VOORSITTER MNR. KEES VAN DER GROEP VAN DIE NOORDERKERK VAN BUNSCHOTEN-SPAKENBURG: "EK KAN NIE VERSTAAN DAT IN 'N CHRISTELIKE KERK 'N VERS VAN 'N MUSIEKSTUK WAT 'N OPROEP TOT GEBED TOT ALLAH BEVAT, NIE WEG GELAAT KAN WORD NIE."
Geagte leser. Die Wilskracht-musiekvereniging sou op 18 April 'n optrede in die Noorderkerk gee. Dit was glad nie 'n probleem totdat die inhoud van een van die musiekstukke op Saterdag 28 Maart bekend geword het nie.
Op Maandag 30 Maart het die kerkraad van die Noorderkerk in Bunschoten-Spakenburg besluit om die Musiekvereniging te vra om nie 'n vers in 'n komposisie te sing nie, en indien hulle dit wel wou sing, om aan te dui dat hulle nie toestemming sou gee vir 'n uitvoering in die voorgenoemde kerk nie. Op Dinsdag 31 Maart is daar oor hierdie saak kontak gemaak met die voorsitter van die Wilskracht-musiekvereniging van Amersfoort, en sy wou nie die betrokke vers weglaat nie.
Andersins sou dit 'n politieke stelling wees en nie in ooreenstemming met die komponis se bedoelings nie. Gevolglik het mnr. van der Groep, die voorsitter van die Noorderkerk, aangedui dat die konsert dan nie in die Noorderkerk kon plaasvind nie. Na aanleiding van hierdie besluit het ons die genoeë gehad om 'n insiggewende onderhoud in Nederlands met die voorsitter te voer. Ons het hom onder andere gevra of hy weet wat hierdie Musiekvereniging gemotiveer het om die god van die Moslems te wil noem.
Deel 8 (slot-aflewering)
Hoewel dit die slotaflewering van die verraad is wat ons beleef het tot nou toe, sal dit nie die einde wees van die kern van die Afrikanervolk se strewe om die saampraters, saamwerkers, saamknoeiers en in die algemeen die vyande van ons volk se pogings om ons volk los te maak van ons ankers, teë te gaan, bloot te lê en te bestry nie. Ons ankers ingeslaan deur die loop van die geskiedenis deur ons voorgeslag se leiers ter wille van ons voortbestaan en roeping, is ons verantwoordelikheid, opgelê deur ons Skepper en SY ondersteunde geskiedenis sedert ons volkswording tot vandag toe!
Ons bid dat ons hele volk uiteindelik hierin die oplossing vir voortbestaan sal sien, erken en met ons daarin sal saamwerk!(AVP)
Afrikanervolk het nie oorgegee nie
Soos gestel in ons vorige artikel:OPENBARING VAN WARE GESKIEDENIS, gaan ons voort met die blootlegging van die regse verraad wat ons volk in die mees benouende toestand van sy geskiedenis gedompel het!
REGSE VERRAAD – Deel 6
Politieke mag bepaal ALLES
‘n Volk kan homself alleen betuig deur middel van sy politieke mag. Wat ook al die manier mag wees oor hoe hy homself wil uitdruk, dit geskied aan die hand van die feit dat hy deur middel van sy politieke mag wetgewing neerlê wat hom by vermoë stel om homself te laat geld. Verkies hy byvoorbeeld dat onderrig in sy skoolstelsel op Christelik-Nasionale beginsel plaasvind, fundeer hy daardie beginsel in wetgewing waartoe hy in staat gestel word deur die uitvoer van sy politieke magsvermoë. Die aard van sy militêre vermoë – die grootte van sy Weermag en die fondse daarvoor begroot, sy gesondheidsdienste of die uitbouing van sy Nasionale Parke – AL hierdie funksies word deur hom bepaal wanneer hy oor die politieke mag daartoe beskik. Die teendeel daarvan – soos ongelukkig tans deur die Afrikanervolk getuig kan word – is die totale verlies aan inspraak of seggenskap
Luk. 24:1-12:“En toe hulle baie bevrees word en met hulle aangesigte na die aarde buig, sê die manne vir hulle: Waarom soek julle die Lewende by die dooies? Hy is nie hier nie,Was dit bloot as gevolg van die winde van verandering waarom sommige van ons volksgenote verander het, of was dit vrees om soos dr. Verwoerd vermoor te word? Met die sluipmoord op dr. Verwoerd was dit duidelik dat die magte wat verandering in Suid Afrika gesoek het, gedetermineer was om dit te kry en nie sou stuit op moord nie!
Beide John Vorster en P.W. Botha wat dr. Verwoerd opgevolg het, het verander! Hulle het feitlik onmiddellik met klein aanpassings begin om die beginsel van afsonderlike ontwikkeling te verwater. Albei onder Afrikaners bekend as standvastige ondersteuners van dr. Verwoerd en van die Nasionale Party.
Jy moet verander om te kan verander! Hoe lyk die veranderdes dan?
Laat ons begin by die Britte se siening van verandering wat hulle op ons volk in 1960 kom aflaai het! ‘n verandering van African national consciousness (ANC?), wat indien ons nie polities daarby aanpas nie, Ons van Suid Afrika, Wêreldvrede sou bedreig! Bid jou aan!!
Lees die Britse Eerste Minister, Maurice Harold Macmillan se toespraak in ons parlement, wat vir al wat leef en beef toeganklik gemaak is voordat hy dit voorgedra het, behalwe aan dr. Verwoerd wat onvoorbereid daarop moes antwoord. Uiters bedenklik en ooglopend met ‘n agenda!
Lees dan nou ook dr. Verwoerd se briljante onvoorbereide Antwoord na Macmillan se rede.
Laat ons maar weer en opnuut waarneem van wat die oplossing vir die Afrikanervolk se sukses was en ook van wat ons ellende veroorsaak het en nog steeds daarmee volhou!
In ‘n uiterste poging van die media om ons te oortuig dat ons in utopia aangeland en F.W.de Klerk se visie van ‘n “leiernasie” verwesenlik is, is dit raadsaam om opnuut na ‘n werklike leier van wêreldformaat se insig te kyk en te vergelyk. Daar is ‘n tabel op skrif gestel wat van 1954, tot die jaar 2050, ‘n vooruitskouing gee van vêrsiendheid gegrond op die vermoë om beleid en besluite, twintig jaar vooruit te projekteer en te weet wat die gevolge daarvan sal wees.
STATUUR VAN DIÈ POLITIEKE “PROFEET” ?