1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9960287

Besoekers aanlyn

Ons het 93 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Godsdiens

WAT HET VAN ONS AFRIKANERVOLK SE GELOOF GEWORD?

altIs dit nie deur geloof dat ons Afrikaners berge versit het sedert die Groot Trek van 1838 tot en met 1966 nie? Het ons dan die waarde van geloof langs die pad verloor dat ons nou soos golwe deur die wind heen en weer geslinger word?

MARKUS 11:22

Jesus antwoord en sê vir hulle: Julle moet geloof in God hê.

LUKAS 18:8

Ek sê vir julle dat Hy gou aan hulle reg sal doen; maar as die Seun van die mens kom, sal Hy wel die geloof op die aarde vind?

HEBREËRS 11:1

DIE geloof dan is ’n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, ’n bewys van die dinge wat ons nie sien nie.

 

ROMEINE 10:17

Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God.

MATTHÉÜS 21:21

Maar Jesus antwoord en sê vir hulle: Voorwaar Ek sê vir julle, as julle geloof het en nie twyfel nie, sal julle nie alleen doen wat met die vyeboom gebeur het nie; maar al sê julle ook vir hierdie berg: Hef jou op en werp jou in die see — sal dit gebeur.

MARKUS 4:40

Toe sê Hy vir hulle: Waarom is julle so bang? Hoe het julle dan geen geloof nie?

LUKAS 17:6

En die Here sê: As julle geloof gehad het soos ’n mosterdsaad, sou julle vir hierdie moerbeiboom sê: Word ontwortel en in die see geplant — en hy sou julle gehoorsaam wees.

I KORINTHIËRS 16:13

Waak, staan in die geloof, wees manlik, wees sterk.

II KORINTHIËRS 5:7

Want ons wandel deur geloof en nie deur aanskouing nie

MATTHÉÜS 9:22

En Jesus het omgedraai en haar gesien en gesê: Hou goeie moed, dogter, jou geloof het jou gered. En die vrou het gesond geword van daardie uur af

HANDELINGE 3:16

En deur die geloof in sy Naam het sy Naam hierdie man, wat julle sien en ken, sterk gemaak, en die geloof wat deur Hom is, het hom hierdie volkome gesondheid gegee in die teenwoordigheid van julle almal.

HANDELINGE 15:9

En Hy het geen onderskeid tussen ons en hulle gemaak nie, aangesien Hy hulle harte gereinig het deur die geloof.

EFÉSIËRS 6:16

Behalwe dit alles neem die skild van die geloof op waarmee julle al die vurige pyle van die Bose sal kan uitblus.

FILIPPENSE 1:27

ALLEENLIK, gedra julle waardig die evangelie van Christus, sodat, of ek kom en julle sien dan wel of ek afwesig is, ek van julle omstandighede kan hoor dat julle in een gees vasstaan en, een van siel, saam stry vir die geloof van die evangelie,

Dat ons weer 'n vaste geloof sal verkry, is ons gebed vandag, O Vader, in die Naam van Jesus Christus ons Verlosser! Amen.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie