Die geweldige steun wat egter deur die MDC gemonster is, voorspel niks anders as turbulensie in die tyd wat voorlê nie. Die kenmerkende patroon van geweld wat sinoniem met Mnangagwa se militêre agtergrond is, het niks verander in die afgelope verkiesing nie.
Om in beheer te bly sal steeds meer gewelddadige optrede verg en onvermydelik meer geweld ontlok by sy opponente wat baie sterker staan as tydens Tsvangirai se leierskap. Die Chinese betrokkenheid en hulle finansiële steun sal sonder twyfel ‘n groot rol begin speel in hierdie buurstaat waarby die Britte volgens die uitgesproke wense van tant Liesbet, so graag weer ‘n ingreep wil maak.
By die bekende ouetehuis in Pretoria, Huis Davidtz was daar chaos toe die swart werkers Woensdag 1 Augustus 2018 oor hoër lone begin staak het en skynbaar die EFF gekry het om te kom betoog.
Die EFF met hulle vooropgestelde aanname dat hulle reeds ‘n oorlog teen die Afrikaner gewen het en dus kan maak en breek soos hulle wil, het toegang tot die ouetehuis verkry en diegene wat wou werk se toegang tot die gebou versper.
Soos gewoonlik het die polisie net kom staan en kyk en nie ‘n vinger verroer om die EFF te verwyder nie. Malema se aanspraak dat die weermag en polisie sy mense is, blyk dus substansie te hê.
'N BOHAAI OOR DIE UITSPRAAK VAN DIE NEDERLANDSE LIBERALE MINISTER VAN BUITELANDSE BETREKKINGS MNR. STEF BLOK DAT 'N MULTIKULTURELE SAMENLEWING NOOIT MOONTLIK IS NIE EN MENSE NIE VREEDSAAM MET MEKAAR SAAM KAN LEWE NIE
MEV. ELISE JAARSMA: "NA MY SIENING HET HY 100 PERSENT REG"
Op Dinsdag 10 Julie het minister Blok van Buitelandse Betrekkings vir baie bohaai gesorg, toe hy op 'n byeenkoms in Den Haag met medewerkers van internasionale organisasies onomwonde verklaar het dat hy geen reënboognasie ken waar die bevolking vreedsaam saamleef met mekaar nie. Ook het hy die land Suriname 'n failed state genoem. U sal begryp dat die politiek korrektes verbaas gestaan het en vinnig kapsies het gemaak. In ons derde vraaggesprek met mevrou. Elise Jaarsma gaan ons haar vrae stel oor hierdie bohaai en ook baie belangrik: of mnr. Blok reg is.
Job 22:21-30
“SLUIT tog vriendskap met Hom, sodat jy vrede kan hê; daardeur sal goeie dinge oor jou kom.” (:21).
“Want dan sal jy in die Almagtige jou verlustig en jou aangesig tot God ophef.” (:26).
Watter mooi beloftes lê nie in hierdie gedeelte van Job opgeteken nie. En ons almal hou mos van beloftes. Dit bemoedig ons. Dit gee ons hoop in moeilike tye; ‘n verwagting om na uit te sien.
Ons moet egter nie die gedeelte verkeerd verstaan om te dink dat ons God sommer as ‘n gelyke kan behandel nie. Hy is en bly verhewe, heilig en soewerein. Tog nooi hy ons as mense uit om deur die Woord na Hom te soek sodat ons innige gemeenskap met Hom kan hê. Hy nooi ons uit om Hom só goed te leer ken dat ons met Hom vriendskap kan sluit.
Die AVP plaas die dokument soos wat ons dit bekom het. Sonder die vermoë om dit af te dwing is dit natuurlik nie veel werd nie. Nietemin is dit 'n baie duidelike aanduiding dat daar uit ander oorde nie genoë geneem word met die ANC se illegitieme oorname van die beheer in Suid Afrika wat bewerkstellig is deur die verraad van FW de Klerk en sy swakkeling regering nie!
Ekeen van hierdie op die oog af onbeduidende gebeurtenisse, bring die Afrikanervolk nader aan ons oogmerk met ons vryheidstryd sedert die afwyking van beginsel en bepalings van die grondwet onder die leierskap van dr. H F Verwoerd. Hou dus goeie moed en verdra die onreg tydelik. Die belangrike is dat u dit nooit moet aanvaar nie omdat u daarmee bereid is om ongeregtigheid te aanvaar. Dit kan tog deur geen gelowige regverdig word nie!
Transcription of Eviction Notice:
Die kommunistiese regime is besig met die implementering van die NGV of soos dit in Engels bekendstaan, die National Health Insurance (NHI).
Wat behels dit? Die NGV se doel is om al die inwoners van die land onder een sambreelgesondheidsdiens te plaas. Alhoewel privaat mediese fondse nog vir ‘n wyle sal voortbestaan sal hulle rol hoogstens aanvullend van aard wees en sal elke landsburger aangewese wees op die NGV vir hul gesondheidsorg.
Die NGV is ‘n sentrale fonds waaruit die staat alle gesondheidsorg wil finansier. Alle salaristrekkers sal verplig word om direkte bydraes tot die NGV te maak.
1 Joh. 2:3-17
“Moenie die wêreld liefhê of die dinge wat in die wêreld is nie. As iemand die wêreld liefhet, dan is die liefde van die Vader nie in hom nie. Want alles wat in die wêreld is – die begeerlikheid van die vlees en die begeerlikheid van die oë en die grootsheid van die lewe – is nie uit die Vader nie, maar is uit die wêreld. En die wêreld gaan verby en sy begeerlikheid, maar hy wat die wil van God doen, bly vir ewig.” (:15-17).
Hierdie woorde maak dat feitlik elke mens so effens ongemaklik op sy sitplek rondskuif. Ons het tog elkeen dinge hier op aarde wat vir ons kosbaar is en wat ons nie graag sou wou verloor nie. En dit klink so amper uit hierdie gelese gedeelte dat ons niks anders as vir God mag liefhê nie.