Namibië, Botswana en Zambië nou een land! Oornag ooreengekom om hulle grense te laat verval en ‘n nuwe grenslyn wat al drie lande insluit te aanvaar. Die oorweging is om al die bestaande wette met koloniale oorsprong te vervang met nuwe wette. Wette wat daarop gerig is om hulle lande se bevolking, mineraalregte, mynregte, eienaarskap van besighede en derglike dinge te beskerm!
Die onderlinge kultuurverskille tussen die onderskeie swart volke wat nog altyd deur al die eeue van hulle bestaan, een na die ander bewindsverandering, burgeroorloë, grensverskuiwings, politieke moorde, staatsgrepe ens. tot gevolg gehad het.
2 Kor. 5:11-21:”Want die liefde van Christus dring ons, omdat ons van oordeel is, dat as een vir almal gesterf het, hulle dan almal gesterf het; en Hy het vir almal gesterwe, sodat die wat lewe, nie meer vir hulself moet lewe nie, maar vir hom wat vir hulle gesterf het en opgewek is.” (:14&15).
Hierdie gedeelte is ’n duidelike antwoord op die sake van individualisme en humanisme wat geil in ons volksakker groei. Die onverpoosde aanvalle op ons diepe geloofsoortuigings, vervreemding van die ware geloof en vervreemding van ons volk van sy God, die aftakeling van ons volksverbondenheid en verantwoordelikheid teenoor ons naaste en dergelike dinge lê aan die grondslag van ’n samelewing en probleme waarmee ons vandag sit.
MEV. HEIDI LOOY: "EK KAN SONDER OORDRYWING STEL DAT EK AS ENIGSTE VROU IN DIE BOER BURGER BEWEGING SE PROVINSIALE FAKSIE VAN SUID HOLLAND MY SPREEKWOORDELIKE MAN STAAN"
Geagte leser. U sal ongetwyfel onthou het dat ons in Maart en Julie 2023 insiggewende vraaggesprekke gehad het met Mevrou Heidi Looy, wat as Statenlid setel in die faksie van die Boer Burger Beweging.
Na ons siening wys albei die onderhoude van watter stoffasie sy gemaak is. Nav. die verkiesings vir die Tweede Kamer wat op Woensdag 29 Oktober gehou sal word het ons 'n derde vraaggesprek in Nederlands met haar gehad waarin ons haar oa. die vrae gevra het hoekom daar lede van andere politieke partye soos bv. Nieuw Sociaal Contract en die liberale VVD overstap na haar party en wat BBB reeds gerealiseer het sedert dat sy setels ingeneem het in die Provinsiale raad. Ook het ons ingegaan op mnr Marcel Kleijweg, die laaste Boer in die Suid Hollandse stad Den Haag wat, as dit aan Wethouder Barker van die Party vir die Diere lê sal moet verdwyn omdat sy grond glo nie goed bewerk word. Meneer se plaas wat reeds jare in sy besit is sou moet wyk omdat op die plek 'oorspronkelike natuur' weer moet kan ontstaan. Nav hierdie besluit van die Wethouder het 'n inwoner van Den Haag 'n petisie begin wat reeds meer as 6000 x onderteken is.
Die AVP merk op dat die gesagstrukture wat die verantwoordelikheid het om hierdie ernstige farmaseutiese vergrype te verhoor en na verdienste te straf, nêrens optree nie. Die vraag wat ontstaan is wie beheer die gesagstrukture in regerings en organisasies wat klaarblyklik beheer uitoefen oor wie wanneer gestraf mag word en vir watter misdade?? Hierdie oënskynlike onidentifiseerbare magte besluit na willekeur wie moet sterf en wie kan bly leef, terwyl regerings onmagtig blyk te wees????
Wat hier plaasgevind het is dat daar waarskynlik bepaal word hoeveel mense wêreldwyd gedood is teenoor wat in ‘n derde wêreldoorlog sou gesterf het indien die vorige twee wêreldoorloë as norm gebruik word.
Ps. 119:9-16: “Waarmee sal die jongeling sy pad suiwer hou? Deur dit te hou na u woord. Ek het u woord in my hart gebêre, dat ek teen U nie sal sondig nie.” (:9 & 11). Elkeen van ons het seker al op die snelweg in en om die groot stede gery. En dan moet ’n mens mooi konsentreer, want een verkeerde afdraai kan vir jou op ’n totale verkeerde roete laat beland wat tot gevolg het dat jy heeltemal laat by jou bestemming sal aankom. Tewens, jy kan dalk verdwaal en heeltemal by ’n totaal ander plek as jou betstemming eindig. Hierdie verwysing na ’n mens se lewe as ’n pad, die lewensweg, is daarom só gepas, want net soos ’n verkeerde afdraai op die hoofweg baie onaangename gevolge kan inhou, is dit ook met ons lewens – een verkeerde besluit kan ons lewe in ’n totale verkeerde rigting stuur.
In ‘n omvattende artikel in Wikipedia oor Pan Afrikanisme, plaas die AVP daardie artikel as studiemateriaal om aan te toon waarom ons voormalige Nasionalistiese Afrikanerleiers, sedert Genl. Hertzog tot by dr. Verwoerd, Afsonderlike Ontwikkeling as beginselbeleid in Suid Afrika toegepas het. Hulle politieke kundigheid en vêrsig vir ‘n beleid wat sedert ons volkswording ons beskerming, ons vooruitgang, ons veiligheid, sukses en voorspoed, nie net ons identiteit bewaar het nie maar ook dié van elke swart volk wat vanweë botsende kultuurverskille uit die noorde van Afrika hier na die Suide moes vlug vir oorlewing.
Die tyd het gekom om die roepstem van ons volk weer te hoor. Ons huidige parlementȇre verteenwoordigers se verraad skreeu harder as die leuens van die swartes.
Hierdie parelmentȇre swigters plaas ons volk in ‘n staat van verlamming. Hul volledige oorgawe aan die regime besmet die siel van ons volk. Hulle kweek nie trots nie, en veg nie vir selfbehoud vir die Afrikaner nie. Hulle het die sovereiniteit van ons volk prys gegee, en ons eie identiteit versaak.