fenomeen, gerig op beïnvloeding met die oog op ‘n simbiotiese bevoordeling van beide die gewer en die nemer!
Na die verloop van reeds 23 jaar van hierdie praktyk, is die kanse dat dit sal verander in ‘n een-mens-een-stemstelsel, uiters skraal!
2 Petrus 3:1-18
“Maar julle moet toeneem in die genade en kennis van onse Here en Saligmaker, Jesus Christus. Aan Hom kom die heerlikheid toe, nou sowel as in die dag van die ewigheid.” (:18).
Kan ons ooit genoeg Bybel lees? Gelowiges voel dalk soms asof hulle nou al die Woord van God so baie deurgelees het dat hulle mooi weet wat daarin staan en dus is dit onnodig om daarom op ‘n daaglikse grondslag daaruit te lees. Hulle voel dalk dat hulle doodeenvoudig net niks meer uit die Bybel kan leer as wat hulle alreeds weet nie.
Petrus stel dit egter in verse 1&2 van die gelese gedeelte duidelik dat ons gedurig herinner moet word aan dit wat in die Woord staan. En in die laaste vers word ons nie vermaan om ‘n kennis van die Here op te doen nie, maar ons word beveel dat ons kennis van die Here moet toeneem, m.a.w. dit moet verbreed.
Die geldmagte se euforie oor die verkiesing van Cyril Ramaphosa gaan gouer tot 'n einde kom as wat selfs hulle kon droom. Daar is immers sekere realiteite wat die liberale droom telkens baie gou in 'n nagmerrie verander.
Maar wie is Cyril Ramphosa?
Ramaphosa was voor 1994 die groot vegter vir die belange van die swart mynwerker. Hy was dus die groot sosialis wat hom volledig geskaar het by die ideologie van die ANC-SAKP. Met die aanvaarding van die nuwe bedeling is hy deur die Anglo-Amerikaanse magte omgekoop en skatryk gemaak.
Die beste van 2017 vir die Afrikanervolk is dat sommige van ons dit oorleef het! Die slegste is dat die gedeelte van ons volk wat dit oorleef het steeds só verdeeld is en ontvanklik is vir allerhande strooihalms, dat verdeeldheid steeds ons grootste vyand is!
Met net elf dae van 2017 wat oorgebly het, is dit raadsaam om terug te kyk na wat bereik is in ons Afrikaner se stryd om weer vry en onafhanklik te wees. Om dan die slaggate te vermy en te bou op wat positief was.
Onderhandelings met die regime, die VN en Internasionale gemeenskap het niks positiefs opgelewer wat ‘n bydrae tot ons Afrikanervolk se vryheidstryd gelewer het nie. Inteendeel het dit verwagtings geskep wat nie haalbaar was nie en waarteen telkens gewaarsku was dat dit óns aanspraak op Suid Afrika as Afrikanereiendom verswak terwyl dit die Swartras se aanspraak en leuens dat ons dié land van hulle gesteel het, versterk.

As dít is waartoe intellek jou laat verval, moet afrikaners maar liewer dom bly!
En veral wegbly by die Universiteit van Stellenbosch waar hierdie gees skynbaar heers!.
AMAZING AFRIKAANS
Die skrywer Dana Snyman het hierdie briefie wat hy gekry het, met sy lesers gedeel:
Dis vir haar amazing dat party mense so ontsteld is omdat Stellenbosch nie
meer Afrikaans gaan wees nie, sê Janita, my intellektuele vriendin.
Die Anglo-Amerikaanse geldmagte is verheug oor die verkiesing van Cyril Ramaphosa tot leier van die ANC. Hy is immers 'n pion van hulle en deur hulle oornag supperryk gemaak. Ja, hy het oornag (vanuit niks!) een van die rykstes in Suid-Afrika geword. Hy is dus diep in die skuld by hulle. "It's payback time", soos hulle op Engels sal sê!
Maar wat beteken sy verkiesing vir die Afrikaner se vryheidstryd?
Wel, eerstens moet besef word dat alles in die werking gestel is om die BRICKS-greep op Suid-Afrika te verbreek. Jacob Zuma en sy volgelinge se groot misstap was nie soseer staatskaping nie, maar staatskaping deur die verkeerde magte.
Die ekstase van die CR ondersteuners asof hy reeds die vollgende illegitieme president van Suid Afrika geword het, sal heelwat afkoel oppad na die verkiesing in 2019. Met die verkiesing van Mpumalanga "Premier" David Mabuza as adjunk president van die ANC, Vrystaat "Premier" Ace Magashule as Sekretaris Generaal van die ANC en as adjunk Sekretaris Generaal, Jessie Duarte met behoud van haar pos, al drie van die Zumakamp, kan besluitneming vir Ramaphosa problematies word.
Vir die Afrikanervolk is die heel belangrikste probleem die beplande en toenemende moorde. Moorde wat duidelik daarop gerig is om ons uit te wis volgens die geheime plan van Ramaphosa, “ slowly and incrementally, without taking too much from them at any given time to cause them to rebel or fight”.