1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9955532

Besoekers aanlyn

Ons het 114 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

SKAAMTELOSE VERRAAD

 

AS VERRAAD EERS BEGIN BLOM, IS DIT NA AAN AFSTERWE!

ANC VRY NA AFRIKAANSES

ʼn Opskrif in Rapport wat verwys na ʼn strategie wat bedink moet word deur ʼn “uitgelese” groep van 70 akademici, kerkleiers en verteenwoordigers van verskeie kultuurorganisasies wat die ANC daarvoor genooi het, verg kommentaar. Die strategie behels die oorreding van Afrikaanssprekendes om na die ANC oor te kom.

Dit is die begin van ’n proses om uit te vind hoekom Afrikaanssprekendes die regering en die ANC blykbaar die rug  toegekeer het.

Daar is al ’n geruime tyd in die ANC kommer  daaroor dat minderheidsgroepe al minder tuis voel in dié party. Dit was veral in verlede jaar se munisipale verkiesing opmerklik toe die  ANC beduidende steun onder dié groepe ingeboet het, lui die berig.

 

FEITE EN FOUTE

In die eerste paar sinne van die berig kom daar tegelyk feite en foute voor.  Die ANC se uitgenooides kom interessant genoeg uit juis dié geledere waar die verraad teen die Afrikanervolk uitgebroei is. Die akademici. Kerkleiers en kultuurorganisasies. Dit is ʼn feit!  Dat hulle ʼn uitgelese groep is, is debatteerbaar, hoewel ʼn mens sekerlik uitgelese verraaiers onder ʼn verraaiersgroep kan kry.

Dat Afrikaners ooit die ANC ondersteun het is wensdenkery. Afrikaners is uit ons erfenis uit bedrieg en het nog nooit die ANC in hulle bedrogvolle politiek gesteun nie en kan ook nie getel word onder die akademici, kerkleiers en kultuurlede wat bereid was, of is, of sal wees om met die ANC gesprek te voer oor dit wat hulle deur verraad bekom het nie!

Die ANC kan maar gerus kennis neem daarvan dat dié wat hulle genooi het, nié die Afrikanervolk verteenwoordig nie en nié  ʼn mandaat het om enige iets namens ons te sê of te onderneem nie!  Hulle praat vir en namens hulleself en sal dienooreenkomstig níks, namens hulleself bereik nie!

Verder moet hulle ook daarvan kennis neem dat ons nié ʼn minderheidsgroep is bloot omdat hulle kan aanspraak maak op getalle nie.  Ons is ʼn volwaardige volk met ʼn geskiedenis van landsontwikkeling van die Kaap tot in Transvaal, waartoe hulle tot vandag toe nog geen bydrae gemaak het, anders as om in die vooruitgang en groei daarvan te blaak nie!

Die Idasa Komplot nou in die openbaar?

Daar  is in die verlede opsienbarende dokumentêre getuienis bekom oor hoe ʼn beweerde front van die “Nasionale” Party (NP) in 1992 en 1993 gebruik is om die Konserwatiewe Party (KP) en ander politieke organisasies aan die regterkant by die vredesonderhandelings met die ANC-SAKP betrek te kry en die BKA (Boerekrisisaksie) as ʼn potensiële geweldsfaktor uit te skakel.

Sleutelfigure was mnr. Dries Bruwer, president van die Transvaalse Landbou-unie en destyds KP-LP vir Lydenburg.   Saam met hom was daar Dr. Piet Gous, president van die Vrystaatse Landbou-Unie (VLU) en destyds KP-LP  vir Parys.   Aan die ander kant was prof. Abraham Viljoen, genl. Constand Viljoen se tweelingbroer, ‘n bekende linkse.

In die agtergrond is die toutjies getrek deur mnr. Ivor Jenkins, Transvaalse direkteur van die Institute for Democratic Alternatives in SA (IDASA).   Dr. F van Zyl Slabbert, voormalige leier van die PFP, (nou die DA), het die organisasie onder suspisieuse omstandighede op die been gebring. As ‘n front van die NP-regering,  is dit vanselfsprekend dat hy NP-doelstellings sou bevorder op pad na oorgawe aan die ANC-SAKP.  Daar was ‘n wye samespanning om die NP se verraad teen die Afrikaners te laat slaag.

