

Terwyl al elf swart etniese volke ... en sommige blanke “minderheidsgroepe” (Max du Preez en Jaques Pauw s’n), asook die blanke liberaliste en Suid Afrikaners, (wat aan geen volk wil behoort nie), hulle asems ophou oor watter een van twee euwels verkies gaan word om Suid Afrika verder die afgrond in te neem, wonder die AVP oor Kortbroek Marthinus van Schalkwyk – en onderhandelaarsvriend van Ramaphosa, Roelfietjie Meyer.
Het hulle dan geen sê in die maaksel wat hulle help skep het nie?

“Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.” (:13).
In ‘n baie mens gerigte samelewing is dit maklik om die teks van ons oordenking verkeerd te vertolk. As ‘n mens hierdie woord nie uit ‘n geestelike perspektief benader nie kan jy dalk irrasionele besluite neem en jou rieme lelik styfloop. Dink gerus aan ‘n persoon wat impulsief ‘n nuwe sakeonderneming sal begin in die najaag van rykdom en homself met die woorde van Fil. 4:13 probeer motiveer dat hy suksesvol sal wees, want die Bybel sê dan so!
Lees ons egter die drie verse uit Fil. 4 wat vers 13 voorafgaan, sien ons hoedat Paulus sy dankbaarheid teenoor die Filippense uitspreek vir hul gawe.
'n Duideliker uiteensetting van die waarde van die gelofte en die Afrikanervolk se aanvaarding van 'n verantwoordelikheid op hom gelê vir die totale blankedom, is nouliks denkbaar! Dr. Verwoerd aan die woord:
In Suid-Afrika word op drie plekke — Bloedrivier. Paardekraal en by die Voortrekkermonument in Pretoria — afwisselend elke vierde of vyfde jaar 'n sentrale fees gehou. Toe dr. Vcrwoerd in 1958 die feesrede op Bloedrivier gehou het, was dit die eerste keer dat 'n Eerste Minister daar opgetree het, Hoewel pres. Kruger in 1888 by geleentheid van die half- eeufees van die slag van BÍoedrivier, die feesredenaar was.
Ramaphosa het gebruik gemaak van die padda in die pot met koue water wat stadig verhit word. “He meant that the black majority would pass laws transferring wealth, land and economic power from white to black slowly and incrementally, until the whites lost all they had gained in South Africa, but without taking too much from them at any given time to cause them to rebel or fight”.
Daar is egter nou rede vir dringende optrede. Nie wanneer nie, dit moet nóú geskied! Die kwessie van grond wat moet terug na die “rightful owners”, wie dit mag wees, wat hy nie noual mag sê nie. Dit is egter belangrik dat wát hy sê, moet wees wat die massa van die kiesers wil hoor!
Dr. Hans Fransen was ʼn voorvegter vir die bewaring van die Ou Kaapse argitektuur. Hierdie foto van hom is in Maart 2011 in Kaapstad geneem toe hy saam met Marie-Lou Roux ʼn protesveldtog teen die ontsiering van die historiese Lutherse Kerk in Strandstraat deur onvanpaste ontwikkelings gelei het. Fransen het toe duisende handtekeninge van mede-beswaarmakers ingesamel en dit saam met ʼn beswaarskrif by die Kaapse stadsraad ingedien. Foto: MARTHINUS VAN BART
MNR. SYBREN HERREMA: "AS DIE MENSE HULLE NOU 'N BIETJIE IN ONS GESKIEDENIS SOU VERDIEP, DAN KOM HULLE DAAR NOG GOED VANAF".
Ons het 'n insiggewende vraaggesprek in die Nederlands met meneer Sybren Herrema uit die Friese hoofstad Leeuwarden nav. die protesdemonstrasie van 'n baie klein klompie sg. 'anti-Swarte Piete wat op Saterdag 3 Desember onder begeleiding van 'n enorme polisiemag, na Dokkum het gekom om te ageer teen die Sinterklaasfees. Soos u gelees het, was dit tjoepstil op die plein waar hulle saamgekom het.
"Meneer Herrema om eerst maar eens bij dat protest te beginnen. Hoeveel zou dit de Nederlandse belastingbetaler gekost hebben?"
Is daar werklik verskil tussen die DA en die ANC se vindingrykheid om geld uit die vuisvoos belastingbetaler se sak te pers? Die Droogte-/waterskaarste-slenter moet seker die mees waaghalsige geldmaakslenter in die geskiedenis wees. Selfs die vrotmelk-piramiede slenter van Adriaan Nieuwoudt kom nie by hierdie een wat vermetelheid betref nie.
Dié advertensie word nou al weke lank in elke Wes-Kaapse koerant (ook ponie-koerante) volblad geplaas. Dit beloop duisende rande.
Die vuisvoos belastingbetalers moet ook daarvoor opdok, terwyl Coca-Cola (en die ander botteleringsfirma's) al die pad bank toe lag omdat hulle 'n fortuin maak met die bottelering van Kaapse kraanwater in blou bottels.
Teen Tafelberg se hange stort reuse-watervalle tans na benede en vloei weg in stormwaterkanale na die see.