1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9960272

Besoekers aanlyn

Ons het 93 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

Die toekoms van water in Suid Afrika

altWat gebeur die dag as 'n ontplooide Zuma-kader tot die oppervlakkige gevolgtrekking kom dat die Afrikaner-bewind het die damme in ons land te diep gemaak, daarom is dit altyd te leeg. Nee, verkeerd geraai, jy bou nie nuwe, vlakker damme nie (of stoot hulle halfpad toe nie), jy ontbied 'n klompie slim Kubane. Weet nie of Zuma dié wenk oor die slim Kubaanse dambouers by sy hoofvrou in sy harem en deesdae voorsitter van die Afrika-Unie Nskososana Zuma, gekry het nie. Dit was mos sy wat toe die staat se hosiptaaldienste geknak het onder Vigs-pasiënte uit elke uithoek van Afrika 'n klomp Kubaanse dokters laat kom het, 'n verwikkeling wat tot vele tegelyk grappige en dodelike petaljes in ons land se staatshospitale aanleiding gegee het. Dat die ANC-regime raadop is, is nie altemit nie. Wat se raad sal die Kubaanse dambouers dan nou hê? Die land se damwalle halfpad afbreek, dan word die damme mos gouer vol. (Wat 'n mens laat dink aan die ou met die donkiekar wat nie onderdeur die nuwe brug op die dorp kon kom nie, ou Vaaltyn wat met sy sensitiewe ore elke keer subiet voor die brug gaan staan. En toe die mense 'n dag of wat later sien Vaaltyn het dit wel onder deur die brug gemaak en gaan kyk wat se wonderwerk het gebeur, toe sien hulle die baas van die donkiekar het netjies twee slote in die brug se dak gebeitel sodat Vaaltyn en Vaaltyn se ore onder die brug kon deur.)

 

 

Kom ons kyk eers na die Zuma-regime se blink planne met damme met behulp van 'n paar slim Kubane. Op 'n ander webwerf word geskryf: Suid-Afrika gaan Kuba se hulp inroep – ‘n land met sy eie stedelike water probleme – vir ingenieurs en geo-hidroloë om te help met ons dreigende waterinfrastruktuurkrisis. Die minister van waterwese, Edna Molewa het Maandagaand ‘n ooreenkoms onderteken met haar Kubaanse eweknie, Ines Maria Chapman Waugh, by die OR Tambo Internasionale Lughawe, wat bedoel is om die weg vir die werwing van 34 Kubaanse ingenieurs op tweejaarkontrakte van vroeg volgende jaar af, voor te berei . Dit is deel van ‘n wye werwingsveldtog deur die departement om geskoolde lui te vind om Suid-Afrika se water probleme op te los. “Ons het reeds die eerste groep van ses ingenieurs en hulle sal vroeg volgende jaar aankom, ” het die departement se woordvoerder, Themba Khumalo gesê. “Ons is besig met die werwing van die tweede groep van 13 ingenieurs en [die werwing van] ‘n derde groep van 15 ,” het hy gesê. Hy het gesê die ooreenkoms is een van die vele wat onderteken moet word met ‘n aantal lande in ‘n poging om die waterkrisis op te los. Dr Anthony Turton, ‘n onafhanklike wetenskaplike wat spesialiseer in waterdienste, het gesê om Kubaanse ingenieurs in te voer is “oningeligte, dwase en ‘n swakdeurdagte plan”. “Jy sê vir die Suid-Afrikaanse ingenieur dat jy nie nuttig in ons samelewing is nie,” het hy gesê. Turton het gesê Suid-Afrika het genoeg geskoolde lui om die waterkrisis op te los, maar wit ingenieurs word uitgestoot” uit die openbare sektor en werk as private kontrakteurs, wat hul vaardighede vir “vier of vyf keer soveel” aan die staat verkoop as wat dit sou gekos het om hulle in diens te neem. “Transformasie beteken [...] die onderpresteerders hou hul posisies in die burokrasie, ” het Turton gesê.

 

“Daar is nie ‘n noemenswaardige swart professionele lui wat deurkom nie. Hulle word ook dadelik opgeraap deur private maatskappye as konsultante.” Suid-Afrika verloor 36,8 % van sy water op die oomblik deur slegte infrastruktuurbestuur, hoofsaaklik die gevolg van ‘n groot tekort aan geskoolde professionele lui. Die vermorsing van kos die land meer as R11 miljard per jaar . Die departement se Nasionale Waterhulpbronstrategie toon dat Suid-Afrika ongeveer 3000 ingenieurs benodig en sowat 7200 omgewingsgesondheidpraktisyns in die medium termyn. Kuba het massiewe waterprobleme. Volgens die Kanadese Internasionale Ontwikkelingsnavorsingsentrum, het sy water en sanitasiedienste so agteruitgegaan dat dit tot ‘n groot styging in wateroordraagbare siektes gelei het. .Khumalo het gesê die Kubane het ‘n belangrike rol om te speel, want Suid-Afrikaanse ingenieurs en hidroloë nie werk in landelike gebiede nie.