Dié  komplot teen die Afrikanervolk het begin in 1992 toe Ivor Jenkins vanuit IDASA Die “Conservative Dialogue Programme” (CDP) geloods het.   Dit was die plan om te verhoed dat die NP en die ANC-SAKP se onderhandelingsproses in die wiele gery word deur die Afrikaner-opposisie.  Om dit te laat slaag, moes groepe en persone aan die politieke regterkant gekondisioneer word om aan die vredesonderhandelings met die ANC-SAKP deel te neem en sodoende die geweldsopsie te laat vaar.   Op dié wyse sou die onderhandlingsagenda ook nie versteur word deur bv. ‘n aandrang op Blanke verkiesings ten einde De Klerk te verslaan en die verraad te stuit nie, SOOS WAT WYLE MNR. Jaap Marais bepleit het het.

Renier Schoeman en Daryl Swanepoel, die manne in beheer  van die ANC se spesiale projekte en Progressive Business Forum, het  al in Januarie vanjaar met drie akademici in Lu-thuli-huis vergader om aan  ’n uitreikstrategie te skaaf. Dié drie is die politieke ontleders  dr. Piet Croucamp en prof. Albert Venter van die Universiteit van Johannesburg (UJ) en prof. Willie Breytenbach, politieke filosoof   aan die Universiteit van Stellenbosch. Dr. Chris Landsberg, ook van  die UJ, is genooi, maar kon die vergadering nie bywoon  nie.

ʼn Mens moet polities seniel wees om te dink dat jy ʼn volk se land kan vat, sy skole beset en sy moedertaalonderrig vervang met die taal van sy vyand, sy geskiedkundige plekke, geboue en paaie se name te vervang met sy vyande s’n, sy boere een vir een vermoor, sy vrouens en dogters verkrag, hom uit sy besit belas en dan verwonderd staan omdat hy jou nie steun nie!

Eweso diegene wat gesprekke aanlê met die oog op die oorreding van die Afrikaners om die ANC nie die rug toe te keer nie!  Hierdie “nuwe” benadering het niks te make met versoening nie maar alles met dieselfde strategie en oogmerk as wat bedoel was met die Conservative Dialogue Program.  Terwyl ons praat, sak die wapens!  Selfs die “uitgelese” onderhandelaar van Solidariteit, Flip Buys, wat al vir jare onderhandel met ons vyande en verraaiers, moes in ʼn onderhoud op Radio Pretoria erken dat al sy onderhandelings oor 15 jaar met die ANC, op presies ʼn ronde nul uitgeloop het!

Vir die ANC sal dit weinig skeel of hulle die Afrikaner se welwillendheid het al dan nie.  Hulle besef egter baie goed dat met hoe meer prominente figure hulle in gesprek kan kom, hoe groter is die onderlinge wantroue wat dit in Afrikanergeledere veroorsaak en derhalwe hoe kleiner die bedreiging uit daardie oord.

Dit is eers wanneer verraad só openlik blom waar dit vir almal sigbaar word, en die verraaiers begin dink dat hulle helde is, dat dié proses na aan sy einde gekom het!  Ons sal egter ʼn noukeurige lys hou van al die “Afrikaanses” sodat hulle “heroïese” optrede nie dalk vir hulle nageslag verlore raak nie!

VIR MEER LIG OP HIERDIE AANDRANG TOT GESPREK MET DIE AFRIKANERS, PLAAS ONS WEER N ARTIKEL WAT VERSKYN HET IN MEI 2010

ONDERHANDELING: DIT KOM VAN VER AF EN DIT DRA DIE KIEM VAN DIE DOOD!

Aspen Institute:

In die Weekly Mail van 7-13 April 1989 verskyn daar ‘n artikel oor ‘n by-eenkoms wat deur die Aspen Institute  gereël is. Die Aspen Institute is in Washington-Amerika gesetel .   Die belangrikheid  van die by-eenkoms  volgens Mark Swilling, die artikelskrywer,  is “...convened to educate a significant group of American congressmen and senators.  Its importance lay in the fact that  the conference provided a forum where all the major South African actors could articulate policy positions at a time when the major super powers are working out their approaches towards South Africa after Namibian independance.”

