Dr Tobie Muller
Spreuke 1:7: Die vrese van die Here is die beginsel van die wetenskap.
Spreuke 9:10: Die vrese van die Here is die beginsel van die wysheid.
Plato, die beroemde Griekse wysgeer, het bokant die ingang tot die plek waar hy geleer het, hierdie woorde gesit: “Laat niemand wat nie bedrewe is in die geometrie hier inkom nie.”
MEV. PETRA DREVES: "NA MY MENING IS DIE OWERHEID NIE IN STAAT OM DIT TE VOORKOM NIE, WAARDEUR INWONERS VAN DIE NOORDELIKE PROVINSIES GEEN ANDER MOONTLIKHEID MEER SIEN AS OM HIERDIE WERK SELF TE DOEN NIE"
Geagte leser. 'n Groot meerderheid van 87% in Nederland ondersteun die burgergrensbeheeraksies wat omtrent 8 Junie begin het en uitgevoer word deur klompies
besorgde burgers onder leiding van aksieleier mnr. Jan Huzen. Die aanleiding is die feit dat die Duitse polisie glo in die nagtelike ure druk besig is om immigrante terug oor die grens te stuur.
Alreeds vanaf die oomblik dat die dorpie Ter Apel 'n asielskuiling gekry het, is daar voortdurende oorlas van 'asielsoekers' wat die inwoners terroriseer. Die misdadigers pleeg inbrake in huise of hulle gaan bv.met hul broek op hul knieë voor die vensters staan. Daar was al 'n geval toe so'n asielsoeker skielik in die slaapkamer van 'n jong meisie gestaan het. Kruideniers trek weg uit die dorp omdat hulle deur die dagelike diefstalle en intimidasies geen toekoms meer sien nie. Klante wat reeds jarelank die winkels besoek, is bang dat hulle aangerand of beroof word.
Mnr. Geert Wilders, die leier van die Party vir die Vryheid, het hierdie burgergrensbeheer-insiatief toegejuig en hy is van mening dat as die owerheid burgers nie die beskerming kan bied nie, die mense die sake in eie hande gaan neem.
Ons het n.a.v. hierdie aksies die genoeë gehad om 'n derde onderhoud in Nederlands te hê met mev. Petra Dreves, wat u ongetwyfel sal onthou van ons onderhoude wat ons in 2016 en 2023 met haar gevoer het..
Rom. 5:1-11: “Want nouliks sal iemand vir ’n regverdige sterwe – vir ’n goeie mens sal iemand miskien nog die moed hê om te sterwe - maar God bewys sy liefde tot ons daarin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was.” (:7&8).
Ek dink dat enige gelowige kind van God wat tot ’n eerlike besef van sy eie sondigheid kom op een of ander stadium wonder of God hom of haar werklik liefhet. Hoe kan Hy liefhê as ek dan soveel verskriklike en verkeerde dinge in my lewe gedoen het? Sal God my regtig vir die een of die ander verskriklike sonde kan vergeef?
Núm. 21:1-10:“En die volk het teen God en teen Moses gespreek: Waarom het U ons uit Egipte
laat optrek om in die woestyn te sterwe? Want daar is geen brood en geen water nie,
en ons siel walg van die ellendige kos. Toe stuur die HERE giftige slange onder die
volk wat die volk gebyt het; en baie mense uit Israel het gesterwe. En die volk het na
Moses gekom en gesê: Ons het gesondig dat ons teen die HERE en teen u
gespreek het. Bid tot die HERE, dat Hy die slange van ons wegneem. En Moses het
vir die volk gebid. Daarop sê die HERE aan Moses: Maak vir jou ’n giftige slang en
sit dit op ’n paal; dan sal elkeen wat gebyt is en daarna kyk, lewe. Toe het Moses ’n
koperslang gemaak en dit op ’n paal gesit: en as ’n slang iemand gebyt het en hy
kyk na die koperslang, het hy in die lewe gebly.” (:5-9).
Die demonisering van die woord apartheid, om doelbewus daaraan ‘n ander betekenis te gee,is ‘n veragtelike ongeregtigheid wat verdien dat die lig daarop geskyn moet word! Dit is ‘n ontwerpte praktyk wat sy ontstaan het by die “verligte” liberale ideologiedrywers, om te pas by hulle wanstaltige denkvlugte.van onnatuurlike stelsels,leefwyses en beleidsrigtings.Met of sonder hulle bewustheid daarvan dat dit soos ‘n handskoen gepas het by die onheilge doelstelling van ‘n eenwêreld-regering, het hierdie liberale ideologiedrywers dus internasionale steun gehad. Hierdie onheilige strewe van een-regering-een godsdiens-een volk-een taal en een wêreld het duidelik sy oorsprong by die toring van Babel gehad waar die Mensdom in opstand teen God gekom het!
Mense wat hulle laat saamsleep en betrokke raak by sulke onnatuurlike afwykings, wat feitlik deurgaans met geweld, wetgewing, leuens en media misleidende oriëntering oorreed moet word om daarmee te kan volhou, is slawe van mensgemaakte stelsels. Skeldwoorde word dan ontwerp om diegene wat die natuurlike, ge-ykte en vanselfsprekende suksesvolle Bybelse riglyne volg, etikette om te hang.
Fil. 4:1-9:“Verbly julle altyd in die Here; ek herhaal: Verbly julle!” (:4).
Hedonisme – die denkrigting waarvolgens genot en geluk die primêre of belangrikste intrinsieke waarde en die hoogste doel van die menslike lewe is. En hoe wens ek nie dat niks hiervan in ons volkslewe sigbaar was nie, maar die teendeel is egter waar.
Ons sien hoedat mense van die een grashalm na die volgende in die lewe gryp in
die najaag van hierdie “hoogste doel” - naamlik om die grootste hoeveelheid genot en geluk uit die lewe te put – ongeag wat die gevolge in hierdie roekelose najaging vir ander mag wees.
MNR. JAN BAAK: "DIE ISLAMISERING HET SO GEVORDER DAT HIERDIE IDEOLOGIE NOU SPESIFIEK ONS CHRISTELIKE DORPE EN STEDE AANVAL"
Geagte leser. Na aanleiding van die feit dat die Suid-Hollandse dorpie Katwijk op Woensdag 14 Mei gekonfronteer is met skreeuende en intimiderende figure van 'Ummah for Gaza', ('ummah' verwys na die wêreldwyde
Moslemse gemeenskap) wat vir kerkgangers by die Nieuwe Kerk gewag het, het ons die genoeë gehad om 'n tweede onderhoud met mnr. Jan Baak te hê.
U sal hom ongetwyfel onthou van die onderhoud wat ons einde 2022 met hom gehad het, waarin die besoek wat hy saam met mnr. Peter van Vliet aan 'n sogenaamde Antifa-vesting gebring het, breedvoerig bespreek is. Mnr. Baak meen dat die Nederlanders nou 'n verenigde front moet vorm en nie te veel by buitelandse konflikte inmeng nie, omdat daar reeds genoeg in Nederland en Europa aan die gang is. Ons het hom onder andere gevra of hy dink dat hierdie ontwrigting van Christelike byeenkomste en kerkdienste en die teiken van spesifiek christelike dorpe verband hou met die voortdurende Islamisering en wat gedoen kan word om hierdie opmars te stuit.