Op die webblad van Berean Call word die onderstaande ellende van Christene in ander wêrelddele gelys waarvan ons vir u slegs die opskrifte gee. U kan op hulle webblad gaan lees en dan in ootmoed ons hemelse Vader dank vir die vrymoedigheid wat ons hier somtyds so ondankbaar, selfs minag omdat dit nou nog vanselfsprekend is!
April 6, 2015
Today's Update
Former political prisoner says China crackdown worsening
Earlier this week, OneNewsNow reported that Pastor Huang Yizi was sentenced to one year in prison. His crime? He was protesting the government's removal of crosses, and destruction of houses of worship in eastern China, and was charged with "disturbing public order." Bob Fu, president of China Aid and a former political prisoner there, says the situation is grim. "Last year alone, according to our own documented records," says Fu, "we have seen a dramatic increase in the number of arrests."
Dit is tog verstommend dat die blanke somtyds onder die illusie kan verkeer dat die Swart ras nie nugter dink nie. Neem nou maar die voormalige “president” Mbeki se stelling dat HIV nie VIGS veroorsaak nie en die huidige “president” wat oortuig is dat stort die geneesmiddel daarvoor is. Hierdie ongelooflike briljante beoordeling van ‘n uiters netelige probleem word egter getroef na gelang meer kennis oor die endemie beskikbaar geraak het en deur ‘n meer briljante Swart politikus in die Zimbabwe parlement verduidelik.
Ter inligting net weer ‘n paar feite van waaroor hierdie saak in werklikheid gaan: “MIV staan vir die Menslike Immuniteitsgebrek-virus terwyl Vigs staan vir die Verworwe Immuniteitsgebreksindroom. Verworwe beteken dat dit opgedoen word en nie 'n oorerflike toestand is nie. Immuniteitsgebrek is 'n toestand waar jou liggaam se natuurlike weerstand teen siektes nie meer werk nie. Sindroom is 'n patroon van siektes, in dié geval kenmerkend aan vigs.
SA Poskantoor op die krytvloer, (berig in Ditsem Blits)
In verskeie opsigte blyk dit dat die SA Poskantoor finansieel plat is. In die eerste plek het SA Lugdiens hul kontrak met die poskantoor opgeskort vanweë hul lang uitstaande rekening by SAL, wat beteken dat die lewering van SA pos in die buiteland gestaak word. ‘n Woordvoerder van SAL sê dat die diens hervat sal word sodra die Poskantoor hul rekening op datum kry, terwyl lg. op hul beurt sê die rekening word binne ‘n dag of twee vereffen. Die SA Poskantoor is op 7 November 2014 reeds deur Minister van Telekommunikasie en Posdienste Siyabonga Cwele onder administrasie geplaas. Intussen sê ‘n verskaffer, wat meer as R1 miljoen deur die Poskantoor geskuld word, dat die Poskantoor sy verskaffers nie sedert Oktober verlede jaar betaal het nie, as gevolg waarvan o.m. minstens ses kleinsakeverskaffers hul deure moes sluit. Voorts word berig dat die middel- en laerrange personeel van die Poskantoor sukkel om hul salarisse op tyd te ontvang.
Wat het egter in die “Nuwe Suid Afrika” oorgebly wat nie onder die Swart Kommunistiese Meerderheid en ANC beheerde regime, tot vernietiging toe, skade gely het nie?
Jan van Riebeeck
6 April 1654 Op die 2de herdenking van die aankoms by die Kaap de Goede Hoop
Aangesien dit vandag twee jaar gelede is
dat ons met God’s hulp en leiding met die skepe
Drommedaris, Reijger en Goede Hoop veilig hier geland het,
om hierdie fort en kolonie in opdrag van ons here en meesters op te bou,
en ons gemerk het dat God die Here al die sake tot vandag toe
met baie seëninge, goed en na wens laat verloop het,
het ons besluit, en ook vanjaar daarmee begin,
om hierdie dag, 6 April, tot God’s eer met danksegging te vier,
en dit vir altyd as ’n dank- en biddag in te stel, sodat ons nakomelinge
nooit die weldade wat God aan ons bewys het, vergeet nie,
maar dit altyd in gedagte mag hou.
Hoe lyk u getroue handhawing van hierdie onderneming, Afrikanervolk?
Het jy ‘n hoer geword,
Eg gebreek met jou volk,
Jou waardes verloor
Jou verlede vergeet
‘n reënboogdissipel geword?
Jou lojaliteit geswaai,
Jou kultuur verraai,
na multikulturalisme gedraai?
Nee my vriend, daar is nie heil in verraad
Kom Ontmoet weer jou volk.
Om te Wees waar jy hoort
Volgens jou genetiese soort
Getrou gebind aan jou volk en sy aard
Maar vry soos dit hoort.
Kom nou saam my vriend
Wees weer trou aan jou volk
Maak nou klaar met die kraal
Waar hulle trap op jou taal
Op die swart wat bedreig
omdat uit jou suiwersaad neig
‘n strewe na beter, na bo
Dit moet eerder af en na onder
Want dit is mos wit en besonder
Om te meng is mos wat ons moet glo
Op Vrydag die 3e April het ons die kruisiging van Jesus Christus, die Seun van ons Hemelse Vader herdenk. Laat ons dan ook nie Sy opstanding vergeet en veral die waarde daarvan nie. Terwyl die kruis in daardie dae geen ander betekenis gehad het as teregstelling, met ander woorde die doodmaak op ‘n wreedaardige wyse van iemand wat ‘n bedreiging vir die Romeinse ryk sou inhou, met die doel om elke voornemende oortreder af te skrik deur die openbare voltrekking daarvan, word die kruis vandag vir die algehele teenstelling daarvan aangewend.
Laat ons fokus dus nie op die kruis wees nie maar op Hom wat opgestaan het uit die dood, sodat elkeen wat asem het die geleentheid het om daardeur van die ewige dood gered te word deur geloof, hoop en gehoorsaamheid, ons daarin verbly en ons dankbaarheid betoon deur die lewens wat ons lei volgens die riglyne uit die WOORD..
2 Petrus 1:3-21
“Daarom, broeders, moet julle jul des te meer beywer om julle roeping en verkiesing vas te maak; want as julle dit doen, sal julle nooit struikel nie.”(:10)
Die gedeelte in vers 10 herinner ons daaraan dat ons gedurig besig moet wees met ons verhouding met God en ons geloofslewe op ‘n deurlopende grondslag moet versterk. Hierdie lewenswyse sal tot die behoud en versterking van ons geloof dien wat ons van struikeling sal bewaar.
Die opskrif van die gelese gedeelte, nl. “Vermaning om die Christelike deugde in beoefening te bring”, is opsommend van ‘n groot boodskap wat deur die hele Nuwe Testament verkondig word. Die boodskap dat ons geloof nie maar bloot in woorde bely kan word nie, maar dat ons gedryf moet word deur ‘n opregte liefde en dankbaarheid teenoor Jesus Christus om ons geloof uit te leef.