Bermuda

Volgens die artikel  was dit waarskynlik die eerste by-eenkoms waar elke enkele vername politieke rolspeler van Suid Afrika verteenwoordig was.  Die by-eenkoms het op die eiland Bermuda plaasgevind tussen die NP, KP, DP (nou DA), ANC, UDF, IFP en Black Conscience  Movement aan die een kant en die Amerikaners aan die anderkant.   Tussen  hierdie afgevaardigdes was daar ‘n ooreenstemming oor veral twee sake.

1. Die afsweer van geweld moet nie ‘n voorvereiste vir onderhandeling wees nie en,

2.Die Regskommissie se aanbeveling oor groepsregte as basis vir ‘n nuwe grondwet.

Ooreenkoms

Al die voorleggings wat gemaak is het volgens Swilling eenstemmigheid gehad oor : ....”a ‘negotiated

Settlement’ between the principal parties must be the starting point; in other words, there can be no solution if the NP and the ANC  plus others on the white and black sides do not negotiate.”

“The Americans came away with the clear conclusion that it is no longer a question of  whether this is desirable or not, but how to get there.” (my beklemtoning)

Dit is dus duidelik waar die blink gedagte van FW de Klerk vandaan gekom het om ‘n referendum uit te roep om daardeur vas te stel of hy ‘n mandaat kan kry vir die verandering van die grondwet deur middel van onderhandeling.   Onderhandeling was die sleutel!   Vir die Amerikaners was dit duidelik dat geen oplossing verkry sou kon word as dit nie deur onderhandeling kon geskied nie.  Daarvoor moes die Afrikaner oorreed word.    Met die veranderde grondwet, was dit net ‘n hanetree na swart meerderheidsregering!

Soos by diè by-eenkoms bespreek, moes die res van  swart en wit tot onderhandeling oorgehaal word en is die Idasa Komplot beplan met die “Conservative Dialogue Program”  as afronding.

In ‘n berig  wat verwys na mnr. Dries Bruwer, voormalige President van TLU  se oorlye op 28 April 2009, skryf  Cobus Claassen:   “Bruwer het van 1993 tot 1996 gereeld met ANC-hoës soos mnr. Jacob Zuma en oud president Thabo Mbeki vergader.

Die eerste vergadering is in November 1993 by ‘n wedvlugduiweklub in Lynwood, Pretoria, tussen Bruwer, genl. Constand Viljoen (voormalige VF-leier),  mnr. Piet Gous (destydse president van die Vrystaatse Landbou-unie en KP-LP, vir Parys) en Zuma-hulle gehou.

Bruwer het in 2005 in ‘n onderhoud aan Beeld gesê die ongewone vergaderings is destyds gehou in ‘n poging “om brûe tussen regs en links te probeer bou”, aldus die berig.

Soos met die Idasa se Conservative Dialogue Program, waarvan die selferkende doel was om deur middel van die bewerking van gesprek, (onderhandeling)  tussen ver links en ver regs, Suid Afrika uit die hande van die Afrikanervolk te onderhandel.  Die oordrag aan ‘n kommunisties-beheerde swart meerderheidsregime by Kodessa,  is suksesvol deur daardie oefening bewerkstellig en word nou nog  voortgesit teneinde die verdere vlot verloop van die eerlose oorname te verseker.   Politieke partye, vakbonde, landbou organisasies en die media,  wat die beeld voorhou van dienstigheid aan die Afrikanervolk, moet die onderhandeling propageer en aan die gang hou om as teenvoeter vir moontlike konfrontasie en ontsporing van wat deur onderhandeling bereik is, te dien!

In  ’n ander berig van Beeld  word geskryf  dat  Dries Bruwer en Constand Viljoen  gesê het dat na dié geheime vergadering in die duiweklub, hulle “amper maandeliks” met Zuma en Mbeki vergader het tot in 1996! Die doel van diè vergaderings was om brûe tussen regs en links te probeer bou.

Terwyl  daar in ’n  vorige berig van Beeld  slegs die name van mnre Bruwer, Gous en Constand Viljoen genoem is as aandeelhouers in die komplot om regsgesinde Afrikaners by die verkiesing van 1994 te betrek deur middel van  die “Conservative Dialogue Program” (CDP), is na ander betrokkenes net verwys as “prominente Afrikaners”.  Ten minste nog een “prominente Afrikaner se naam word egter in die  berig genoem,  naamlik die van Dr. Ferdi Hartzenberg, leier van die gestorwe KP en Afrikaner Volksfront (AVF).

Gaandeweg is ook  van Van Zyl Slabert,  Alex Boraine en Jurgen Kögel  blootgelê as betrokkenes, ten spyte van aanvanklike ontkennings. 

As ons vandag terugkyk na wat  deur  dialoog en onderhandeling, tot voordeel van ons internasionale vyande bereik is, is dit “too ghastly to contemplate!” sou ek graag vir John Vorster wou sê!

Wat  het hulle met wie die verraaiers onderhandel het op die onderhandelingstafel gesit?  Hulle was nie eers bereid om geweld af  te sweer nie.   Die Afrikanervolk se totale erfenis was op die tafel!  As ’n  mens dit simbolies as ’n koek kon beskryf, dan het die onderhandeling ons die hele koek wat òns op die tafel geplaas het laat  verloor en ons vyande sit vandag nog met slegs die kors terwyl hulle die res verteer het!

 Daar  word baie gepraat maar niks prysgegee aan ons in enige onderhandeling sodat ons nie eens ‘n skyfie terugkry van wat ons verloor het nie.  Ten spyte daarvan, word daar steeds onderhandel!

As ons bewus is daarvan dat ons nie sal,.. of kan ,...slaag in enige onderhandeling met of die VN of die ANC nie, waarom met die Amerikaansbedinkte, bedrogvolle  praktyk voortgaan?   Persone en/of organisasies of partye wat hulle nie distansieer van die onderhandelaars nie en by hulle op een of ander wyse betrokke is, se bona fides is in die lig van die Bermuda ooreenkomste, ernstig onder verdenking!

Eenheid en selfs samewerking  sonder die beproefde beginsel van Afrikanernasionalisme, het geen duursaamheid nie.   Die onlangse geskiedenis het nou bewys dat diegene wat dìt veronagsaam, waarskynlik geheime agendas het wat nie in ons volk se belang is nie.

Soos wat die stukke van die legkaart van Volksverraad vanuit die media nou een vir een in plek val, laat ons ag slaan op Wyle Mnr. Jaap Marais se aanhaling in die boek “Afspraak met die toekoms”: “Die Idasa komplot, met die KP aan die stuur daarvan, was die ergste verraad wat in die ganse geskiedenis teen die Afrikaner gepleeg is, en bevestig dat die KP nie in die lewe geroep is om die NP te verslaan nie, maar om te verhoed dat hy verslaan word… ”

As ons nie uit die lesse van die verlede wil leer nie, is ons gedoem om die foute van die verlede te herhaal!  Daar is al by herhaling gesê dat enige iemand of organisasie wat hierdie stelsel waarbinne ons soos skape ter slagting gelei is, wil laat werk, is ‘n vyand van die Afrikanervolk.   Die AVP pleit steeds dat elke Afrikaner van elke organisasie wat hom met onderhandelings ophou, daarteen in verset moet kom!

Ons vyande vrees die Afrikaner onder die vaandel van “Een drag maak mag” soos wat ons binne die NP was tot en met Dr. Verwoerd!  Juis dààrom is hy vermoor.

Ons persoonlike veiligheid en diè van ons vrouens en kinders vereis  dringende gesamentlike verset deur  eensgesinde optrede.   Die luuksheid van volksverkiesings  en verdere onderhandelings van welke aard ook al, stel ons bloot aan verdere verdeeldheid wat ons vryheidstryd steeds aan bande lê en die uitwissing van ons volk sal bevorder!

Ongeag van watter organisasies reeds bestaan met die aanspraak op stryd in belang van die Afrikaner se Vryheid, is ’n regse leiersberaad met slegs die vestiging van ‘n verdedigingstruktuur  van die uiterste belang!   As ons volk se Vryheid u erns is en nie u eie of u organisasie se belang nie, dui net aan of u vir so ’n beraad  beskikbaar is en ek sal met u skakel.

 

Danie Varkevisser

14 Mei 2010

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie