1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9955530

Besoekers aanlyn

Ons het 112 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

'n PRYS VIR POST-MODERNE HELDE

WAT KOOP JY MET DIE NOBELPRYS VIR VREDE?

Die Nobelprys vir Vrede is een van vyf Nobelpryse wat nagelaat is deur die Sweedse nyweraar en uitvinder Alfred Nobel. Die pryse vir Fisika, Chemie, Geneeskunde en Literatuur word jaarliks in Stockholm, Swede, toegeken, maar die toekenning vir Vrede vind plaas in die Noorweegse hoofstad, Oslo. Die Noorweegse Nobel-komitee word verkies deur die Noorweegse Parlement

 

Volgens Alfred Nobel se testament behoort die prys toegeken te word aan die persoon wat die beste of die meeste werk gedoen het vir die bevordering van broederskap tussen nasies, en vir die totnietmaking of vermindering van weermagte, en vir die ophou en bevordering van vredeskongresse.

Inderdaad het hierdie toekenning ʼn nuwe kriteria vir oorweging gekry.  Jy moet ten minste die status van terroris hê, tot die dood veroordeel gewees het, 20 jaar plus tronkstraf agter die rug hê, of ʼn staatspresident wees wat sy volk verraai het, sy vrou verraai het en dan bereid wees om uiterste verval, vir ʼn tydperk as vooruitgang te verdedig, teen alle bewyse tot die teendeel daarvan!

Om maar net één bladsy van een dagblad te vat, verskyn die volgende “toekennings” vir die “heroïese” daad van de Klerk en sy trawante waarmee die Afrikanervolk nou mee moet saamleef! Op bladsy 5 en die teenkant, bladsy 6, is daar nie minder as agt aanduidings van dié daad wat ʼn Nobelprys verdien het!

1.  Studentekonstabel wat glo moor, het drankprobleem.

2.  Regering se eetlus kos jou tot R77 miljoen

3.  Fietsryer sterf toe taxi ʼn motor van die pad wil druk.

4.  Korrupsie is nie apartheid se skuld se Madonsela.

5.  Vergadering kom oor bloulig-kapings in Benoni.

6.  Man leef na twee skote in die kop, drie in die buik.

7.  Renostertjie waarvan die ma deur stropers doodgemaak is.

8.  Weermag kan SA nie beskerm. Kan tot 10 jaar duur om vermoë te kry.

Wat ʼn “vreedsame” nalatenskap en ongekende “vooruitgang”.  Geen wonder dat die “politieke ontleders” deesdae kopdoeke dra nie!

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie