Dit is ‘n ontstellende verhaal. Wat uitstaan is dat die hekwagters besluit het om deel te word van die verderf. Selfs die NG kerk het sy kompas verloor. Menslike woordbraaksels het evangelie geword, daarom word daar gedolereer. Die ekspressiewe aanslag is kleurvol getooi in groen, swart, geel, wit, rooi en blou (die kleure van die onderdrukker se vlag). Volkstrots is as taboe verklaar in Reënboogland waar waarheid en werklikheid vervang word met mites en blatante bollie. Dit skud ‘n mens se kop tot verstomming. Jy ervaar die emosie om mense te vermoor met ‘n draadhanger.
Matt. 5:17-48:“Wees julle dan volmaak soos julle Vader in die hemele volmaak is.” (:48). Hierdie opdrag klink dalk vir ons ’n bietjie onbillik, nie waar nie? Dit is tog nie moontlik dat ons as sondige en nietige mense by die punt van volkmaatheid in die gelykheid van ons hemelse Vader kan uitkom nie? Maar onthou, ons as mense moet ons nie daarmee bemoei om voor God te besluit wat moontlik en wat nie moontlik is nie. Ons moet onsself toespits op dit wat Hy in Sy Woord aan ons leer en met ywer probeer om Hom daarin te gehoorsaam.
2 Kron. 25:1-28:“En hy het gedoen wat reg was in die oë van die HERE, maar nie met ’n volkome hart nie.” (:2).
Die Woord van God onderrig ons met lesse uit die lewe van koning Amásia uit hierdie gedeelte. Hierdie seun van Joas het op ’n jong ouderdom die koningskap ontvang. Alhoewel hy gedoen het wat reg was in die oë van die HERE, was sy hart nie volkome met God nie. Ons sien dit ook uit sy optrede. Wanneer hy gereedmaak vir oorlog blyk sy benadering nie te wees om God met sy hele hart vir die oorwinning in die oorlog te vertrou nie. Hy probeer sy eie planne maak en daarom gaan huur hy hondderdduisend dapper helde om hom in die oorlog te help. Hy steun op hierdie manne saam met sy eie leër se krygsvernuf en krag vir die oorwinning. “en hy het hulle gemonster van twintig jaar oud en daarbo, en bevind dat hulle driehonderdduisend uitgesoektes was wat op kommando moes uittrek, wat spies en skild hanteer.
In die 1933 Afrikaanse bybelvertaling begin dit so:
1 IN die begin het God die hemel en die aarde geskape.
2 En die aarde was woes en leeg, en duisternis was op die wêreldvloed, en die Gees van God het gesweef op die waters.
3 En God het gesê: Laat daar lig wees! En daar was lig.
4 Toe sien God dat die lig goed was. En God het skeiding gemaak tussen die lig en die duisternis;
Die AVP verwerp die liberale beleidsrigtings van die Solidariteit en Afriforum bewegings en hulle aanhangsels omdat dit nie van enige betekenis is vir die Afrikaner se vryheidsstryd nie.Die AVP het onlangs ‘n e-pos skrywe ontvang van ‘n persoon met die naam Koos Klopper. Dit was in reaksie op die artikel met die opskrif “DIE BELA-WET VERTEENWOORDIG KRANKSINNIGE GEVOLGE” (https://www.afrikanervolksparty.org/index.php/afrikaner/8105-die-belawet-verteenwoordig-kranksinnige-gevolge.html).
In die artikel het ons die genoemde instansies kritiseer omdat hulle met groot aklamasie die BELA-wet en ander regeringsoptredes veroordeel maar die grondoorsake van die probleem ignoreer. Die grondoorsake van die probleem is die erkenning van en onderwerping aan die illegitieme kommunistiese grondwet waardeur ons volk verkneg en gereduseer word tot ‘n klein minderheidsgroep. Deur die verwerping van afsonderlike ontwikkeling (apartheid) verleen hierdie “burgerlike bewegings” geloofwaardigheid aan die vyande van ons volk.
Ons plaas mnr Klopper se e-pos skrywe hier en lewer kommentaar daarop.
NVU- VOORSITTER MNR. CONSTANT KUSTERS: "ONS KAN STEL DAT ONS KAN TERUGKYK OP 'N BAIE GESLAAGDE AKSIE TEEN DIE PROPAGERING VAN DIE VERDERFLIKE IDEOLOGIE WAT ONS GESINNE VERGIFTIG."
Geagte lesers. Op Vrydag 8 November het die Nederlandse Volksunie (NVU) 'n onaangekondigde protesdemonstrasie by die Rabobank in die Gelderse stad Elst gehou. Die direkte rede hiervoor was die woke propaganda waaraan hierdie instelling hom al jare lank skuldig gemaak het, en wat die normale gesinsvorm van pa, ma en kinders ignoreer. Dit is weerspieël in die bank se advertensies waarin slegs alternatiewe lewensvorme gewys is en waar rassevermenging blykbaar die normaalste ding in die wêreld geword het. Na aanleiding van hierdie geleentheid het ons 'n insiggewende onderhoud in Nederlands gehad met mnr. Constant Kusters,die voorsitter van die NVU, wat u ongetwyfeld van vorige onderhoude sal onthou het. Saam met ingenieur Willibrordus Augustinus van de Weide, wat die kringleier van de NVU in Gelderland is, het hy die publiek op die groot gevaar gewys van hierdie propaganda.