LAAT ONS NIE WORD SOEKERS VAN YDELE EER WAT MEKAAR UITTART EN MEKAAR BENY NIE.
GALASIERS 5:1-26
Vers
1 STAAN dan vas in die vryheid waarmee Christus ons vrygemaak het, en laat julle nie weer onder die juk van diensbaarheid bring nie.
2 Kyk, ek, Paulus, sê vir julle dat as julle jul laat besny, Christus vir julle tot geen nut sal wees nie.
3 En ek betuig dit weer aan elke mens wat hom laat besny, dat hy onder verpligting is om die hele wet te onderhou.
4 Julle wat geregverdig wil wees deur die wet, is losgemaak van Christus; julle het van die genade verval.
DIE DOODSTRAF
Ds AE van den Berg
Gen.9:1-7; Ex.21:22-25; Rom.13:1-7
ʼn Eerbare regering skuld sy burgers nie bloot ʼn bestaan nie, maar ʼn goeie bestaan. Om dit te verwerklik is die toepassing van die doodstraf ’n vereiste. Dis nie liefdeloos en onmenslik nie, maar in lyn met die Skrif wat dit gebied.
Die mees basiese uitspraak word in Gen.9:6 gevind:“Hy wat die bloed van ’n mens vergiet, sy bloed sal deur die mens vergiet word; want God het die mens na sy beeld gemaak” Mense wat daarvan verskil, verskil van die Skrif. God gee immers Self die motivering vir die doodstraf, ’n motivering wat by geen ander godsdiens gevind word nie. Omdat die mens na die beeld van God geskape is, is moord ’n vergryp teen God.
KYK MET WIE PRAAT 70 “UITGELESE AFRIKANERS” OOR INKLUSIWITEIT!
Dit is as gevolg van hierdie 70 soort “slim” en geleerde akademici, kerkleiers en verteenwoordigers van verskeie kulturele organisasies se ewige gepraat en onderhandelings met senior Kommuniste en ANC-leiers agter geslote deure, waarom letterlik duisende Afrikaners begrawe, vermink en beroof is en in plakkerskampe woon! Want hulle mag “slim” en geleerd wees, maar dit ontbreek hulle aan wysheid, nugterheid en geloof!
Nadat hierdie praters en onderhandelaars reeds ons land onder ons uit gepraat en onderhandel het, is hulle blykbaar nog nie klaar gepraat nie en hulle oë en ore steeds gesluit vir wat om hulle aangaan!
AAI,AAI DIE KAAPSE DRAAI, BY DIE GROOT SEE OMGEDRAAI?
Hoog gevlieg en laag geswaai!
In Kommentaar en Ontleding van die Beeldkoerant van Dinsdag 8 Mei 2012, waai daar n fris windjie van verandering in beide die kommentaar van prof. Koos Malan, en die feit dat sy kommentaar in Beeld gepubliseer is.
Persoonlik ken ek nie prof. Malan nie en derhalwe moet die afleiding nie gemaak word dat ek met hierdie artikel wil voorgee dat sy kommentaar van nou, sou verskil met wat hy aanvanklik geglo het nie.
AS VERRAAD EERS BEGIN BLOM, IS DIT NA AAN AFSTERWE!
ANC VRY NA AFRIKAANSES
ʼn Opskrif in Rapport wat verwys na ʼn strategie wat bedink moet word deur ʼn “uitgelese” groep van 70 akademici, kerkleiers en verteenwoordigers van verskeie kultuurorganisasies wat die ANC daarvoor genooi het, verg kommentaar. Die strategie behels die oorreding van Afrikaanssprekendes om na die ANC oor te kom.
Dit is die begin van ’n proses om uit te vind hoekom Afrikaanssprekendes die regering en die ANC blykbaar die rug toegekeer het.
Daar is al ’n geruime tyd in die ANC kommer daaroor dat minderheidsgroepe al minder tuis voel in dié party. Dit was veral in verlede jaar se munisipale verkiesing opmerklik toe die ANC beduidende steun onder dié groepe ingeboet het, lui die berig.
DIE REAKSIE VAN HENRY JACKSON VAN ZIMBABWE OP DIE ONTNEMING VAN SY PLAAS EN DIE AVP SE STANDPUNT DAAROOR
Beeld 2012-04-30 22:17
Hoe reageer ’n boer wanneer daar op sy plaas beslag gelê word? Henry Jackson, ’n boer van Gweru in Zimbabwe, het die volgende boodskap gister aan vriende en familie gestuur nadat dit verlede week met hom gebeur het.
‘My plaas is gevat! Daardie frase is amper so skrikwekkend as die woord ‘kanker’. Dinsdag 24 April, terwyl ek besig was om kuilvoer te sny, het vier spoggerige voertuie my plaaswerf ingejaag en omtrent 20 mans het uitgespring, donker van woede en siedende haat.
Ek het oorgestap en vriendelik gegroet, maar net mompelende antwoorde gekry. Die leier, die grondkommissaris, het begin: ‘Jy weet dat die regering alle plaasgrond verkry het en dat jy onwettig op die plaas bly.’ ‘O,’ het ek geantwoord.
OM TE GEE
Die meeste mense wonder wat die geheim van gelukkig wees is, in die alledaagse rondom hom. Jy kan nie die vreugde wat jy aan iemand anders gee deur iets mooi aan hom te sê of te doen, beleef sonder om self daardie gelukkige gevoel te ervaar nie – vandaar die spreekwoord dat dit saliger is om te gee as om te ontvang!