DieBroederbond se NP-KP-de Klerk-NG Kerk-Mandela sameswering was rampspoedig vir Suid Afrika. Die Afrikaner het beheer verloor oor sy toekoms. Sy ondersteuningstruktuur is onder hom uitgeruk.
Chaos is aan die orde van die dag by skole, hospitale, universiteite en feitlik alle staatsinstellings. Elke dag is daar onthullings oor korrupsie en beskadiging van staatseiendom.
Boere word vermoor teen ‘n ongekende tempo en hul eiendomsreg is in gedrang. Bo en behalwe die grondwet wat Afrikaner onverdraagsaam is word wetstoepassing met haat teenoor die Afrikaner toegepas. ‘n Onteenseglike eensydige oorlog teen die Afrikanervolk!
Daar was al baie gesê dat hy die beste Eerste Minister was wat Suid Afrika nooit gehad het nie. Wat onteenseglik waar is in terugskouing, is dat as die Afrikanervolk na Jaap Marais wou luister, ons nie vandag in hierdie benouing sou verkeer het nie. Die menigte geskrifte wat hy nagelaat het, getuig vandag nog daarvan en sal nog tot diep in die geskiedenis weerklink!
Sy politiek was beginselvas, sy integriteit onkreukbaar en sy politieke leiding koersvas. Insig en moed het by hom nie ontbreek nie. Die AVP het die gouedraad van Nasionalisme wat Jaap Marais opgetel het toe John Vorster dit minagtend in 1968 neergesmyt het, in 2008 weer opgetel waar die HNP dit, na mnr. Willie Marais se dood laat val het, en ons sal dit voortdra en oordra aan die nageslag sodat dit, so die Here wil, nooit verlore sal gaan nie.
Danie Varkevisser
AVP Leier.
IS HIERDIE JOU VLAG?
Die politiekgedrewe volksmoord op die blanke in Suid Afrika, maar grootliks gerig op die boere volgens die werkswyse van die Kommuniste soos bv. in China, moes na die optog van 30 Oktober 2017, vinnig deur die kommunistiese regime uit die politieke arena gehaal word!
"I hope beyond this march we will be calling its leaders to meet. We are saying to them let us not politicise this matter." (Minister of Agriculture‚ Forestry and Fisheries Senzeni Zokwana)
Sedert 1994, tenspyte van herhaalde vertoë, is dit diie eerste aanduiding dat die regime aandui dat hulle met die optog se leiers wil praat. Dit sal interressant wees om te sien met wie hulle in gesprek wil gaan.
As daar in aanmerking geneem word dat daar telkens wanneer die Afrikaner gesamentlike weerstand begin demonstreer, daar ‘n opvangsorganisasie na vore kom wat die weerstand moet bestuur om ten alle koste te verhoed dat die hele volk begin saamwerk aan verset en sodoende die beplande volledige onderwerping van ons volk tot ‘n einde bring, dit reeds ‘n plan B is.
Why I won't wear black to support white farmers
Ek plaas ‘n artikel van ‘n Jood met die naam Howard Feldman wat deur Nuus 24 publiseer is. U kan net my standpunt begryp as u hierdie Jood se argument oor waarom hy nie swart sal aantrek om die blanke Boere te ondersteun nie, gelees het. Daar sal duidelike skeidslyne getrek moet word!
Sonder om die oorsaak van die moordsimptoom in ag te neem, sonder dat hy die Afrikaner se geskiedenis en bloedoffers bedink en tenspyte daarvan dat hy alles wat hy vir Israel eis, maar waaroor hy die Afrikanervolk ons beleidsrigting verkwalik, spreek Howard sy sieklike humanistiese oordeel uit asof dit die aller waarheid is en veral die enigste “regte” benadering is. Hy aanvaar duidelik nie dat Suid Afrika die Afrikaner se land is wat deur verraad van ons ontneem is en hoe dit ons raak nie!

MNR. PETER -FRANS KOOPS: "DIE REGEERAKKOORD IS NA MY SIENING AS DIE SPOTGLANS WAT IN PSALM 1 REEDS WORD GENOEM".
Psalm 1 vers 1
Welsalig hy wat op die spoor nie gaan
waar sondaars lok; wat op hul pad nie staan,
of neersit waar die spotglans in die oog is,
waar spotters vrolik spot met al wat hoog is;
maar wat Gods wet in stille mymering,
by dag en nag, weer in gedagt'nis bring.
Op 29 Oktober 2015, had ons 'n baie insiggewende vraaggesprek met die oprigter van die Spakenburgse Vryheidsparty mnr. Peter-Frans Koops wat die fasiliteer van sg. halaal ete aan asielsoekers aan te bied bevraagteken het. Tans sal ons hom vrae stel oor die regeerakkoord van die liberale VVD en die links-liberale D66, waar ook die CDA en die ChristenUnie gemeen het in deel te neem.
MEDIAVERKLARING
Die bedenklike rol van die media om die verset van die Afrikaner uit die nasionale nuuskanale te hou, gaan nie die krag en betekenis daarvan wegneem nie. Die emosie van die Afrikanervolk loop oor en gesamentlike optrede sal nie meer kan uitbly tenspyte van al die verdelingspogings van die vyande van die Afrikanervolk nie.
Die voorspelling van mnr. Jaap Marais dat die Afrikanervolk ongeag hulle verskille en verdeeldheid, bymekaar gedwing gaan word, of hulle bymekaar wil wees of nie, is besig om beslag te kry! Dit is onvermydelik dat gemeenskaplike belang soos die moordaanslae op ons blanke boere en ander in stede, dorpe en die platteland, ons tot gesamentlike verset sal dwing!