OM GOD LIEF TE HÊ
1 Kor. 8:1-13
“Maar as iemand God liefhet, dié word deur Hom geken.” (:3).
‘n Treffende stelling. Watter mens wat in God glo wil nie beslis weet dat God hom ken nie? En tog is daar baie mense wat hulle met godsdienstige sake besig hou, maar sonder dat daar ’n ware verhouding tussen hulle en God bestaan. Die rede hiervoor is dat daar in hul godsdienstige aksies geen liefde is nie – dit bestaan uit gewoonte of gewoon aangeleerde kennis. Laasgenoemde is veral kenmerkend van soveel teoloeë in ons tyd wat ’n groter aanhang vir hul sogenaamde akademiese kennis as vir God het. En dit verduidelik natuurlik vir ons waarom dit hulle min traak dat God se Woord en insettinge geminag, verdraai en vertrap word, want hulle voel nie iets vir Hom nie – daar is in hulle geen liefde vir God nie.
2024 lê op sy rug met toenemende wetgewing wat daarop gerig is om die Afrikanervolk van die geskiedenis se verhoog af te vee.
Beide die onteiening sonder vergoeding en die Bela wet op onderwys is deur die onwettige regime se “president” finaal onderteken in die onwettige mandaatlose proses wat die Afrikaner seggenskap oor alles wat sy eie is van hom ontneem het en steeds gebruik word onder die voorwendsel van “demokrasie”. “mensereg” en nasionale eenheid, sonder dat enige van hierdie beginsels in hulle mondering bestaan of bewys kan word.
Op ons weg na ‘n nuwe jaar is die vooruitsig op Afrikanervryheid en onafhanklikheid maar bleek. Terwyl die filosofie van perseptologie steeds aangewend word om verwagtings te skep waar daar geen hoop op verandering kan of sal wees nie, is die tragiek dat die meerderheid van ons volk steeds saamgesleep word in ‘n proses van magsdeling met ‘n swart meerderheids regime waarvan die gevolge na dertig jaar reeds in skerwe rondom ons lê.
BLY IN HOM!
Joh. 15:1-27
“Bly in My, soos Ek in julle. Net soos die loot geen vrug kan dra van homself as dit nie in die wysntok bly nie, so julle ook nie as julle in My nie bly nie. Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie.” (:4&5).
Wie in Christus bly en Christus in Hom – hy dra veel vrug, want sonder Hom kan ons niks doen nie. Honderd maal, duisend maal voel ek vandag om hierdie woorde te herhaal sodat hierdie woorde in ’n vrugtelose samelewingmag insink. Hierdie woorde moet ingang vind in ’n samelewing wat onvrugbaar geword het omdat die mens in sy waansinnige humanisme dink dat hyself tot goeie dinge in staat is! En kyk hoe onvrugbaar en toegeroei van onkruid lyk ons volksakker nie vandag nie. Die rede hiervoor eenvoudig – ons het nie in Hom gebly nie.
PARLEMENTSLID MEV ELLEN SAMYN: "TOE EK HIERDIE VOLDONGE FEIT ONDER DIE AANDAG GEBRING HET, HET DIE MINISTER GEANTWOORD DAT HIERDIE 'N KONFLIK IS WAT NET OOR GRONDSTOWWE GAAN"
Geagte leser. Ons het die genoë gehad 'n 2e vraaggesprek in Nederlands te hê met mevrou Ellen Samyn, die Vlaams Belang se parlementslid, wat u ongetwyfel nog sal onthou het van die onderhoud wat ons in Augustus 2023 met haar gehad het en waar ons toe oa gesels het oor die historiese autonome Armeense regio Nagorno-Karabach en die repressie waar die Armeense volk onderdeur loop.Die aanleiding vir weer 'n onderhoud was vanwee die vrae wat sy op 16 Oktober gestel het aan die Franstalige liberale minister van Buitelandse sake van Mouvement Reformé (MR) Hadja Lahbib nav die feit dat die aanvalle wêreldwyd op christene maar bly toeneem. Islamitiese terroristiese groepe soos Al Qaeda, Boko Haram, en Al-Shabaab is verantwoordelik vir moorde, mishandelinge, verminkinge en verkragtinge. In die midde van die nag voer hulle aanvalle op dorpe in Afrika uit waarna die dorpelinge as hulle al nie meteens afgeslag word , 'n lewenslange slawebestaan moet ly in Moslemse lande soos Saoedi-Arabië, Jemen of Sirië. Mevrou baseer hierdie ernstige feite op inligtings van die organisasie Open Doors waar sy sedert ons vorige vraaggesprek steeds kontakt mee het. Soos bekend was Vlaams Belang die enigste party wat gehoor gegee het aan die vra om hom met hul in verbinding te stel.
Dié minister het nogtans geantwoord dat die toestand soos bv in Nigerië nie te wyt is aan vervolging dog net aan 'n Etniese konflik om grondstowwe. Omdat mevrou Samyn nie tevrede was met hierdie antwoord nie, het sy die minister opgeroep om die groot probleem van die islamisering en die Jihadisme in die Sahel te benoem en te veroordeel.
Joh. 12:1-11:“En Maria het ‘n pond egte, baie kosbare nardussalf geneem en die voete van Jesus gesalf en sy voete afgedroog met haar hare. En die huis is vervul met die reuk van die salf.” (:3).Hierdie besoek wat Christus aan hierdie familie se huis bring het ’n heel ander stemming as die vorige besoek waarvan ons lees. Die vorige keer wat Christus vir Martha, Maria en Lasarus besoek het, was Lasarus dood. Christus kom en vind hierdie mense in ’n ellendige toestand, maar te midde van hierdie slegte omstandighede het hulle steeds met verwagting en geloof op Hom gehoop.
|
in 1996: ... President Nelson Mandela signed into law a new constitution for South Africa, legally entrenching racial equality and consigning apartheid to history's dustbin.(Aldus Business Maverick) Die AVP se kommentaar op hierdie stelling van ‘n koerant wat daarop aanspraak maak dat hulle onafhanklik, neutraal net by die feite bly, is dat saam met “apartheid” Mandela ook beskawing, vooruitgang, standaarde en blanke eiendomsreg, in die asblik laat beland het! Wat meer is is dat rasse gelykheid ‘n denkbeeld van ‘n verwarde politieke siel is wat só vêr van die werklikheid verwyder is as die Ooste van die Weste! |
Ps. 25:1-22:“Tet. Die Here is goed en reg; daarom sal Hy sondaars leer aangaande die weg. Jod. Hy sal die ootmoediges lei in die reg en die ootmoediges sy weg leer. Kaf. Al die paaie van die Here is goedertierenheid en trou vir die wat sy verbond en sy getuienisse bewaar. Lamed. Om u Naam ontwil, Here, vergeef my ongeregtigheid, want dit is groot. Mem. Wie tog is die man wat die Here vrees? Hy sal hom leer aangaande die weg wat hy moet kies.” (:8-12).
Daar is seker min dinge in ons dae waarvan ’n mens kan sê – “dit is goed en reg.” En dan is daar seker nog minder dinge wat vandag goed en reg is en oor ’n paar dekades steeds goed en reg sal wees. Ons kan egter vandag nog, duisende jare na koning Dawid, in alle eerlikheid saam met hom getuig – “Die Here is goed en reg;”.