DIE WEG VAN DIE HERE MET ‘N VOLK WAT HOM DIEN!
JOSUA 1:1-
1 EN ná die dood van Moses, die kneg van die HERE, het die HERE met Josua, die seun van Nun, die dienaar van Moses, gespreek en gesê:
2 My kneg Moses is dood; maak jou dan nou klaar, trek deur hierdie Jordaan, jy en hierdie hele volk, na die land wat Ek aan hulle, die kinders van Israel, sal gee. .....................
5 Niemand sal voor jou standhou al die dae van jou lewe nie; soos Ek met Moses gewees het, sal Ek met jou wees; Ek sal jou nie begewe en jou nie verlaat nie. .................
‘N OPE BRIEF AAN DE KLERK OOR SY BEDOELINGS!
ʼn Aanvanklike onskuldige gesprek met die joernalis Amanpour van CNN ter herdenking van die toekenning van die Nobelprys aan hom, het vir F.W. de Klerk ʼn klip in die skoen geword, tot die mate wat dit hom genoop het om nou weer ʼn beeld daaroor te probeer voorhou en dit die wêreld in te stuur asof hy bloot tot bekering gekom het oor die onreg van apartheid!
In die mate wat dit die waarheid oor die huidige toestand waarin dit die Afrikanervolk geland het, raak en beïnvloed, rig die AVP ʼn ope brief aan hom sodat die wêreld kan kennis neem van die waarheid wat hy verswyg.
Geagte mnr. De Klerk,
WAT KOOP JY MET DIE NOBELPRYS VIR VREDE?
Die Nobelprys vir Vrede is een van vyf Nobelpryse wat nagelaat is deur die Sweedse nyweraar en uitvinder Alfred Nobel. Die pryse vir Fisika, Chemie, Geneeskunde en Literatuur word jaarliks in Stockholm, Swede, toegeken, maar die toekenning vir Vrede vind plaas in die Noorweegse hoofstad, Oslo. Die Noorweegse Nobel-komitee word verkies deur die Noorweegse Parlement
JAAP AAN DIE WOORD
TWEEDE AFLEWERING: JAAP MARAIS
Willem de Klerk besmet Afrikaners
Naas die berekende verarming van Afrikaners word hulle volksbewustheid aangeval. Geskiedenis as vak word uit die skoolleerplanne uitgefaseer, sodat nuwe geslagte Afrikaners en ander nie sal kennis dra van die groot rol wat Afrikaners in die ontwikkeling van die land gespeel het nie. En Afrikaners wat meegedoen het aan die verraderlike oorgawe aan die African National Congress (ANC) en die SA Kommunistiese Party (SAKP), soos prof Willem de Klerk, bevorder die veldtog. Op 'n ATKV-kongres se hy (Beeld, 28 Aug 1999): "Ras, godsdiens en geskiedenis...moet in geen opsig tel nie".

OFFISIELE BELEID VAN DIE ANC VIR SUID AFRIKA
AFRIKANERS SE VERSET TEEN DIE ONREG
(EERSTE AFLEWERING: DEUR JAAP MARAIS)
Beroof van Geboortereg
In die land waar hulle volk gebore is, word Afrikaners nou behandel as 'n miskende en verstote "minderheid". Deur misleiding en bedrog is hulle geleidelik geestelik ontwapen, sodat hulle bloedloos van hul geboortereg beroof kon word. Dit is die sentrale feit van die huidige Suid-Afrikaanse toestand.
Die Afrikaner-soldate en -polisie wat hul vaderland verdedig het teen Brits-geїnspireerde en Kommunisties-gedrewe terroristebendes, word gehoon en bespot en vervolg as misdadigers. En die Afrikanervolk word deur leuens en laster simbolies op die beskuldigdebank van die geskiedenis gestel om skuld te bely voor die vyande wat hom wil vernietig.
Hy is die een gemeenskap wat ter wille van "vrede" op elke terrein moes toegee, prysgee, weggee en opgee totdat daar niks meer was om te behou nie en sy "leiers" eerloos kon oorgee aan die vyande

In die Rapport van 13 Mei 2012 het die onderstaande kommentaar verskyn:
Die AVP haal enkele opmerkings uit beide Flip Buys en Piet Croucamp se kommentare wat reaksie verdien en plaas dit in perspektief in die politieke ontplooiing waarmee ons vandag te make het. Die beklemtoning in hulle kommentare is die AVP S’N.
Kommentaar oor gesprek met ANC
Flip Buys en Piet Croucamp
Verteenwoordigers van verskeie Afrikaanse organisasies het Dinsdag met senior ANC-leiers vergader om die gevoel van vervreemding onder minderhede te bespreek. Dien sulke gesprekke enigsins ’n doel? Is dit beter om te swyg of moet ons eerder praat?