 

En, ten slotte, dié troos in die berig: Khumalo het gesê die Kubaanse ingenieurs sal ontplooi word in landelike en agtergeblewe gebiede. Wat ons seker met die gevolgtrekking kan laat dat wat damme betref daardie gebiede maar agtergeblewe gebiede sal bly. Wel, mens weet nou nie hoe lank Khumalo by die oplos van die land se waterprobleme betrokke is nie. In die jaar 2000, die nuwe millennium aangebreek en alles wat die Afrikaners nog onder apartheid gedoen het net by die verwysing na daardie gedagte genoeg om jou deur die kerkraad onder sensuur te plaas, verneem ons van 'n groot makietie in Londen. In daardie dae was behalwe Nelson Mandela en die oorspronklike Kader Asmal die groot wonderdoeners. Asmal, 'n Indiër-kommunis, het sy neus eenvoudig in elke saak gesteek, van onderwys tot damme, alles met bedroewende gevolge. Ja, in daardie tyd was die bou van diep damme so politiek inkorrek soos om na Mandela te verwys as 'n veroordeelde terroris, al was Mandela in daardie stadium deur Amerikaanse regering as 'n kommunis gelys.

 

'n Baie linkse Afrikaanse Sondagkoerant skryf toe oor ANC-waterplanne so blink soos Blinkpan, 'n myndorp naby Witbank, se riooldam se oppervlakte. Die berig gaan voort, en kyk maar daardie joernalis se gewals deur al die politieke korrekte pietersielie:Wat lê agter die bou van groot damme? Watter geraamtes lê onder hul waters? En wat lê voor vir hierdie mensgemaakte hartkleppe waaroor wêreldoorloë in die toekoms kan gaan? Die eerste keer ooit gee die verslag Damme en Ontwikkeling van die Wêreldkommissie oor Damme (WCD) onder voorsitterskap van Suid-Afrika se mnr. Kader Asmal, antwoorde oor elke denkbare faset. Die bestaan van mens, dier en ekosisteem is vir ewig met die bou van elkeen verander. Daar is tans 45 000 van hulle.

 

Één waarna die kommissie in diepte gekyk het, was die vergesig van Hendrik Verwoerd. Soos die Engelse digter Shelley se gevalle heerser Ozymandias lê sy ryk aan skerwe. Maar die Verwoerddam (nou die Gariepdam) is sy ``voetstuk'', monument van sy voorneme om aan die buitewêreld die mag van die apartheidstaat te toon. Ander politici ook, van kommunis tot demokraat, het die bou van baie groot damme gesien as simbool van mag, sê die finale verslag wat
verlede week ná twee jaar se werk luisterryk in Londen bekend gemaak is. Nelson Mandela, in 'n hemp van diepdam-blou, het Asmal en sy elf kommissarisse met hul werk gelukgewens. Aan sy sy was Willem van Oranje, die Nederlandse troonopvolger, 'n groot kampvegter vir die sinvolle bestuur van water.

 

Die wêreld het saam die afgelope eeu gemiddeld een dam elke dag gekoop, sê Asmal. Maar tot met die werk van die WCD is uiters min, indien enige, omvattende, onafhanklike analises gedoen of hul ontstaan en prestasie die belegging van $2 biljoen (meer as R15 biljoen) werd is. ``Ons mandaat betrek die kosbaarste element op aarde. Dít, uiteraard, betrek mag: wie oefen dit uit; hoe kan dit gedeel word; op watter manier kan die staat dit beter balanseer?'' In hoofstuk 6 gee die kommissie sy siening oor die politiek van groot damme. ``As 'n ontwikkelingskeuse, is hulle dikwels die fokuspunt vir die belangstelling van politici, dominante en sentrale regeringinstellings, internasionale finansiers en die damboubedryf.''

 

In een van sy drie gevallestudies oor ``politieke besluite'' om groot damme te bou, sê die WCD Verwoerd het die bou van 'n groot dam en 'n waterverdeling-skema voorgestaan ná die Sharpeville-slagting in 1960. Die wêreld was senuagtig; kapitaal het uit die land uitgevloei. 'n ``Hoof-motivering'' van die Verwoerd-regering vir 'n dam in die Oranjerivier, was om die ``nasionale vermoë te demonstreer om groot projekte te bou en internasionale vertroue te herstel in die land se ontwikkelings- en beleggingspotensiaal''. Ander politici het dekades lank dieselfde gedoen. Van die Amerikaanse Weste tot die kommunistiese regerings in die Oosblok tydens die Koue Oorlog. ``Groot, skouspelagtige damme is dikwels gesien as simbole van ontwikkeling en nasiebou, 'n kragtige demonstrasie dat die mens die natuur kan tem.'' Vir die politikus is die aantrekkingskrag dat hy met die bou daarvan ``tasbaar'' bewys hy kan uithaal en wys, sê die verslag.

