Is dit nie deur geloof dat ons Afrikaners berge versit het sedert die Groot Trek van 1838 tot en met 1966 nie? Het ons dan die waarde van geloof langs die pad verloor dat ons nou soos golwe deur die wind heen en weer geslinger word?
MARKUS 11:22
Jesus antwoord en sê vir hulle: Julle moet geloof in God hê.
LUKAS 18:8
Ek sê vir julle dat Hy gou aan hulle reg sal doen; maar as die Seun van die mens kom, sal Hy wel die geloof op die aarde vind?
HEBREËRS 11:1
DIE geloof dan is ’n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, ’n bewys van die dinge wat ons nie sien nie.
William Robinson skryf in sy boek, “ A Theory of Global Capitalism: Production, Class, and State in a Transnational World” in 2004, dat binne die kapitalistiese stelsel, Volkstate weinig meer as blote houergebiede van bevolkings geword het, terwyl die werklike mag setel by die besluitnemers wat wêreldkapitaal beheer.
Gedink dat Trevor Manuel vir grondboontjies minister van finansies in die grootste minerale-ekonomie in 'n enkele land in die wêreld was? Nie as die meteoriese opgang wat die vrou wat hy in die proses sou neem, Maria Ramos, as van die invloedrykste in die internasionale sakewêreld in ag geneem word nie. Of ene André Francois Perold êrens in sy lewe 'n baie gerieflike huwelik aangegaan het, is nie bekend nie, suiwer en onbevraagtekenbare liefde kan in die internasionale sakewêreld ook geld, vra maar vir Manuel. Perold is egter 'n tweede mens uit Suid-Afrika wat volgens navorsing waaroor 'n artikel op Global Research verskyn, 'n uitsonderlik magtige posisie in die finansiële wêreld beklee.
Wat gebeur die dag as 'n ontplooide Zuma-kader tot die oppervlakkige gevolgtrekking kom dat die Afrikaner-bewind het die damme in ons land te diep gemaak, daarom is dit altyd te leeg. Nee, verkeerd geraai, jy bou nie nuwe, vlakker damme nie (of stoot hulle halfpad toe nie), jy ontbied 'n klompie slim Kubane. Weet nie of Zuma dié wenk oor die slim Kubaanse dambouers by sy hoofvrou in sy harem en deesdae voorsitter van die Afrika-Unie Nskososana Zuma, gekry het nie. Dit was mos sy wat toe die staat se hosiptaaldienste geknak het onder Vigs-pasiënte uit elke uithoek van Afrika 'n klomp Kubaanse dokters laat kom het, 'n verwikkeling wat tot vele tegelyk grappige en dodelike petaljes in ons land se staatshospitale aanleiding gegee het. Dat die ANC-regime raadop is, is nie altemit nie. Wat se raad sal die Kubaanse dambouers dan nou hê? Die land se damwalle halfpad afbreek, dan word die damme mos gouer vol. (Wat 'n mens laat dink aan die ou met die donkiekar wat nie onderdeur die nuwe brug op die dorp kon kom nie, ou Vaaltyn wat met sy sensitiewe ore elke keer subiet voor die brug gaan staan. En toe die mense 'n dag of wat later sien Vaaltyn het dit wel onder deur die brug gemaak en gaan kyk wat se wonderwerk het gebeur, toe sien hulle die baas van die donkiekar het netjies twee slote in die brug se dak gebeitel sodat Vaaltyn en Vaaltyn se ore onder die brug kon deur.)
Lidmate van die Afrikaanse Protestantse Kerk (APK) kan met reg vra waarom die Veertiende Sinode van die APK, wat verlede week gehou is, nie 'n duideliker standpunt oor die Afrikanervolksmoord gestel het nie.
Die “Nuwe Amerikaanse Eeu” deur die neo-konserwatiewe geproklameer, het tot 'n plotselinge einde gekom op 6 September 2013 by die G20-beraad in Rusland.
PERSEPSIE
Met die gebruik van die woord “massa” word ‘n groot menigte of aantal bedoel. Met massa vernietiging word dus die tot niet maak van ‘n groot aantal of groot menigte bedoel. Hierdie soort van woordspeling is deur die Amerikaners in gebruik geneem om die persepsie te skep van ‘n moondheid wat beplan om ‘n groot menigte mense uit te wis en daarvoor voorberei deur ‘n middel, middels of wapens te vervaardig of aan te skaf wat in staat sou wees om so ‘n aksie uit te voer. Só ‘n moondheid hou dan uiteraard ‘n gevaar vir die samelewing in en verdien om skadeloos gestel te word.
OORTUIG DIE WÊRELD
Indien die wêreld oortuig kan word van die bestaan van sulke wapens en/of middels, regverdig dit dan optrede teen so ‘n moondheid in belang van wêreldvrede en word ingryping in die interne sake van onafhanklike moondhede, met die goedkeuring van die wêreld uitgevoer.