Hoe tragies is dit nie dat die DA en VF+ onder die spel van die sogenaamde “Madiba magic” gekom het. In hul geledere word Mandela opgehemel as ‘n aardsengel. Dit is so asof hulle ‘n toksiese politieke bloedoortapping gehad het. Die handhawing van ‘n eeue oue strewe om vry te wees in ‘n eie land, is oorboord gegooi. Salig doen hulle mee in ‘n Regering van Nasionale Eenheid om die witman onder die vlerk van die ANC te hou. Geen poging word aangewend om die Afrikaner te red uit die huidige staatkundige verknorsing nie.
MEV. HEIDI LOOY: "PARALLELLE KAN GETREK WORD TUSSEN VORIGE AANVALLE OP OPENBARE FIGURE EN DIE HUIDIGE BEDREIGINGS TEEN CAROLINE VAN DER PLAS, HAROLD ZOET, EN MYSELF"
Geagte leser, Ons het n.a.v. Woensdag 10 September se blatante moord op die bekende
Amerikaanse aktivis en Christen-politicus Charlie Kirk weereens 'n insiggewende onderhoud in Nederlands gehad met mevrou Heidi Looy van die Boer Burger Beweging (BBB). U sal haar ongetwyfeld nog onthou van die vraaggesprek wat ons in die middel van Augustus gehad het. Ons het met haar gesels o.a. oor die sekere parallelle wat getrek kan word tussen die onlangse dreigemente uit ver-linkse hoek om die BBB se partykantoor aan die brand te steek, die briewe met doodsdreigemente wat mev. Looy in haar briewebus gekry het, die Boere wat amper daagliks swartgesmeer word as dierebeule en kriminele, en die aanvalle op politici soos tans mnr Kirk en in die verlede mnr. Pim Fortuyn.
Ook het ons die in 2003 gepubliseerde boek 'Eco Nostra' van die skrywer Peter Siebelt met haar bespreek, waarin hy baie duidelik wys dat daar kruisverbande is tussen verskeie verlinkse politieke partye en ditto omgewingsbewegings.
Hier in Suid Afrika het moord as ‘n middel tot die oplossing van verskille, wat ookal die verskil mag wees, die norm geword. In die VSA het die onlangse sluipmoord op die jong politieke leier, Charly Kirk, die hele Amerika in rep en roer! Die vraag wat ontstaan is, wat is dit wat die klimaat gunstig maak vir ‘n voornemende moordenaar? Kol. Douglas Macgregor, voormalige militêre adviseur van president Donald Trump in sy vorige ampstermyn, het twee interressante maar ook insiggewende opmerkings gemaak. In ‘n onlangse onderhoud met hom oor die Kirk sluipmoord het hy gesê, daar is geen geloofwaardigheid meer in Amerika nie ….. en as iemand dit in sy kop gekry het om jou dood te maak, is die kans dat hy sal slaag feitlik seker!
Ps. 38:1-23:“Ja, my ongeregtigheid bely ek, ek is bekommerd oor my sonde.” (:19). daar is deesdae soveel dinge waaroor die mens homself bekommer – ekonomiese probleme, politieke probleme, misdaad, grondgrype, absurde wetgewing van regererings en so kan ons die lys aanhou uitbrei. Een van die belangrikste sake waaroor die mens homself behoort te kwel, sal egter op hierdie lys ontbreek. Hierdie bekommernis wat swaar op die hart van koning Dawid gedruk het en ook swaar op die hart van elke mens behoort te druk, naamlik die kommer oor ons sonde. “Wat klaag 'n mens in sy lewe? Laat elkeen klaag oor sy sondes.” (Klaag. 3:39).
HOSÉA 5
1HOOR dit, o priesters, en let op, o huis van Israel, en gee gehoor, o huis van die koning! Want die vonnis raak julle, omdat julle vir Mispa 'n vangnet geword het en 'n uitgespreide net op Tabor.
2Ja, in verderflike praktyke verdiep die afvalliges hulle, maar Ek sal hulle almal tot tugtiging wees.
3Ek ken Efraim, en Israel is vir My nie verborge nie; want nou het jy owerspel bedrywe, o Efraim! Israel is verontreinig.
Vir ons wat nog leef en wat die sluipmoord op dr. H.F. Verwoerd op 6 September 1966 beleef het, is die veragtelike moord op Charly Kirk van die VSA, betekenisvol! In die fleur van sy lewe, op een-en-dertigjarige ouderdom, wreed van sy vrou en kinders weggeruk! Onvemydelik vanweë sy politieke oorwegings en betrokkenheid, ook van die Amerikaanse behoudende volksgedeelte, verhoed om verder die jeug tot insig te bring teen die gevare van die sekulêre, liberale en grenslose lewensuitkyk.
Die 1994 Kodesa besluite het ‘n wanbalans veroorsaak in Suid-Afrika se politieke klimaat. Dwelmdenke kan nooit ooit realiteit korrek vertolk nie. Wat besef moet word is dat ‘n realiteit bestaan ongeag dogmatiese denke van die mens. Die menslike brein is slegs ‘n antenna wat sintuiglike impulse ontvang van ‘n werklikheid. Wanneer die menslike denke gekontamineer is deur ideologië, ontstaan ‘n wanpersepsie van die realiteite van die lewe, juis daarom verkeer die nuwe Suid-Afrika in ‘n versteurde equilibrium.