 

Wanneer 'n voorgestelde projek eers voorlopige tegniese en ekonomiese uitvoerbaarheidstudies ``deurgekom'' het en regeringsteun, buite-finansiering en politieke belang verwerf het, was die bou daarvan gewoonlik 'n voldonge feit. Dié ``momentum'' kry die oorhand oor verdere waardebepalings, word bevind. Asmal het by die bekendmaking van die verslag verwys na die kleur-onreg wat met die bou van die Verwoerddam gepleeg is. Altesame 1 380 mense moes tussen 1963 en die laat 1970's oppak en verhuis, sê die WCD. Dit het bestaan uit die families van 40 wit boere en 180 plaaswerkers. ``Die meeste boere meen dat hul vergoeding billik was. Swart plaaswerkers het nie gekwalifiseer vir vergoeding nie'' en het na ander plase en na stede verhuis.

 

Waarnatoe nou? 'n Moratorium plaas op die bou van groot damme soos groepe ``eko-krygsmanne'' eis? Willem van Oranje het verwys na die onmag om 'n oordeel van goed en kwaad oor damme te maak. Hoe weeg 'n mens goedkoop, besoedelvrye elektrisiteit op teenoor gemeenskappe wat ``vernietig'' is deur die bou daarvan? Drink- en besproeiingswater en beskerming teen vloede, teenoor eko-sisteme wat dalk onherstelbaar beskadig is? Die WCD sê teen 2025 sal omtrent 6,5 keer soveel mense as vandag 'n totaal van 3,5 miljard in lande lewe waar 'n watertekort is. Vandag word 3 800 kubieke kilometer vars water jaarliks uit mere, riviere en ander watermassas getrek. Dis twee keer soveel as 50 jaar gelede.

 

Met die finale verslag is die WCD ontbind. Sy verslag doen nie aanbevelings nie, maar gee alternatiewe en riglyne oor besluite oor groot damme in die toekoms. Deur water- en energieprojekte aan die hand van tegniese, omgewings-, ekonomiese, maatskaplike en finansiële maatstawwe te analiseer, kan hul ontwikkelingseffektiwiteit verbeter word. Ongunstige projekte kan sodoende vroeg laat vaar word, en die opsies wat gekies word, sal dít wees wat die hoofbelanghouers as die beste in die omstandighede mee saamstem. ``Water, deur hierdie verslag, kan ons katalisator wees vir vrede,'' sê Asmal aan die einde van sy voorwoord.

 

Aldus daardie berig.

 

En nou kom die Kubane...

 

TURTON

Sien ook in die berig oor die Kubane se koms ene dr. Antony Turton spreek kritiek uit op die planne waarby die Kubane betrek word.

 

Turton staan behalwe as waterkundige ook bekend as hun spioen. En nie sommer so een nie. Turton het, as hy geglo kan word, baie gedoen met die inlywing van die ANC se spioenasiediens by die ou Nasionale Intelligensiediens. Of was dit nou andersom. Turton, 'n spesialis oor die Witwearersrand se suur mynwater, is ook taamlik dik vrinne met die VF Positief. Hy dus 'n mens van vele ambagte en hopelik minder ongelukke. Dalk moet Khumalo Turton eerder pols oor die moontlikheid dat Castro 'n paar spioene onder die Kubaanse waterkundiges sal hê. In die berig oor daardie groot gedoe oor damme van die ANC in Londen is daar die gebruiklike gemeenhede oor Afrikanerregerings laat val.

 

HENRY OLIVIER

 

Dis net snaaks dat daar sulke hoë agting vir Afrikanerdambouers in die verlede was. Hier moet aan die voorbeeld van ene Henry Olivier gedink word. Die Afrikaners het ook op die gebied van damme bou, soos elders in die land se ontwikkeling van infrastruktuur, met reuse gesit. Daar was nie net 'n Hendrik van der Byl (Yskor) nie, daardie is 'n ererol en daardie rol is lank. So word daar op 6 Oktober 1994 berig oor die dood van dr. Olivier, lees dit julle wat soos papegaaie die kommunistiese regime agterna sê en dan praat ons weer:

Dr. Henry Olivier is in die ouderdom van 80 dood in Jeffreysbaai op 06 Okt 1994 na 'n beroerte in September. Hy is vanuit die NG Kerk Jeffreysbaai begrawe. Hy was die hoofingenieur van die Kariba, Hendrik Verwoerd, Cabora Basa en Owen Falls damme. Hy was ook betrokke by dambouprojekte in Pakistan, Iran en Indië. Dr. Olivier was die ontwerper van drywendehawehoofde met die Geallieerdes se inval in Normandië in 1944. Hy is 'n ereburger van Sutherland, sy geboortedorp. In 1994 was hy deur die Amerikaanse Biografiese Instituut benoem as die Man van die Jaar vir sy siviele ingenieurswese werk. Koningin Elizabeth II het hom in1984 vereer met die toekenning as "Companion of the Most Distinguished Order of St. Michael and St. George". In 1992 het F.W. de Klerk hom met

'n goue verdienstelikheidsmedalje vereer.

 

Dr. Olivier het twee doktorsgrade aan die universiteite van Londen en die Witwatersrand verwerf. Hy het drie eredoktorsgrade van die universiteite van Kaapstad, die destydse Rhodesië en die Oranje Vrystaat ontvang. Onder die sewe boeke wat hy geskryf het, is Dam It.

 

Wat sê julle daarvan!

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie