Was dit bloot as gevolg van die winde van verandering waarom sommige van ons volksgenote verander het, of was dit vrees om soos dr. Verwoerd vermoor te word? Met die sluipmoord op dr. Verwoerd was dit duidelik dat die magte wat verandering in Suid Afrika gesoek het, gedetermineer was om dit te kry en nie sou stuit op moord nie!
Beide John Vorster en P.W. Botha wat dr. Verwoerd opgevolg het, het verander! Hulle het feitlik onmiddellik met klein aanpassings begin om die beginsel van afsonderlike ontwikkeling te verwater. Albei onder Afrikaners bekend as standvastige ondersteuners van dr. Verwoerd en van die Nasionale Party.
Jy moet verander om te kan verander! Hoe lyk die veranderdes dan?
Laat ons begin by die Britte se siening van verandering wat hulle op ons volk in 1960 kom aflaai het! ‘n verandering van African national consciousness (ANC?), wat indien ons nie polities daarby aanpas nie, Ons van Suid Afrika, Wêreldvrede sou bedreig! Bid jou aan!!
Lees die Britse Eerste Minister, Maurice Harold Macmillan se toespraak in ons parlement, wat vir al wat leef en beef toeganklik gemaak is voordat hy dit voorgedra het, behalwe aan dr. Verwoerd wat onvoorbereid daarop moes antwoord. Uiters bedenklik en ooglopend met ‘n agenda!
Lees dan nou ook dr. Verwoerd se briljante onvoorbereide Antwoord na Macmillan se rede.
Laat ons maar weer en opnuut waarneem van wat die oplossing vir die Afrikanervolk se sukses was en ook van wat ons ellende veroorsaak het en nog steeds daarmee volhou!
In ‘n uiterste poging van die media om ons te oortuig dat ons in utopia aangeland en F.W.de Klerk se visie van ‘n “leiernasie” verwesenlik is, is dit raadsaam om opnuut na ‘n werklike leier van wêreldformaat se insig te kyk en te vergelyk. Daar is ‘n tabel op skrif gestel wat van 1954, tot die jaar 2050, ‘n vooruitskouing gee van vêrsiendheid gegrond op die vermoë om beleid en besluite, twintig jaar vooruit te projekteer en te weet wat die gevolge daarvan sal wees.
STATUUR VAN DIÈ POLITIEKE “PROFEET” ?
OPENBARING VAN DIE WARE GESKIEDENIS
Dit is in belang van die Afrikanervolk se jeug van die afgelope, tenminste vyftig jaar, se blootstelling aan verdraaide en misleidende geskiedenis, dat daar ‘n oorsig van gebeure onder ons jeug se aandag moet kom. Ons ouer garde wat dit deurleef het en midde in die diaboliese fyn gekonstrueerde beplanning blootgestel is aan die asemrowende sluheid waarmee te werk gegaan is, het vanweë ons nasionalistiese inslag die gevaar besef, gewaarsku dog te vergeefs wal gegooi!
Baie van ons volksgenote is saamgesleep tot deelname aan, wat beskou is as in belang van ons volk se voortbestaan en sommige glo nou nog dat hulle handeling nie verkeerd was nie en neem nou nog deel ten koste van hulle eie en ons volk se voortbestaan!
1 Sam. 26:1-25:“Die HERE tog vergeld aan elkeen sy regverdigheid en sy getrouheid – die HERE het u vandag in my hand gegee, maar ek wou nie my hand teen die gesalfde van die HERE uitsteek nie.” (:23).INKOMENDE GEMEENTERAADSLID MEV. CLAUDIA ARNOLDUS: "EK IS TROTS OP HIERDIE GROOT RESULTAAT EN DANKBAAR VIR DIE VERTROUE VAN ONS INWONERS. NOU IS DIT AAN ONS PARTY OM DAARDIE VERTROUE TE BELOON"
Geagte leser. U sal ongetwyfel onthou het dat ons op 28 Januarie 'n onderhoud gehad het met mev. Claudia Arnoldus, wat tydens die verkiesings in Maart as eerste kandidaat op die lys van
Forum vir Demokrasie van die Alphense tak sou gaan pryk. Ondanks dat sowel sosialiste en liberale, lede van hierdie party konsekwent swartsmeer en as rassiste en nazi's bejeen het en plakate met verf beklad het, het hulle daarin geslaag om 298 setels regoor die land te wen.
Ons kan dus tereg sê dat dit in 'n slegte lig stel van Forum vir Demokrasie en hul lede te dreig, die party net gehelp het om so 'n geweldige resultaat te behaal.
In die tweede onderhoud in Nederlands met mev. Arnoldus het ons die feit bespreek dat verlede Woensdag se uitslag toon dat haar party die Alphen-munisipale raad met ten minste vier setels sal betree, maar dit kan ook heel moontlik wees dat dit uiteindelik vyf sal wees. Tans kort Forum vir Demokrasie nege stemme vir 'n vyfde setel.
Eerskomende Donderdag, 26 Maart, sal dit duidelik word of dit die geval sal wees.
“Dr Verwoerd het niks verteenwoordig wat nie verteenwoordig was deur adv JG Strijdom, dr DF Malan, genl. JBM Hertzog, pres.MT Steyn, Pres. Paul Kruger, Andries Pretorius, Piet Retief, Andries Hendrik Potgieter en Gert Maritz nie.
As die Afrikanervolk vervreem word van dr Verwoerd, word die proses aangeskakel om die volk te vervreem van die hele Afrikaanse heldedom. Die doel is om |die Afrikaners se vertolking van die geskiedenis af te stem op dié van sy vyande en hulle sodoende los te maak van hulle ankers.” (Aldus mnr. Jaap Marais)
WIE IS DIE AFRIKANER SE VYANDE?
Wie was hulle en wie is hulle nou? Dit is opgeteken in talle geskiedenis handboeke en geskrifte dat die Engelse ‘n verbete vyand van die Afrikanervolk was, reeds lank voor die Groot Trek, deurlopend tydens die Anglo Boere Oorlog en daarna tot vandag toe!
Daar kan met reg gevra word wat die rede was vir hierdie aanvanklike gramskap van die Engelsman teenoor die Afrikaner.